MultiChoice reageer op Ghoema-besluit

MultiChoice het Woensdag gesê hy het versoek dat Steve Hofmeyr nie deel vorm van die Ghoema-musiektoekennings nie omdat die sanger se sienings nie met die maatskappy se waardes ooreenstem nie.

MultiChoice het versoek dat die musiekvideo van “Die Land”, waarin Hofmeyr saam met ander kunstenaars sing, van die benoemingslys van die Ghoema-musiektoekennings verwyder word.

Joe Heshu, MultiChoice se groephoof van korporatiewe bestuur, het aan Maroela Media gesê hulle staan by die besluit om te versoek dat Hofmeyr van die benoemings verwyder word omdat hulle diskriminasie ten sterkste veroordeel.

“MultiChoice is verbind daartoe om ʼn nierassige samelewing te bou en ons is gekant teen enige vorm van diskriminasie. MultiChoice is trots dat ons Afrikaans ondersteun, nie net as ʼn belegging in inhoud op ons DStv-platforms nie, maar ook deur ons borgskappe vir feeste, geleenthede en die wyer Afrikaanse kunstebedryf.”

Heshu het gesê dié besluit verander wel nie hul verbintenis tot Afrikaans en alle ander plaaslike tale nie.

“Dit het onder ons aandag gekom dat Steve Hofmeyr benoem is vir ʼn Ghoema-musiektoekenning in die kategorie van beste musiekvideo. Ons het versoek dat hy nie deel vorm van die geleentheid wat ons borg nie omdat sy sienings nie met ons waardes ooreenstem nie,” het Heshu gesê.

“Ons verwelkom ʼn samelewing waar vryheid van spraak gevier word, maar ons neem standpunt in teen rassisme.”

Steve Hofmeyr by die mediakonferensie in Centurion. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

MultiChoice het gedreig om sy borgskap van dié geleentheid te beëindig indien die nominasie nie onttrek word nie. Heidi Edeling, hoof‑ uitvoerende beampte van die Ghoemas, het gesê daar is toe by wyse van ʼn demokratiese stemproses besluit dat die benoeming onttrek word.

Talle kunstenaars soos Jay, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Dewald Wasserfall en Nicholis Louw het laat hoor dat hulle nie meer die Ghoemas gaan bywoon nie.

Die Ghoema-toekennings word Woensdagaand in die Sun Arena in Pretoria gehou. Dit sou aanvanklik regstreeks op kykNET uitgesaai word, maar volgens Suzanne Keyter, woordvoerder van die kanaal, is daar reeds vroeër besluit om dit nie te doen nie weens die groot aantal benoemings. Volgens haar hou die besluit geensins verband met die onlangse verwikkelinge nie en is dit reeds vroeër geneem.

Die toekennings word nou Saterdag 20 April om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai. Die blou tapyt word op Sondag 21 April om 18:30 op kykNET NOU!, DStv-kanaal 146, uitgesaai met ʼn heruitsending van die toekennings direk daarna.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

179 Kommentare

Vreemd ·

Dis nou toeval, multichoice bots ook met my waardes. Daaroor het ek hulle gekanseleer.

Rika ·

Glo my ek dink Steve het ook DSTV so hulle is bereid om sy maandelikse premie te vat dan worry hulle nie oor sienings nie want ek dink DSTV is verdomp duur.

Theo ·

Het al meer as 4jaar terug my DSTV afgesit. My vel kleur is nie goed genoeg nie maar my geld is.

Flip ·

My Multichoice lankal gekanselleer. Seker Johan Rupert sal sy stem dik maak oor Afrikaans.

DSTV asblik toe ·

Ek het al meer as 2 jaar terug my vol subskipsie gekanselleer. Ek stream als wat ek wil sien. Op my tyd. Nie wanneer dit DSTV pas om dit te wys nie. Mis hulle swak inhoud nie n dag nie.

Linda van Wyk ·

Tyd vir beginsel besluite.
Groot waardeer vir sangers wat besluit het
om nie deel te wees van die Ghoemas nie.
Mag dit ‘n baie afwesige Ghoema toekenning wees vanjaar.
DSTV het gekies.
Kykers sal ook.

Richard Q ·

Stem nie altyd saam met Steve nie maar MultiChoice is n korrupte maatskappy…wys tot 4x per dag die selfde programme…ek het ni daarvoor betaal en het dis maande trug my DSTV gekanselleer…

Marius Scheepers ·

Is DSTV van lootjie getik. Gaan ons terug na 1980 ‘s? Toe het dit nie gewerk nie. Dit sal ook nie nou werk nie. Word wakker almal. Hierdie lied is ‘n groot treffer

Iris ·

Ek wil weet wat is rassisties in die lied “Die Land”.As jy Afrikaans verstaan,gaan luister weer.Multichoice moet dalk Afrikaanse klasse vat.Julle het n groot fout gemaak.Nie lank nie dan vestaan julle nie meer nie.Julle het mense nodig om jul bestaan te maak en voort te bou en soos ek sien verloor jul net klante en kry niks by nie.Nou gaan jul nog meer verloor.AFRIKAANS BO!

siekensat ·

Ek het myne reeds kanselleer en so ook almal in my familie en meeste vriende is in die proses om intekenings te stop. Viva Steve!

Pollie ·

Hoera vir Demi-Lee. Sy het darem die guts om haar standpunt te gee. Multichoice is brommer bollie. Kanseleer manne en dames. ons vir jou Afrikaans!!!!!!!!!!!!!

Maretha Els ·

Ek ook want hierdie verskoning van multi choice is die grootste pot twak wat ek nog gehoor het. Net lee blikke wat groot geraas maak.

MyFlokMarelize ·

Liewe MultiChoice … gaan julle almal boelie wat nie met julle siniele sienings saamstem nie? Wat het geword van vryheid van spraak?

Braam ·

MultiChoice het nou defnitief NO Choice geword. DSTV klaar gekanseleer.

