Multi-miljoenrandse belastingbedrog oopgevlek

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) na bewering met meer as R5 miljoen bedrieg het, is Maandag op borgtog van R50 000 elk vrygelaat in die Nigel-landdroshof.

Clint Dixon en Leo Agbakwuru is Vrydag deur die Valke in hegtenis geneem ná ʼn ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Die SAID is van mening die mans is deel van ʼn onwettige goudbedryfsindikaat. “Die sindikaat het glo vals dokumentasie opgestel wat die verkope van tweedehandse juwele ter waarde van R50 miljoen reflekteer,” het Luther Lebelo, woordvoerder van die SAID, gesê. “Die vals aankope is tussen die periode van 2011 en 2013 gebruik om 14% BTW te eis. Die SAID het ʼn verlies van meer as R5 miljoen gely as gevolg van die skema.”

Die saak teen Dixon en Agbakwuru is uitgestel tot 3 November vir verdere ondersoek.

Dié inhegtenisneming volg nadat ʼn soortgelyke skema wat glo deur die Bezuidenhout-groep gelei is, aan die lig gekom het. Die Bezuidenhout-sindikaat het glo meer as 16 000 valse fakture ter waarde van ongeveer R437 miljoen gefabriseer om die verkope van tweedehandse goue juwele te reflekteer. Die fiktiewe verkope is gebruik om 14% BTW tussen 2010 en 2012 te eis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Vindingryk die vermoë om met nuwe skelmstreke vorendag te kom. SAID bly egter op datum met die uitvang van die swendelaars.

Fanie ·

Ag dit is tog te lekker. Hulle is belasting betaal.
Wat gebeur nou verder? Gaan hulle daai geld terugbetaal/kan terugbetaal, mèt rente, of gaan sit hulle nou maar net in die tronk? En alles is vergete.

Jan maak n Plan ·

Ek wens soms wil die Valke en SAPD ook so hard werk aan saake soos plaas aanvalle, die wapen skandaal, Nkandla, Prasa se treine, ens. Dat die maatjies wat daar ook so stout was n bietjie gaan vir medesyne ini tronk of so iets. Sal dit nou nie vir Jan Taks ook dan lekker wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.