Muldersdrift-seun verdrink in rivier

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sesjarige seun het Woensdag verdrink toe hy in ʼn rivier in Muldersdrift, Gauteng, geval het.

Ao. Solomon Sibiya, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die seuntjie het saam met twee maats naby ʼn rivier by die Joe Slovo informele nedersetting gespeel, toe hy in die water beland het.

“Die rivier is sowat 500 meter van sy huis af,” het Sibiya gesê. “Sy maats het dadelik gehardloop om hulp te ontbied.”

Plaaslike inwoners het die seun se liggaam uit die rivier gehaal en hom na sy ouers geneem.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.