Andreas ·

Ghoema Trust, van wat ek kon naspoor ise bewaarders is die volgende mense:
Barry Pretorius – Executive Producer / Director
FJ Jordaan – Legal representative
Lloyd Viljoen – Auditor/Accountant
Karen Meiring – KykNET/MK/Kowee
Jenny Griesel – Marketing Jacaranda FM
Haddad Viljoen – KykNET/MK/Kowee
Heidi Edeling – Musical Director

Lynette ·

Multi Choice is nie rassisties nie? Nou ja, Steve is ook nie rassisties nie, hy is net lief vir sy volk en taal. Multi Choice will niks te doen he met diskriminering nie? Tog is hulle blatant diskriminerend teen Steve!!!!! En die GHOEMA aanbieders is te swak om hulle man te staan teen die boelies in hierdie land? Totsiens GHOEMA, hou maar op met julle toekennings, ons stel nie meer belang nie.

Rohan ·

Snaaks dat hulle (MultiChoice) sê hulle diskrimineer nie. Wat van die aandele wat slegs vir ander kleurige mense beskikbaar gestel is en nie vir ons vaal velletjies nie? Ek het gelukkig my DSTV al lank terug gekanselleer. Netflix en Youtube bied ure se plesier.

leon ·

Ja wel, TOTSIENS DSTV en MultiChoice. Ek Kanselleer vandag my dienste met julle. Tot hier en nie verder nie!!!!!!!

Koos ·

En ook daai kort film ding waardeur hulle ook gedreig was deur burgerregte groepe voordat dit vir wittes ook beskore was! Die lekker hier is ons kan met ond beursies stem.
Wie kan vir my meer inligting gee vir alternatief vir DSTV? My area se internet is tans te stadig (4mbps).

Pat ·

En steeds sal die boere dit wat hulle verdruk ondersteun. Dstv gee vir 1000 jou n soort van Afrikaans en n klomp kwota sport. Netflix n lekker internet pakket en you tube gee my alles. Kyk maar die bietjie Afrikaans op showmax. Ons geld is vir hulle nikswerd. Kom ons spandeer dit elders

Dr Orwell ·

Korrek, dis die Phuthuma Nathi skema, wat uitstekend presteer.

MD ·

Ons het ook lankal terug DSTV gekanselleer nou kyk ons Netflix en Youtube, en ons mis glad nie DSTV nie, soos iemand gesê het alles word in elk geval tot vervelens toe herhaal.

Apie ·

Wsyne, ek ook. Sal graag n volledige uiteensetting van multichoice se WAARDES wil sien. Boikot multichoice.

Amanda ·

Multichoice diskrimineer nou ook en beoefen dan ook rassisme….
Sou dit nie die beter opsie wees om die kleiner een te wees en een man maar toegelaat het om n beeldjie te ontvang as om n jouself oop te laat vir hierdie debakel nie. Groot maatskappye mag hul redes aanvoer en die breë publiek moet bekhou en aanvaar, maar as een man sy selfde regte beoefen word hy geboikot. Vergeet van Steve….wat van Afrikaans??
Waar is jou lojaliteit Multichoice? Hoeveel ponde het die naam Steve Hofmeyr nie al vir talle byeenkomste en feeste geïn juis oor sy talent nie?

Naas Vermaak ·

Die eerste paragraaf is heeltemal verkeerd gestel….dit moet lees …”Multichoice se sienings stem nie ooreen met die sanger se waardes nie”…..en so ook die res van die land se waardes nie!!!

Verdruk ·

Ek nou al so moeg vir hierdie ou sage. Ek dink ek gaan my rekening met MultiChoice ook kanseleer.

Multi twak ·

Wou al lankal kanselleer. Die twak het my nou finaal laat besluit! Kan baie meer met n R1000 n maand doen. En dis nie vir ñ uiteet by SPUR nie!!!

Gertryda ·

Nou toe multichoice kla hom aan vir rassisme. Dit was nog nooit gedoen en kon nog nooit teen hom bewys word nie.

frikkie ·

Presies. Wat ‘n ironie. Steve se politieke oortuigings maak hom nie ‘n rassis nie, hy staan op vir sy volk, kultuur en taal. As Steve rassistiese uitlatings gemaak
het of iets ongrondwetlik of krimineel gedoen het sou hy al in die tronk gesit het. Die anc en eff is bang vir ‘n leier wat opstaan vir wat reg is. En in hulle polities korrektheid is hulle besig om onwettig op te tree deur teen iemand te diskrimineer as gevolg van sy politieke standpunt. As ek Steve was het ek hulle aangekla, maar ek weet hy is groter as dit. Toemaar nochoice julle is elk geval treurig en julle verloor intekenare vinniger as wat hulle kan bykom. Vroeer of later gaan julle vou.

Anneli ·

Multichoice en ander sal nie ons kultuur en taal kan dood maak met sulke handelinge nie. Dit maak ons net meer vasbeslote om by Steve en ander te staan. Geskiedenis leer ons dat as jy aan n kultuur se “hero’s” vat, gaan jy teenstanding kry. Omdat Steve nie saam met hulle staan in hulle politieke sieninge nie, beteken nie hy is verkeerd nie.

Vryheid ·

Ek hoop net al die bogenoemde mense wat nou hul Multichoice gaan kanselleer DOEN dit en bly nie net by praaitjies nie. Sal maar moet sien……

My c ·

En my hond slaap in sy eie karavaan en my Kat miaau nie. Blah blah blah

Werner ·

Die rugby en ander sport is inelkgeval ook deur politiek verwoes DSTV wys die een herhaling na die ander wat n gemors hulle is nie hul geld werd nie doen n beroep op alle Afrikaners om hulle te booikot ek doen dit al van 2012 af dit is nie so erg om sonder hulle klaar te kom nie

Elza ·

Steve was nog nooit rasisties nie. Hy is teen plaasmoorde en ja ons almal is daarteen. Hy staan op vir Afrikaans en ja ek ook. Dis my taal. As dit beteken ek is ‘n rassis dan is ek seker een.

Hein Fourie ·

Dit is mos nou juis Multichoice wat diskrimineer teen afrikaanse kuns en kultuur, elke mens het die reg tot sy eie poletieke sienswyse en vryheid van spraak, kan hul n spesifieke geval van diskriminasie uitwys? Hy neem standpunt in en sien hom net as bedreiging, ek sou se hy doen beslis iets reg.

