Muldersdrift-botsing eis twee

‘n Helikopter moes een van die mans na ‘n hospitaal neem. Foto: Verskaf

Twee mans is dood en nog twee beseer toe ʼn vragmotor en ʼn bakkie Donderdagoggend in Muldersdrift in Gauteng gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het by die aansluiting van die R512 en R552 plaasgevind.

“Met paramedici van Life Healthcare en ER24 se aankoms by die toneel is die bakkie se wrak in die middel van die oorgang gevind. Die vragmotor het ʼn kort entjie van daar af gestaan,” het Meiring gesê.

“Twee mans het ʼn ent weg van die bakkie gelê. Die bestuurder van die bakkie het langs die voertuig gelê en ʼn vierde man het op die toneel rondgeloop.”

Twee mans is op die toneel dood verklaar. Een man het ernstige beserings opgedoen en die vierde man het matige beserings gehad. Die ernstig beseerde man is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem en die ander een per ambulans.

Die bestuurder van die vragmotor was ongedeerd.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die botsing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Uvonka ·

Hulle hoef nie ver te soek na die oorsaak, dit is ‘n vieslike pad daai!

Johan ·

Mense in die land kan nie bestuur nie. Al ewig lees ons van gru-ongelukke.

Chris Ws ·

Johan,myns insiens word 90% van voertuie op ons paaie bestuur deur onbevoegde bestuurders.En hier geld dit ALLE rasse.Ek het ‘n “dashcam” in my voertuig en dit is skokkend om te sien hoeveel van ons blanke volksgenote vlieg by my verby op enkel sowel as dubbel sper strepe.Hoekom?Want daar is GEEN wetstoepassing nie.

Ander Annie ·

Wetsongehoorsaamheid, K53, Kode 10 lisensies, spoed, alkohol en gekoopte lisensies. Trokke en taxis ook groot sondebokke. Ek het nou die dag gery toe jaag 1 van die sement trokke op die grond links van my verby my met met ‘n groot spoed. Ek was stom.

Irene ·

Ek het vanoggend soos elke ander oggend werk toe gery op daai pad…dit was regtig nie n mooi gesig nie en het my erg geruk. Die mense was op pad werk toe net soos ek, min het hul geweet dit was die laaste dag. Die verkeerslig was buite werking, nie eens geflkkker nie. Vir iemand wat nie daai stuk pad ken nie, is dit lewens gevaarlik. My hart gaan uit na die mense se families en ek het net weer besef, elke dag kanj laaste wees. Maak seker jou saak met God en mense is reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.