Alfred Zwane, Samson Mandlezi en Manit Unisi is skuldig bevind op 15 aanklagte waaronder die moorde op Botha en Andre Jordaan (50). Hulle is ook skuldig bevind op drie aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, huisroof en die onwettige besit van vuurwapens.
Regter Moses Mavundla het die beskuldigdes se verweer dat hulle geen kennis dra van die misdade nie, verwerp. Mavundla het gesê hy is tevrede dat die staat sy saak bo redelike twyfel bewys het.
Anthon Botha het op 5 September sy dogters, Alyssa en Meghan, by ʼn vriend se huis gaan oplaai toe Alyssa doodgeskiet is. Anton is in die buik geskiet en het gevolglik ʼn nier verloor. Meghan is in haar bene geskiet. Jordaan is tydens ʼn rooftog geskiet en is later in die hospitaal dood.
Regter Mavundla sal na verwagting Donderdag met vonnisoplegging begin.
Al wat hierdie barbare gaan keer is om die doodstrf terug te bring.
Ek stem saam met jou ,kan ons nie n referendum hou om die doodstraf terug te bring.
Hulle kry wat hulle verdien, mense lewens oud of jonk maak nie vir hulle saak nie, hulle is gevoellose barbare en moordenaars