Gerrie ·

Ek hoop en bid dat niemand daar sal opdaag nie,boikot dit sommer heeltemal

Amanda ·

Afrikaners los DSTV. Jul spaar geld en het meer tyd vir jul gesin.

Billy Grobler ·

Dstv moet maar sonder my R 1000 ook klaar kom. Genoeg is nou Genoeg ja.

Andrew ·

Dit voel of Ek terug in die tagtigs is toe die NP besluit het waarna gekyk mag word. En het ons nie na al die verbande goed gekyk nie. Ek was daar met voëlvry toe Koos Kombuis op die RAU kampus verban was. Nou is ons terug daar en ek sê weer “Ek gaan weereens nie my denke laat beinvloed nie”. Mag Steve se stem nog lank gehoor word

Magda ·

Nou kan ons nie die Ghoemas vanaand sien deur kinderagtigheid hoeveel mense het nie uitgesien om dit vanaand te sien direk soos ons dit elke ander jaar gesien het nie. ons wil nie more in die koerant lees wie het gekry end an moet jy Saterdag weer kyk dit gaan nie so opwindend wees nie hou maar julle ghoemas as ek dit in die koerant lees waarom moet ek dit dan weer kyk dit gaan nie so spesiaal wees soos om dit direk te kyk nie. Daar is in elkgeal niks meer die moeite werk op kyknet nie hulle verwyder als wat die moeite werd is jukebox moes nooit verwyder word nie. dis mos afrikaans daarmee ook ‘n probleem. so sad.

Stuiwer ·

Magda, ek wonder, is die besluit om dit nie direk uit te saai nie, nie dalk omdat hulle bang is dat van die sangers hulle stem teen Multichoice gaan dikmaak nie?

Braam ·

Magda hoekom stel jy nog belang in die Ghoemas. Ghoema het self besluit om Steve uit te haal, op aandrang van MultiChoice. So die kandidate wat kwalifiseer vir Ghoemas is mos nie almal meer daar, dan is dit nie meer ‘n eerlike Ghoemas toekenning nie. Boikot nie net MultiChoice, maar ook die Ghoemas.

Peer ·

Ek geen dit 2 dae dan is Karlien ook erens op n tydskrif, tussen haar en jo black kan HG nog 3000 copies print

Jaco ·

Stuiwer, ek stem saam. As hulle dit later uitsaai kan hulle dit wysig na hulle wense en seker maak dat ons Afrikaanse stem nie gehoor word nie. Laat die “meerderheid” net nie die waarheid hoor en hulle gatte wip nie. Ek hoop net AL die Afrikaanse sangers wat so graag sê hoe lief hulle vir Afrikaans is dit bewys en die Ghoemas ook boikot.
Afrikaans gaan nêrens, dit is ons land ook!!!!!!

Ben ·

Multichoice, Kyknet, Media24 en almal wat Afrikaans wil kelder. Ek dink julle gaan ‘n verrassing kry. Ekself gaan geen van julle produkte, hetsy dit Naspers, Multichoice of Media24 is verder ondersteun nie. Julle is blatant rassisties en julle Joe Heshu met sy haat teen Afrikaans gaan julle baie geld kos. Hou maar julle syfers dop.

Lollapot ·

Ben ek stem 100% saam met jou! Presies my gevoelens. So raai wie gaan nie meer Ghoemas toe nie? Ek sal dit ook nie kyk nie. Ek is so oor die verkragting van my regte dat ek heeltemal bereid is om Naspers, Media24, Multichoice, Kyknet en wie ookal hulself op my Afrikaner hart se radar plaas, te boikot! So totsiens van vandag af Multichoice. Ek sal graag wil weet wat die daling VANDAG in Multichoice se ledetal is.

Izak Boshoff ·

Hy was nog nooit aangkla of skuldig bevind vir rassisme nie nou waar was hy rassisties. Julle wil net vir lesufi of wat sy naam ook al is happy hou. Geen ruggraat net soos toyota en anderes nie

Stop! ·

Ek vra dit ook, Izak. Hulle kan nie eens bewys dat hy rassisties is nie, want hy is nie! Siek diote. Sal ‘n regskenner/organisasie nie aab vir Multi(No)choice, KykNet(Niks), Media24(/7 onbetroubaar) dagvaar vir hierdie valse aantuigings nie, asb?

Wildeboer ·

Die kunstenaars wat die Ghoema bywoon sal met minagting hanteer word. Maak ‘n lys van die borge wat kunsfeeste borg. Indien dit Naspers en ‘n paar ander vyande is, boikot die feeste. Die Afrikaanse Woordfees in Stellenbosch se draad moet ook vinnig geknip word.

Bertie hanekom ·

Ghoemas beeldjies te koop!!!!
Dit dra nie meer waarde nie, slegs vir huis decor.. ..?
Daar was n tyd toe n ghoema toekenning beteken het dat jy as kunstenaar onafgehanklik verkies nie as een van die bestes in die land, nou blyk dit dat buite mense n se het van wie wat mag wen, so dan is die Ghoemas toekenning mos nie meer n erkenning dat jy as kunstenaar die beste in die land is nie

Danie ·

Ek haal my hoed vir Steve en ander. Ek gaan na die Ghoema geen bywoonende kunstenaar se cd’s ondersteun. Multichoice is reeds besig om te kwyn so kom ons maak ons stem dik. Kyknet julle speel mooi in die hande van BLF wat Multichoice ondersteun as hy op sy nuus kanaal sê maak wit mense dood.

Lee ·

Useless Multichoice. My sopas ge-cancel en my ma-hulle sin ook. Nie tyd vir ‘n firma wat altyd teen ons is nie. Vlieg maan toe!!

MJ Kroezen ·

Bye bye multichoice Netflix is also available and i dont have to pay to see the same flicks every day

Ontsteld ·

Ag man, druk julle Ghoemas en multichoice waar die son nie skyn nie.

