Muizenberg-brand: Inwoners versoek om watergebruik te verminder

Andrea Nixon (3 Maart 2015) Foto: http://picoftheweek.andynix.co.za/

Andrea Nixon (3 Maart 2015) Foto: http://picoftheweek.andynix.co.za/

Die brand in Kaapstad woed steeds sedert Sondagoggend voort.

Die stad Kaapstad het inwoners aan die Kaapse Skiereiland wat nie deur die brand geraak word nie, versoek om watergebruik tot ʼn minimum te beperk. “Dit sal verseker dat wateropgaardamme beheerbare bedryfsvlakke behou,” lui ʼn verklaring. “Dit sal ook ʼn doeltreffende watertoevoer aan nooddiensspanne verseker.”

Inwoners naby Chapmanspiekrylaan is Dinsdagaand ontruim, insluitend die Chapmanspiekhotel. Daar was geen ontruimings in Tokai nie en die brand by Constantia Nek is ook onder beheer gebring. Die brand by Zwaanswykweg is ook onder beheer gebring danksy die grondspanne.

Die brand woed egter steeds voort in Muizenberg, Clovelly, Lakeside, Houtbaai en Kirstenbosch.

Verskeie paaie, insluitend Chapmanspiekrylaan, bly gesluit vir verkeer.

Intussen het die organiseerders van die Cape Town Cycle Tour (beter bekend as die Argus-fietsrytoer) gesê hulle sal Woensdag ʼn finale besluit maak oor die roete van dié fietsrywedren wat Sondag plaasvind. Hulle het glo alternatiewe roetes wat gebruik kan word. Klik hier om meer te lees.

Alle besonderhede en spesifieke behoeftes vir die brandbestryders is hier en hier beskikbaar. VWS het versoek dat die publiek met die beheersentrum in verbinding sal tree om te hoor wat presies benodig word om verligting te bied aan die brandbestryders. Skakel  021 689 7438 om met die beheersentrum in verbinding te tree.

Die brand het Sondagoggend omstreeks 02:00 net bo Boyesrylaan in Muizenberg uitgebreek. Volgens EWN is minstens 13 huise reeds in die brand beskadig. Een brandbestryder is in die hospitaal opgeneem vir brandwonde en 52 bejaardes is vir rookinaseming behandel.

Lees alle vorige berigte oor die bergbrand op Maroela Media.

Die gebruiker I’m Anon het die volgende video op YouTube gelaai oor die brand in Tokai:
http://youtu.be/mHkpQHO-9×0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.