Multichoice kry boete oor gruweltonele

DStv logo 2010Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) het Multichoice beboet nadat daar op DStv se Disney-kanaal ‘n advertensie met gruweltonele in uitgesaai is.

UKKSA het Multichoice met R5 000 beboet. Tracey le Roux het ‘n klag by UKKSA ingedien nadat daar omstreeks 11:49 op 31 Desember verlede jaar ‘n advertensie vir “Wolfblood” op Disney XD (DStv-kanaal 304) uitgesaai is.

Le Roux het aangevoer dat hoewel die advertensie van korte duur was, daar tonele van groeiende mensetande en vingernaels was en dat daar dus ‘n ouderdomsperk van 13 moes gewees het. Le Roux sê die soort beelde is nie geskik vir kinders nie en kan hulle ontstel. Die Disney-kanaal is vir kinders van agt jaar en ouer.

“… Ons het besluit dat die tonele in die advertensie te vreesaanjaend vir jonger kykers is en dat die uitsaaier ‘n voldoende waarskuwing aan die kykers moes rig dat die advertensie nie geskik was vir besigtiging deur kinders onder die ouderdom van 13 jaar nie,” het die UKKSA beslis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hannes ·

Hi, meeste van die goed op tv is in elkgeval so gruwellig dat dit enige ou ontstel en dit veral op kinderstories

Shannon ·

Korrek. Selfs in die cartoons.
Maar dis mos ma en pa se drugs vir die kleingoed – sodat hulle `n blaas kans kan vat – en dan rep ons nie `n woord nie. Als salig in die huis, ma in die kombuis, pa voor die rekenaar, en kroos met hulle TV held – `n muis op `n motorfiets, met `n laser geweer en pantser drag wat monsters dood skiet.

Sollie ·

@Shannon – net so! Praat nie eers van die ander goed en dan al die rekenaarspeletjies… en hoe de duiwel sit mens ouderdomsperke op ‘n advertensie??? BELAGLIK!

AmY ·

Ag nee regtig!! Daar was al erger tonele in die ‘onskuldige cartoons’ van vandag.

Cartoons waar karakters ‘superpowers’ het en die vyande met lasers wat uit hulle hande en borskaste kom skiet. Waarom nou oor EEN advertensie kla?

Nee, daai vrou kort ‘n wake-up call as sy dink daai was erg en ontstellend vir haar bloedjies.

Daai vrou is seker deel van haar kerk se breinaald-brigade of koeksister-komitee….

Elizabeth ·

@AmY – o ek het nou vreeslik gelag vir jou – “…kerk se breinaald-brigade of koeksister-komitee..” dis vreksnaaks! Sommer my dag gemaak! Die tannie sit seker heeldag met ‘n notaboekie in die hand voor die Disneykanaal net reg om belaglikhede te rapporteer. Ek het ook nog nooit gehoor van ouderdomsperke op advertensies nie! Hoe sal DIT nou werk? Ai nee…

Melissa ·

Presies hoekom kinders nie voor die TV moet sit en “cartoons” kyk nie. Vandag se kinderstories is in elk geval omtrent nie meer bedoel vir kinders nie. Nee wat, laat hulle in die tuin gaan speel of met goed speel wat vir kinders bedoel is. TV is uit of net ‘n “treat” vir nou en dan!!

AmY ·

@Elizabeth: Hehe. Bly ek kon jou dag maak xxx En ja, ek stem. Hulle sit net reg om fout te vind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.