Sandy ·

Ek dink Heshu is onder druk geplaas deur ‘n ander entiteit. Miskien dieselfde entiteit wat vir MTN gevra het om van die AIG te onttrek? Mens sal nooit weet nie.

Corrie ·

Ag bull en julle weet dit. Dis hoekom ek lankal nie meer deel van dstv is nie

Antjie ·

Malema sing “Kill the boer” en dis nie xenofobies nie? Steve sing “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika” en dis rassisties? En Multichoice neem op loop met súlke bevooroordele, gee oneindig blootstelling aan Malema en sy manewales, maar weier om Afrikaanses met Steve te ondersteun ook? Dankie, tog, ek het geen DSTV nie. Mag Netflix en soortgelyk hulle baie gou totaal vernietig!!! Vryheid van spraak en vryheid van keuse is ʼn onderbou van demokrasie, nie ʼn gevolg nie. Minderheidsregte word geensins deur demokrasie gewaarborg nie. Basiese redelikheid doen dit egter wel. Lyk my Suid-Afrika raak bietjie baie onredelik / xenofobies. Hoekom? Watter rol speel die media daarin?

frikkie ·

absoluut. dubbele standaarde en absolute diskriminasoe teen wit Afrikaanse mense. gatvol. Tyd om te waai.

Robert ·

Nog net van Ghoema gehoor maar nog nooit gekyk nie – hulle kan maar verdwyn!

Jaap ·

Ja dstv loop en soek kliente op ander plek.
Betaal ten duurste,darm nou verby en gecancel.
Maar ja terwyl die volk n fraksie betaal wat ander betaal?
Wonder maar net,kry jul eendjies in n ry.

Anne ·

Tyd om beursies toe te maak. Vra Spur. Hulle het hoeka noudie dag gekla hul premium mark groei mie. Vat so! Sien 7de laan syfers is oor die 400 000 kykers af. Wat n pot gemors en vieslikheid is dit nie deesdae nie? Tyd om terug te keer na ons morele waardes en MultiChoice se draaf te knip. R1000. 00 kan n paar gate toestop.

Natie du Plessis ·

Multi choice ( ook Naspers) moet nou maar eerlik wees en spesifiek sê wat van Steve se standpunte vir hulle n probleem is. Verder moet hulle verduidelik hoekom hulle so gemaklik is om die EFF en BLS se rassisties en haatspraak uitsprake uit te saai.
Dink hulle ons is stupid om nie hul diskriminasie raak te sien nie? Dis nou tyd dat almal wat nog enigsins n bietjie self respek het, standpunte I neem.
Hulle is duidelik van dieselfde stofasie as die ” useless” en agterbakse MRK is.

Fanie Buys ·

Vryheid van spraak solank dit Multichoice se siening eggo. Klink verdag

Reinette ·

Ek gebruik netflix. Dstv gekanselleer. Humle bel elke2de week.sinder Steve is die Ghoemas sonder ghoene.
Tatta dstv

Ouma ·

Snert nie lankal besluit nie. Julle wil redigeer en uitsny want julle weet nie wat om vanaand te verwag nie en watter AFRIKAANSE kunstenaars gaan opdaag nie. Julle telefoom lyne is seker al warm gebel agter kunstenaars aan. Julle het vuur onder ons gemaak…..probeer ons nou blus!

Santjie ·

“omdat hulle diskriminasie veroordeel” en “om ‘n nierassige samelewing te bou” – Heshu, ek dink nie jy weet wat jy nou eintlik hier sê nie want wat jy sê en wat jy doen is duidelik teenoorgestelde! Jy, oftewel dan nou Multichoice, diskrimineer mos nou blatant. Wat sou jy dan beskryf as “nierassig nie”?

Onnodig ·

Dit dan veilig om te se dat Multi Choice die sienings van EFF, BLF en ANC teen die blankes steun aangesien hulle daardie geleenthede wel borg. Dis dus net die uitsprake van Steve Hofmeyer teen plaasmoorde en omgekeerde rasisme wat hulle nie steun nie.

Heidi Edeling jy het baie mense se respek verloor, maar elkeen vir homself seker ne?

elize ·

dit was nie net Steve wat die liedjie gesing het nie. Multichoice het n swak vertoning, want ons almal se waardes verskil, so hoe gaan hulle dit reg kry om almal se waardes te voldoen. Dit gaan glad nie oor hul waardes nie

Chris ·

Vir alle rasse se hulle nogal, maar wat van die aandele wat hulle aan net swartes uit gedeel het?

Estelle ·

Die sin van nie-rassistiese benadering skiet vir Multi Choice lelik in die voet. Afrikaanse musiek is nie-rassisties, dit gaan oor kwessies wat ons as minderheidsgroep raak, soos plaasmoorde ens. Ek dink erens langs die pad het die woord rassisties heeltemal ‘n nuwe betekenis gekry, een wat ons nie van bewus is nie as ons kyk na tradisionele gebruik van die woord rassisties deur ons leiers, ondersteuners, party voorsitters ens. Ek dink ons as Afrikaners is die minste rassisties op die oomblik maar ons word gery met rassisme om elke hoek en draai. Baie hartseer maar seker te verwagte, daar is groot geld in DSTV gestort deur die Guptas en diesulkes vir een doel, breinspoel ‘n nasie.

Stuiwer ·

Steve moet miskien ophou dat ander mense sy battles vir hom fight en die moed hê om op Multichoice se besluit te reageer?

Sies ·

VREEMD DAT JULLE STEEDS EFF FUNKSIES sponsor ne?? Kom hulle WAARDES dan met julle WAARDES ooreen Multichoice?? Wil julle dus vir ons se dat julle die EFF se waardes deel maar nie STEVE wat net opkom vir die blankes nie . .maar wel die EFF ondersteun wat die SLAGTING VAN BLANKES AANHITS??? Sjoe . julle waardes is omtrent LAAG!!!!

HPV ·

Nog iets, ons sien julle ook nooit julle mond uitspoel as die anc, eff en blf, se byna daaglikse, rassisties uitsprake nie.

