MultiChoice het ‘dubbele standaard’ oor verdelende uitsprake

Een van Ntsiki Mazwai se twiets. (Skermgreep: Twitter)

Die burgerregtegroep AfriForum sê MultiChoice pas nie sy beleid om nié blootstelling te gee aan mense wat verdelende uitsprake maak konsekwent toe nie.

“Waar MultiChoice onlangs aangekondig het dat hy sensuur met betrekking tot die kunstenaar Steve Hofmeyr gaan toepas deur geen beeldmateriaal van hom uit te saai nie, word geen stappe gedoen teen ander kunstenaars wat aktief geweld en rassehaat teen minderhede op sosiale media aanmoedig nie,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê.

AfriForum sê MultiChoice se beleid geld klaarblyklik slegs vir Hofmeyr.

Hofmeyr is vroeër van al MultiChoice se platforms afgeskop omdat sy standpunte – volgens MultiChoice – nie in ooreenstemming met dié van die maatskappy is nie. “Ons verwelkom ʼn samelewing waar vryheid van spraak gevier word, maar ons neem standpunt in teen rassisme,” het Joe Heshu, woordvoerder van MultiChoice, toe gesê.

AfriForum bevraagteken onder meer waarom die kunstenaar Ntsiki Mazwai toegelaat word om as aanbieder van die kletsprogram Show me Love op die Moja Love-kanaal op DStv, te werk.

Mazwai het onder meer al getwiet dat daar nie iets soos wit uitnemendheid is nie en dat wit mense “uitstekend is met steel en namaak”. In ʼn ander twiet noem sy wit mense leuenaars.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê MultiChoice het die volste reg om ʼn politieke beleid te volg, maar dat dit konsekwent toegepas moet word.

steve hofmeyr1

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

“As Hofmeyr van alle platforms verbied word omdat sy uitsprake verdelend is, maar mense soos Mazwai word beloon deur hulle as aanbieders aan te stel, dui dit daarop dat MultiChoice nie werklik eenheid nastreef nie, maar bloot dubbele standaarde bedryf,” het Roets gesê.

Volgens hom is Heshu se verklaring dat MultiChoice verbind is tot die bou van ʼn nie-rassige samelewing en enige handeling van diskriminasie veroordeel, nie sigbaar in die maatskappy se optrede nie.

Roets het gesê MultiChoice pas sensuur met sodanige inkonsekwente optrede toe.

AfriForum vra ook dat MultiChoice borgskappe staak aan organisasies en politieke partye, ook die ANC, wie se verteenwoordigers verdelende uitsprake maak.

Maroela Media het MultiChoice om kommentaar genader en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Sons ·

Multichoice is een helse groot klug, hulle is n joke. By the way this is NOBODY’S LAND THIS IS GOD’S LAND. Catch a wakeup!!!!

Siener ·

En raai wat—Ek mis nie eers DSTV nie. 10 Hoeras vir Generaal Steve.

Tydmorsige herhalings ·

Vir drie jaar nou al spandeer ek my tyd baie beter en is baie meer gelukkig.

Hennie ·

En dan is daar nog afrikaans mense wat DSTV ondersteun… verstaan nie! Netflieks is BESTE

sweis ·

Baie mense ondersteun multichoice om teen hulle te diskrimineer dit is soos om DA te stem stem eerder anc hulle het wette gestig om teen jou te gediskrimineer

Elna ·

Kom ons boikot sommer alles. Hou op om te betaal vir ALLES soos alles wat aan die staat behoort net vir 2 maande dan kyk ons watter liedjie hulle dan gaan sing. Kom ons staan nou saam en wys die regering wat ons witmense beteken vir hierdie land.

Rooijan ·

Jy verstaan daar is miljoene wat betaal en net ‘n paar “”witmense” ..? Hulle voel vere of jy betaal of nie.

Johan ·

DSTV se antwoord gaan interessant wees want nou moet hulle erken dat hulle beleid net teen Blankes gerig is. En daardeur nog meer intekennare verloor!

sweis ·

Ek wil net byvoeg Steve Hofmeyer is n ware boer met ruggraat.

Helga ·

Laat DSTV dit voel waar dit tell. Elk geval net strooi en herhalings. Kanseleer , kuier eerder saam vriend.

Thys ·

Sweis jammer jou teleur te stel almal di di wêreld van di Steve maar julle ken net sy blink kant en ni sy donker kant ek dink jy moet bietjie opstaan en wakker word

sweis ·

@Thys ,Steve staan op vir sy regte en die van ons wat leierloos is in n land wat met wetgewing teen ons diskrimineer,jou presedent skroom nie om te lieg as hy in n hoek is oor plaasmoorde en diskriminasie nie .Steve kan soos ons maak net kla en kla maar hy benadeel sy toekoms om op te staan vir sy mense en as ramaposa praat van our people gaan ek jou wed jy is nie ingesluit by hulle nie ,so sit dit in jou pyp en rook dit.

Jeukenkrap ·

Steve is ‘n ware boer met ruggraat, soveel ruggraat dat hy in 1994 ANC gestem het.

Judge Dredd ·

Die lat is klaar gepluk – iemand moet hom nou net swaai.

Anoniem ·

Daar stem ek saam met jou Hennie ons het ook ons DSTV gekanseleer. Netflieks is baie beter goed word nie oor en oor gewys soos op DSTV nie. Dit was en is die beste besluit wat ons nog geneem het.

