Muizenberg-polisiekaptein doodgesteek

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

ʼn Beampte van die Muizenberg-polisiestasie is Saterdagaand in Khayelitsha, die uitgebreide township in Kaapstad, vermoor.

Die 37-jarige kaptein is na bewering doodgesteek.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê dit het vroeg Sondagoggend aan die lig gekom dat die betrokke kaptein, wie se naam nie in hierdie stadium amptelik bekend gemaak is nie, vermoor is.

“Dit is nog nie duidelik wat aanleiding tot die noodlottige voorval gegee het nie, maar die Valke ondersoek nou ʼn saak van moord,” sê sy.

“Die ondersoekbeamptes het ook reeds ʼn verdagte in hul visier wat na verwagting eersdaags in hegtenis geneem sal word.”

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se bestuur het intussen hul meegevoel met die oorlede beampte se geliefdes betuig.

Volgens Potelwa steier die ander beamptes verbonde aan die polisiestasie onder die skoknuus.

Die betrokke polisiestasie het intussen onderneem om verdere besonderhede oor hul gevalle kollega bekend te maak nadat die inligtingsessie met sy familie afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tanniepetoors ·

Nog een van die EFF se dreigemente wat bewaarheid geword het?

Marcello ·

Aai !!! Dit so sinneloos, hulle is daar om die publiek te beskerm, en dan gebeur dit. RIV. Sterkte aan sy familie, vriende en Kollegas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.