HPV ·

Nog iets, ons sien julle ook nooit julle mond uitspoel oor die anc, eff en blf, se byna daaglikse, rassisties uitsprake nie.

Nardus ·

Ek dink dit kunstenaars moet almal saam staan vir steve en die hele aangeleentheid boikot.

Douw ·

Ek dink ons moet net aandui ons betaal vir Multicohoice se premies. Dus maak hul besluite namens ons. Jammer maar niemand besluit vir my nie .Ek het Netflix en Showmax. Moet ek n premie betaal van amper R1000 v n uur se programme wat ons kyk op via of kyknet? Privaatiseer Kyknet en Via en ons sal weer aansluit. Jammer ons ontrek
premies ook of wel ons “borgskap” want vir wat ons kry by Multichoice is dit letterlik n borgskap.N mens kry nie jou waarde vir jou geld as jy dit vergelyk met Netflix nie.

Noelene ·

Dankie vir die waarskuwing!!! Sal sorg vir alternatiewe vermaak vir Saterdag-en Sondag aand. Braai, speel met my hondjie, na die dak staar, leer brei – ENIGE iets anders sal beter wees as om na die Ghoemas te kyk!!

Slender ·

Jy is lagwekkend (een woord) dit gaan oor ‘n beginselsaak, nie oor een persoon nie, so ek weet nie dalk moet jy liewer op ‘n hongerstaking gaan??

Stephanus ·

Multichoice, julle beweeg nou op ‘n gevaarlike terrein wat julle geldelik gaan seermaak!!!! Julle kan nie aanklaer, jurie en regter speel nie!!

Louis Rischmüller ·

Multichoice, DIS n polities gerigte aksie. Julle is maar net n voorsetting van die ANC se regstellende aksie

Mona Lisa ·

Wikipedia sê die ghoemas is die enigste ONAFHANKLIKE musiektoekennings seremonie van sy soort in SA. Onafhanklik ? Maar hulle is duidelik afhanklik van multichoice. Die Ghoema Trust sê Heidi E. Is n onafhanklike persoon. Werknemers van multichoice is ook trustees van die ghoema trust. Wanneer n organisasie na ander se pype dans is ONAFHANKLIK nie meer van toepassing nie.

ALLIE ·

Kom ons kyk hoeveel mense gaan nou REGTIG hul Dstv kanseleer. Hoe gaan hul rugby kyk??
Ek het al 4 jaar terug gekanseleer en mis nie meer die lae-graadse kamma rugby nie.
Kom ons kyk.

Henry ·

Kyknet is ook maar anti Afrikaans. As julle so pro Afrikaans is soos julle voorgee sou julle dit regstreeks uitgesaai het. En julle program bietjie kon aanpas. Jammer maar ek val nie vir die verskoning nie.
Is iemand mos nie onskuldig tot jy skuldig bevind is in ‘n hof nie. So ou Steve is klaar skuldig bevind??? Skuldig aan wat nou eintlik. Julle is belaglik. Totsiens Kyknet en Multi crap. Good redince to good rubbish.

TimJan ·

Jare gelede het ons kyknet ondersteun oor hulle waardes…..
Duidelik is hulle ook nie meer by hulle oorsprong nie.

Hannatjie ·

Ek is Trots om te sê my Multi Choice is gekanselleer. Stel nie belang in rugstekers nie dankie. Ons staan saam vir ons sangers.

Blinkoog Stefaans ·

Hoe nou, Dan moet julle vir Malema en BLF ook nie weer op die nuus wys nie???
Mens kry slim…. en dan is daar BAIE SLIM

Fie ·

So die Ghoemas is SKIELIK nie Live nie? Whahahahaha dis omdat hul WEET die aand gaan een gemors wees

Ray ·

Wel, ek het dit op as my ringtone op my foon, en speel “Die Land” kliphard terwyl ek rondry. As dit MultiChoice se sienswyse is, dan klink dit my hulle is bang vir musiek, maar “Kill the Boer”Basuin kliphard op hulle nuus. Miskien moet dit ook afgehaal word.
Steve, julle Ghoema bler kliphard op my radio. Baie Dankie vir ‘n awesome song

Hezz ·

Nog n draadsittertjie. Dstv lankal afgesit en ondersteun die kunstenaard met waardes te volle ?

A Klaassen ·

In ons vriendekring het Dstv oor die jare verdwyn. Ek ken gladnie meer iemand wat dit in privaat hoedanigheid kyk nie. En niemand mis dit nie.

Anne De Lange ·

Kyk al jare nie meer DSTV NIE. WEND DAARDIE R1000 AAN VIR BETER DINGE IN MY LEWE.

PJ ·

Sal nou sien hoeveel ander kunstenaars saam met Steve hulle staan anders maar dai wat nie saam staan ok maar hulle cds boikot

Martin Müller ·

Showmax en Netflix is beter. Kyk wat jy wil op jou eie tyd. Ek het al vir jare nie DSTV nie, hulle suck net meer en meer.

Naas ·

Ek hoop al die Afrikaanse kunstenaars wat Ghoemas ontvang gee dit terug.

Boerboel ·

Wat se waardes het Multi -Choice ? Hy praat nonsens Ons sal kyk hoe lyk julle sakke na ‘n paar maande as mense nie meer betaal nie. So as Afrikaans nie goed genoeg is is nie dan is ons geld ook nie.

Doc ·

Al lankal klaar met Multichoice. Hulle is hulle eie ondergang. Politiek en monopolie gaan hulle vou

Christo ·

Nou waarom saai julle enige nuus van die die EEF en BLF uit?

Skerpioen ·

Christo, ek wil jou net gou remind né dat net blankes mos rassiste is… volgens EFF BLF en Multichoice

Judge Dredd ·

Aan Joe Heshu/Multichoice :

Eerstens Waar is Steve skuldig bevind aan rassisme?

Dit beteken dat Multichoice diskrimineer teen Steve.
Dit beteken Multichoice is nie ‘n voorstaander van vryheid van spraak.

Tweedens – Multichoice se optrede teenoor swart mense en politici wat omstrede aanmerkings maak is niebestaande.

