MultiChoice doen ondersoek na ANN7-kontrak

MultiChoice gaan ʼn ondersoek doen na sy kontrak met die ANN7-nuuskanaal.

Don Eriksson, ʼn onafhanklike nie-uitvoerende direkteur van MultiChoice en voorsitter van die direksie se oudit- en risikokomitee, het in ʼn verklaring gesê die direksie is bewus daarvan dat die ANN7-kanaal openbare kommer veroorsaak het weens die bewerings van korrupsie teen die vorige eienaars van die kanaal.

MultiChoice se reaksie kom nadat vrae geopper is oor die R141 miljoen wat hy per jaar aan ANN7 betaal vir sy 24-uur nuuskanaal. “MultiChoice se direksie het die onderskeie mediaberigte gelees waarin beweer word dat MultiChoice ʼn onreëlmatige verhouding aangegaan het om die ANN7-nuuskanaal te dra.”

Volgens Eriksson is die oudit- en risikokomitee opdrag gegee om vas te stel of daar enige korporatiewe bestuursfoute by MultiChoice was en aan die direksie te rapporteer. “Op grond van wat in die verslag vervat is, sal die MultiChoice-direksie die nodige stappe doen.”

Daar moet ook vasgestel word of die totale bedrag wat aan ANN7 betaal is vergelykbaar is met betalings wat aan ander plaaslike kanale gemaak is, met inagneming van die beraamde koste om ʼn 24 uur-nuuskanaal te bestuur.

Volgens mediaberigte is daar ook ʼn twyfelagtige betaling van R25 miljoen aan ANN7 gemaak toe die kanaal nog deur die Gupta-familie besit is. Die betalings het glo gevolg nadat die Gupta-familie vir Faith Muthambi, voormalige minister van kommunikasie, sou gehelp het dat sekere uitsaaimagte na haar van pres. Jacob Zuma oorgedra is. Dit het glo tot gevolg gehad dat Muthambi deurgedruk het met ʼn besluit ten gunste van ongekodeerde seinwerkers vir die ontvangs van digitale aardgebonde televisie, iets wat MultiChoice bevoordeel het.

MultiChoice ontken egter dat daar enige band is tussen die gunstige uitkoms van Muthambi se besluit en die betalings wat aan ANN7 gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

MultiChoice ondersoek hulself. Zuma moet ‘n kommissie van ondersoek aanstel om homself te ondersoek. Enige verskil ??

Eish ·

Ja, dis n hoop tjol dat hul hulself ondersoek, onafhanklike direkteur of te not. Hy kry sy peule by die trog. Ek sou wou sien dat Media 24, die eienaars, self ingryp.

Henk ·

Noudat die korrupsie aan die klok gehang word, nou doen multichoice n ondersoek? Weet hulle direkteure dan nie wat aangaan in hulle eie besigheid nie? En dit waar sulke groot bedrae betrokke is? Ons ken Koos Bekker se geskiedenis. Is hierdie dan werklik skokkend of kon mens dit verwag?

Henk ·

Kan Multichoice kliente DRINGEND hul kontrakte met die korrupte skema staak. Ons word berrof deur bekker en multichoice soos wat zim deur mugabe beroof is en SA deur politici beroof is. Dis tyd dat Multichoice se deure gesluit word. En geeis word dat Bekker verduidelik hoe Naspers en Multichoice gefinansier is

Johnny ·

Nou weet ons hoekom alles herhaal word op DSTV want hulle het kontrakte met almal.

PJC ·

Hierdie ouens dink seker ons is onnosel en sal alles vir soetkoek opeet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.