Katrien ·

Ek verstaan gladnie dat ons mense nog Multi Choice ondersteun nie. Ek verstaan ook nie hoekom ek Vryheidsfront gestem het nie. Waar is hul nou. Hulle is doodstil en die omies rus nou.

Cherokee ·

Siestog Katrien, ag shame.. Sê jou wat.. Google vir ‘n plek waar jy jou stem vir VF+ kan kanselleer.

Wputer ·

Vanoggend my DSTV gekanselleer. Hierdie was nou die laaste strooi

Kyla Wog ·

Ek hou my DSTV dankie. Ek kyk hoofsaaklik dokumentere programme wat niks te doen het met politiek nie. Ek kyk gladnie flieks nie stel hoegenaamd nie daarin belang nie. Ek record my programme en kyk dan wanneer ek wil.

chris ·

Tussen You-Tube en Netflix is daar oor as genoeg van alles, enige tyd, enige plek.

schaun ·

Eet seker ook by spur en ondersteun grond onteiening sonder vergoeding.

Jerry ·

Die multichoice en Steve Hofmeyer uitsprake storie is darem nou regtig al holrug gery!

Karlahari ·

Lees eers die berig voor jy net n klip in die bos gooi.
Dit gaan oor n multichoice aanbieder met haatspraak teenoor blankes.
Steve is agtergrond inligting

Cornette ·

Dstv al verlede jaar Desember gekanselleer. Was net keelvol om SO duur te betaal pm vir ALLES wat so herhaal word tot vervelens toe.
Mis dit GLADNIE!

Blommie ·

Om fibre te kry kos dieselfde as DSTV en jy kan kyk net wat jy wil wanneer jye wil.
Jy hoef nie DSTV se 1000 advertensie te kyk wat afgedwing word op jou nie.
Ook nie dieselfde programme oor en oor en oor kyk nie.
Dit maak net meer sin om fibre te stream vir dieselfde bedrag en jy kyk wat jy wil, wanneer jy wil.
#Multichoice MUST FALL

Amelia ·

Vir ons arm mense wat net n minimale bedrag kan betaal vir DSTV, kom fibre nie naastenby by my begroting nie. Maar glo my ek spaar en sodra ek kan, gaan ek openview by PEP koop.

Ursula ·

There are no more ships to be escorted to , they were messed up like most of South Africa.

Ronel ·

Animal Farm. All animals are equal, but some are more equal than others…

Africa for AFricans ·

Why don’t they send all blacks BACK FROM THE USA AND EUROPE? BACK TO AFRICA?? Then we will go to EUROPE.. what a PLEASURE …

Al ·

Is daar ñ petisie wat ons kan teken om DSTV aan te vat? Enige manier om druk te plaas?

Leon Stevens ·

Mag DStv tot ‘n val kom! Mag hulle met hulle stert tussen die bene wegloop van hulle skande. #DSTVMUSTFALL

Judge Dredd ·

Ja nee almal praat van versoening/samewerking, maar hulle vergeet gerieflikheidshalwe om te noem met wat versoen/saam gewerk moet word.

Marica Laubscher ·

Wat is DSTV nou weer? Ons is al vir meer as 10 jaar sonder ‘n TV en skottel en dis wonderlik.

Johan ·

Kan Steve nie n hofsaak teen hulle maak vir los of income met rede dat hulle redes nie reverdig kan word nie….hulle is is nie konsewent is hulle besluite nie

Judge Dredd ·

So jy dit geniet laas Sondag om te sien hoe almal 78 rondtes sonder verandering agter een ou aanrei?
BTW openview se Kwesi sports het formule-e.

Pop ·

En nog iets, afriforum hou darem baie daarvan om n storie te ry tot daar nie eers meer n rug oor is nie

Jinne ·

Pop, het jy nie koekies om te bak nie, Afriforum doen tenminste iets..

Antjie ·

“Folks of a feather…”
Nes Multichoice afhanklik bly van populistiese aannames, is die onnoembare swart man (soos Nieu Zeeland dit sou noem) afhanklik van herhaalde valshede om in sy posisie te kan bly. Oeroue spreekwoorde oor waarheid vertel hulle is almal lankal verdoem. Dis ons tot voordeel om van hulle te vergeet en waarheid alleen te spreek. Wie verdien ʼn plek onder die son, nie net in Afrika nie? Wie besluit?

Thinus Erasmus ·

Ja as mense lank genoeg met gemors en leuens gebreinspoel word, raak dit die heilige waarheid. Sommige het egter geen breinspoeling nodig nie omdat hul in hul afgunstige onnoselheid en wraaklustige arrogansie, die leuen doelbewus as waarheid opmaak in die ergste graad, want dit is al verweer wat hul het vir hul eie mislukkings en oortredinge.
Versoening is geen opsie met sulke “mense” nie.
Om die Engelse spreekwoord te verbeter: die driepootpot noem die koppie swart! Duh!

Heksie ·

Gelukkig jare gelede al die lot vaarwel toe geroep.
Maandelikse fooie is belaglik en as jy nie betaal nie, kan jy nie kyk nie, maar as jy weer wil aanskakel moet jy die agterstallige betaal??? Hoe de joos werk dit?
En buite dit mens sien daar maar net soveel tjol soos op die bankrot SABC, wat ek ook nie kyk nie!

Piet ·

Ons het DSTV uitsluitlik vir die sport. Gee vir ons ‘n goeie alternatief waar ‘n verskeidenheid sport – rugby, tennis, atletiek, gholf, krieket ens – live uitgesaai word en ons kanselleer DSTV.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.