Dus is Multichoice self rassisties teenoor witmense in algeheel en Afrikaans/Steve spesifiek.

Lindtjies ·

Multichoice, julle het vir julle self ‘n gat gegrawe. Ek weet van so baie mense, ek inkluis wat nou al so siek en sat is vir DSTV. Geen ordentlike flieks meer op ‘n Saterdag aand nie. Alles word oor en oor herhaal. Om nie eers van die sokker te praat nie. Nie al julle kykers wat nie die Premium paket kan bekostig nie is sokker kykers nie. Hoeveel keer wil julle nog die fliek Matilda wys. Nee rerig!! Ek voel al lankal julle is hopeloos te duur.

Gilla ·

Hulle is al LANKAL hopeloos te duur vir te min. Showmax is R90 per maand en jy kry jou afrikaanse programme ook daar. Dan is daar Netflix, ek betaal vir die maksimum hoeveelheid toestelle R120 per maand, afhangende van die Rand se wisselkoers. Baie beter en goedkoper. My internet en subskripsies ‘n maand werk my nou goedkoper uit, want voorheen moes ek in elk geval internet betaal het, plus nog DSTV. Baie goedkoper en baie beter kykgenot en as jy kan nie iets mis nie.

Truida Pretorius ·

Hoekom moet ons voorgeskryf word na watter kunstenaars kan jy luister. Hulle gaan seker binnekort vir ons uniforms uitdeel om te dra. Dis belaglik en kleinlik. Iemand het ‘n vendetta teen Steve. Sal graag wil weet WIE!

James ·

Steve was nog nooit rassisties nie of het rassistiese uitsprake gemaak nie , hy kritiseer wat nie reg is nie ! Maar Trevor Noah kan rassisties wees , niemand kraai `n haan daaroor nie ???

Gilla ·

Hulle is al LANKAL hopeloos te duur vir te min. Showmax is R90 per maand en jy kry jou afrikaanse programme ook daar. Dan is daar Netflix, ek betaal vir die maksimum hoeveelheid toestelle R120 per maand, afhangende van die Rand se wisselkoers. Baie beter en goedkoper. My internet en subskripsies ‘n maand werk my nou goedkoper uit, want voorheen moes ek in elk geval internet betaal het, plus nog DSTV. Baie goedkoper en baie beter kykgenot en jy kan nie iets mis nie.

Estelle ·

Dis swak. Ons Kan vinnig oor fingers getik word. Ek kanselleer My DStv mens Kyk elk geval oor en oor.

must fall ·

DSTV MUST FALL!!!
DIS TYD BOERE SAAM STAAN SIT JULLE REKENING AF….
DIS IN ELKEGAVAL GELD MORS EN KINDERS SAL NIE MOAN NIE KRY WIFI AS JULLE REGTIG WIL, ONS KON SPUR SEER MAAK SO KOM ONS WYS HULLE …..
WANT ONS IS BOER !!!

carel ·

het naspers nie nou onlangs hulle aandele verskuif van sa na
NEDERLAND toe nie??? indien wel, waarom???

khendrik ·

Kan julle glo ons moet vanaand na Heidi kykvanaf 20.00 tot 22.00. Belaglik waar is die programme wat Woensdae op die kassie gewoondlik is.

JohanL ·

Ek verstaan MultiChoice gaan hul naam verander – hulle is tans besig met die besluit en betroubare bronne reken dit is of OneChoice of BlackChoice.

Hoop MM hou ons op hoogte.

Jax ·

MultiChoice se advertensies spreek boekdele! My MultiChoice is af en verban uit my huis. My decoder op gomboom gesit. Daar is soveel ander maniere om vermaak te word – nie dat MultiChoice dit met hulle eidelose herhalings gedoen het nie. Alles wat ek na wil kyk, is op die net.
Wie ookal die ghoemas ondersteun, sal ek verwyder van my reuse Cd versameling. Ek daag Suid-Afrikaners wat ook sterk standpunt inneem, om die kunstenaars wat opstaan en voet neersit, se cd’s te koop. Moenie dit aflaai op platforms waar dit gratis is nie. Ondersteun ons manne en dames!

Pietman ·

In watter hof is Steve skuldig bevind vir Rasssime? Het Multichoice nou hulle eie hof? Wonder of |Steve Multichoice kan dagvaar vir naamskending omdat hulle hom as rassis uitmaak sonder bewyse wat in die hof getoets is?

TN ·

Helena , wees gerus trots op jouself __ die nar wat SH is voel netso min vir die land en Afrikaans as wat Malema doen ; hy gebruik gewoon hierdie dowwe koppies vir publisiteit en om sy gemors verkoop te kry .

GB ·

“…ons neem standpunt in teen rassisme,” volgens Mnr. Heshu. Die term ‘rassisme’ was die eerste keer gebruik en gepropageer deur die Marxistiese revolusioneres wat Rusland omver wou werp ‘n raps oor ‘n honderd jaar gelede. Hulle het die term gebruik om verdeeldheid en onrus en chaos te skep sodat hulle dan die ‘utopiese’ Sosialistiese Staat tot stand kon bring uit die ashoop wat hulle self die oorsaak van was. Ook het hulle die term gebruik om almal swart te smeer wat teen hul revolusionere oogmerke was. Moet geen fout maak nie: die term ‘rassisme’ dien vandag nog presies dieselfde doel! Steve word die bordjie ‘rassis’ omgehang omdat hy weier om ‘polities korrek’ te wees (m.a.w. die taal van die revolusioneres te praat). Maar hulle wat daardie taal wel praat, die EFF en kie., sal dus nooit rassisties wees nie.

Meisiemens ·

So Ja. Ek is ‘n trotse NIE Multichoice intekenaar nie.

Om rugby wedstryde (wat meestal Afrikaanse blanke mense kyk) moet jy amper R1000 per maand betaal vir die premium pakket.
Om elke sokker wedstryd (wat meeste Afrikaanse blanke mense NIE kyk nie) kan jy amper die laagste pakket vat.

En nou die? Dankie vir Netflix, want ek mis DSTV en hulle strooi heruitsendings GLAD nie. En uncapped kos my BAIE minder as hulle paket.

