Muldersdrift-skietery: ‘Hy was gevaar vir samelewing,’ sê Cele

Minister Bheki Cele. (Foto: Siya Duda)

Len Cloete was ’n “gevaar vir die samelewing” en die polisiebeamptes wat op die toneel was toe hy in die kop geskiet is, het binne die regsraamwerk opgetree.

Só het Bheki Cele, minister van polisie, Vrydag tydens ’n mediakonferensie gesê oor die voorval wat verlede naweek in Muldersdrift plaasgevind het. Cele het die jongste misdaadstatistieke bekend gemaak en is deur verslaggewers gevra om kommentaar op die skietvoorval te lewer.

Cloete (59) is omstreeks 01:00 verlede Saterdagoggend deur ʼn polisiebeampte by die Misty Hills-gastehuis in die kop geskiet. Hy is sedertdien in ʼn koma en word in die Pinehaven-hospitaal in Krugersdorp behandel.

ʼn Onderonsie het vermoedelik tussen Cloete en Misty Hills se personeel uitgebreek, waarna die polisie ontbied is. ʼn Verdere woordewisseling, wat ook op video vasgevang is, het tussen Cloete, wat self twee vuurwapens by hom gehad het, en polisiebeamptes ontstaan, waarna hy deur ʼn polisielid in die kop geskiet is.

Rakende die video van die voorval het Cele gesê Cloete is duidelik iemand wat nie die wet of ander mense respekteer nie.

“Hy was veronderstel om na die gastehuis te gaan om te ontspan, dronk te word en te gaan slaap in plaas daarvan om te kom en polisiebeamptes en personeel van die gastehuise te beledig en hul lewe onnodig in gevaar te stel. Dit is ongevraagd.”

’n Skermskoot uit die video.

In die video kan gesien word hoe Cloete met ’n vuurwapen rondloop terwyl polisiebeamptes toekyk.

Die vuurwapen word oorgehaal en ’n patroon val uit. Later in die video neem Cloete een van die beamptes se dienspistole af en sê herhaaldelik: “Skiet my”, waarna een van die beamptes hom in die kop skiet en hy op die grond val.

Volgens Cele het hy die betrokke polisiebeamptes gelukgewens dat hulle binne die regsraamwerk probeer optree het. “Daardie polisiebeamptes kon lankal doodgeskiet gewees het, saam met die personeel.”

‘n Saak van poging tot moord is intussen teen die polisiebeampte wat Cloete geskiet het, aanhangig gemaak en die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

97 Kommentare

jongste oudste gewildste
Harley Davidson

Hoe sal Cele nou met sy kennis van die wet weet hoe daar opgetree moes word,die ou was buite beheer maar om hom in die kop te skiet is overkill en die polisie lid moet aangekla word.

Harley Davidson

So wat Cele sê is wanneer polisie lede by betogings aangeval word mag hulle mense in die kop skiet,net ‘n bewys hoe onbevoeg en onosel is hy.

DieKriek

Dit maak my sommer lus om Cloete te verdedig. Wat n mislike man is Cele wat nie omgee dat SAPS vergaan nie.

Laurika

Vir die eerste keer kan ek saam met Cele stem. As jy jouself in daai polisie beamptes se skoen plaas, en die groot gespierde man kom bulderend op jou afgestorm met ‘n vuurwapen, gryp jou kollega se vuurwapen uit haar hand uit, sou jy nie dalk jou lewe en die van jou kollegas ook wou beskerm nie? As dit ek was het ek geskiet, jammer om te sê.

Nicolaas Hendrik

Cele is net so gevaar, want hy laat moorde toe en doen niks daar aan nie