Tanya Byren ·

Luister ordentlik na die woorde, en kyk die video, voor enige kommentare gemaak word. Dit is ‘n lied vir ons land, nie noodwendig net Afrikaners nie, nie net vir blankes nie, nie net vir bevoorregtes nie. In die video speel ‘n swart en blanke kind saam met hul draadkarre in die stof. Is dit rassisties of moes een se karretjie ‘n spogmotor gewees het om die venynigheid te ontketen. En eintlik gaan dit glad nie oor die lied wat elke Suid Afrikaner, wit, swart, bruin, Afrikaans of Engels, of enige van die ander 9 tale as nasie saam te laat staan nie, maar oor een man, wat volgens die media en die borge wat onttrek, ‘n gevolg het en dalk ‘n invloed kan he, as hy die geleentheid of spreekbeurt gebied sou word. Steve behoort baie trots te voel dat hy alleen soveel reaksie kan uitlok, maar ek weet hy het slapelose nagte hieroor, want hy sal eerder terugstaan en die hele Suid Afrika vanuit ‘n verste hoek, moreel ondersteun, as wat hy sal wil he dat ander moet “betaal” vir iets waarvoor hy alle blaam gekry het en nog steeds kry. Dis die mooiste lied, wat nou verkrag word deur die venynigheid en politieke balspelery, wat ons as Suid Afrikaners, ook baie diep raak.

Gerthard ·

Al 4 maande terug ophou betaal, kry elke dag nog sms’e halfprys, 1 gig data, vakansies te wens ens ens. Hulle was lekker hardegat om my versekering op decoder ook te kanseleer, en toe die aftrekorder stop, sele uur is dit ook uitgesorteer.

Wie is Wie ·

Multichoice behoort aan Naspers. Die massiewe maatskappy Naspers (logo = piramide in die middel met strale rondom) behoort aan die Geldmag en word agter die skerms deur die Afrikanerbond (sien ook hulle logo) bestuur. Filiale van Naspers sluit in: SuperSport, DSTV, MNet, ShowMax, Media24, Property24, Takealot en OLX. Naspers se jaarlikse inkomste is in die omgewing van 37 Biljoen Rand. So, wanneer jy byvoorbeeld een van die bogenoemde ondersteun, dan ondersteun jy ook vir Naspers.

DeonC ·

Moenie vergeet dat MTN (wat dieselfde gedoen het met Afrikaans is Groot) en Multichoice ook in dieselfde stal is nie….

Lulu ·

Ons het al meer as 3 jaar terug on dstv gecancel, nie net is hulle mal met prys nie, meer herhallings van programme en nou die nonsens. Hulle kan dit maar hou.

Thinus Erasmus ·

En dis die Afrikaner se verhaal: Fase 1 – Droom, beplan, bou en fase 2- bereik groot suksesse en behaal mooi prestasies; fase 3 – raak ewe skielik bewus van ‘n skuldgevoel oor hul prestasies en staan alles af aan die onderpresteerders en verloorders.
Laasgenoemde word natuurlik aangewakker en aangeblaas deur die moreel “verligtes” en filantrope wat die lui en gulsige massas as die edelmens verafgod. Aan watter kant staan julle Heidi, Helena en Stuiwer, die maar koeie of vet koeie?

Rina ·

Praat multichoice nie uit 2 monde nie.
Daar is gereeld n boodskap wat sê dat die menings van die gaste is nie noodwendig hulle sn nie.
Maar hulle word toegelaat om op te tree. Wat nou?

Pieter ·

KykNet en DSTV is te skaam om die fiasko uit te saai vanaand. Mense sal vir hulle lag oor die sirkus wat hulle nou wil voorhou as “toekennigs”…lol

Juan ·

Karen Meiring = Kyknet het nog ALTYD KAMTIG voorgegee sy doen alles vir Afrikaans. Van haar KKNK dae af….twee gesig as jy my eerlike opinie wil kry. Geen ruggraat nie.

Rooi Jan ·

TN, jy kan nie ‘n aanname maak nie. Vra direk vir Steve H vra hoe oor hy Afrikaans voel.

Basjan ·

Stuiwer, indien Helena se argument sin maak sal lesers kennis neem.

bosluis ·

So Multichoice verooreel diskremenasie ten sterkste…… maar hulle diskrimeneer teen n musiekvideo????

Corrie ·

DStv het Geen rugraat. Is maar een van anc(another corruption) se speel Balle. Sies dstv

Patat ·

Dit is nie ‘n rasse song nie~liewe genade dis’ n feite lied. Luister dit en voel dit met jou binneste. Hierdie raak ‘n persoonlike vendetta teen Steve. Daars soveel MEER belangriker goed waarop daar in ons land op moet konsentreer. Hierdie man word onnodig met klippe gegooi. Maak nie saak wat nie~hy maak sy stem hoor~hy staan op vir volk en taal~vir ons regte wat in elk geval af in ‘n drein is.
I SALLUTE YOU STEVE

Marika ·

Joe Heshu en Multichoice glo nie In diskriminasie nie! Wat ‘n grap! Hulle diskrimineer dan openlik!

Johanna ·

Gelukkig het ek al 3mnde terug dstv afgesit ek stel nie meer belang in hulle nie.

Andrew ·

Watter “waardes” praat Multichoice van? Die enigste wasrdes wat hulle het is om so min moontlik Afrikaanse kanale aan te bied. Nee wat, vlieg maar lekker in jul **** in! Ek is klaar.

Antoinette ·

Ek kan met trots verklaar dat Multichoice lankal uit my huis uit is en ons mis dit glad nie. Alles was net herhaling op herhaling op herhaling

Linda van Wyk ·

DSTV het gekies.
Kykers gaan ook nou hulle “waardes” nagaan.
Ek voorspel nog ‘n “Spur” tragedie.

Hettie ·

Dit is jammer dat ‘n groot groep soos die M Group wat op die einste mense “sonder waardes ” steun om sy besigheid aan die gang te hou ,toelaat dat hulle naam so deur die bek oorlog gesmeer word.Ek het regtig gedink julle het waardes ! Seker dit is weer een man wat te veel mag het se persoonlike siening !

Cherokee ·

Ek dink daar is kommentators wat op die rusbank sit met ‘n SPUR-ete besig om DSTV te kyk en advertensietyd word geskryf dat DSTV gekanselleer word. Ek het nêrens gesien dat Steve Hofmeyr sê hy gaan sy DSTV kanselleer nie. Mense skryf graag wat gehoor en gelees wil word.

Charotte ·

Multi Choice is kaar, gebruik Netflix of Amazon Prime vir baie movies en TV shows,net vir R136 n maand.Good buy

Lize ·

Totsiens DSTV/Multichoice. In elkgeval onbekostigbaar die laaste tyd.

Hernan Goosen ·

Sulke “waardes” hoort nie ondersteun te word nie. Ek het gelukkig nie Multi Choice nie en daar is in elk geval alternatiewe.

Jan Borman ·

Multichoice diskrimineer nie? Wat van die Afrikaanssprekendes wat slegs die hoogste fooie moet betaal vir Afrikaanse kanale terwyl Engelssprekendes baie meer goedkoper opsies het! Dan gee hulle voor dat hulle die belange van Afrikaans bevorder – hulle melk ons net!

Chris ·

Lekker DSTV: streef na nie rassige samelewing via BEE en rasisme (wat blankes uitskakel) – google multichoice se BEE beleid. Julle sien nie n sent van my nie, dit sluit die groter naspers in!

Hertzog Grobler ·

Ek verstaan nie, dit is absoluut lagwekkend, wat het geword van demokrasie en vryheid van afspraak! DSTV akkomdeer enige rassisme en haatspraak solank dit van die ANC,EFF en BLF afkom! Steve Hofmeyer is nie n rassis nie, hy staan op teen rassisme en afbreking en veroordeling. My mening is dat DSTV te groot vir hulle skoene geword het, want wie gee hulle die reg om ander mense te veroordeel, hulle is beslis nie God nie, en sal nooit wees nie. Ek is jammer vir DSTV naam want dit word deur die modder gesleep deur n klomp BEE persone wat DSTV se naam as politieke platform gebruik. Hulle is net daar as gevolg van BEE. Ek hoop die mense wat hierdie as aanslag op Afrikaans sien, kanselleer hulle DSTV sodat hulle soos die volgende SAUK word.

Adam ·

Juan, ek deel jou sentimente oor Karen Meiring ten volle. Sy is al lankal die vlieg in die salf en Edeling is bloot ‘n klakkelose naprater. Die Ghoema’s is in elk geval ‘n mors van tyd en geld gegewe die bedenklike standaard van ‘n groot gedeelte van die Afrikaanse musikale aanbod. Kyknet het ook na Meiring se toetrede in die verkeerde rigting beweeg en DSTV het in die laaste dekade heelwat minder waarde vir geld gebeid as voorheen. Ek is beinduk deur die feit dat Steve nie op die snert reageer nie en die ou rassisme is nou holrug gery. Ek wens die spul wil hulle vergewis van wat in veral Europa op die politieke terrein gebeur. Dit kan nouliks betwyfel word dat Europa tans in die ANC se woorde ‘n “rethink” het oor hul houding jeens ander rasse. Miljoene migrante het vinnig Europeers se ogies oopgemaak.

Rac ·

Afrikaanse Suid-Afrikaners staan saam en kanselleer julle DSTV!!!
Waarom moet ons DSTV ondersteun, maar hulle erken nie ons waardes nie!

Anoniem ·

En..?? Gaan MAL EMMA weggelaat word van byeenkomste oor hy so hatig is teenoor blankes?? Gmf!! Ek dink nie so nie.

Dubbel standaarde. Maak mens SIEK!!

Hannatjie ·

Ek stem nie saam met die mense wat beweer Steve is nie rassisties nie. Meer as 12 jaar gelede het ek my goed opgevoede en geleerde bruin vriendin genooi na ‘n opvoering van Steve. Ons was so geskok oor sy rassistiese uitlatings en grappe en ek het so skaam gekry terwille van my vriendin. Ons is toe maar voor die tyd daar weg en besluit NOOIT WEER NIE!!

Johan ·

Kom afrikaners staan saam en kanseleer vandag nog jou dstv steve vir president

Pietman ·

Multichoice bots met my waardes. Net jammer ek het dit al 2 jaar terug gekanselleer. Ons vrotsige rugby het dit makliker gemaak. My boikot lysie word langer MTN, Multichoice, Naspers koerante, Spur, Woolworths. Kan Afriforum nie ‘n amptelike boikot lys opstel nie? Ook dalk ‘n Afrikaner vriendelike sake lys.

Deloris ·

Wat n grsp…. WEENS N GROOT AANTAL BENOEMINGS…. is daar b3sluit om nie die ghoema regstreeks uit te saai nie…. dis nou die grap vd jaar…
Ek sou in elk geval nie die snert gekyk het nie aangesien ek my dstv gekanseleer het….. pffft

Sarie ·

Dis darem maar snaaks – hulle kan nie dit uitsaai nie omrede daar te veel benoemings is, maar hulle kan die Oscars en Academy Awards en wat nog wat absoluut NIKS met ons land te doen het nie uitsaai? Wie is hulle betalers – Amerikaners of Suid Afrikaners? Dit is net nog ‘n poging om die Suid AFRIKAANSE mense te onderdruk. Wag maar – ons mag maar ‘n klein nasie wees, maar as ons harte reg is, wie kan teen ons staan.

van der Merwe ·

Ag siestog – hulle promoveer ‘n nierassige samelewing: Ons is vele rasse wat in vrede en met respek vir mekaar kan saamleef – maar nierassig kan ons nie wees nie . Die liewe Vader het ons so geskape. Almal uniek in sy eie reg. Waarom wil jy jou eie ras ontken en onderdruk om ander rasse te akomodeer? Belaglik – die son kan oor ons almal skyn. Dit is ‘n natuurwet dat soort by soort bly. Kyk net na die natuur – en leer. . .

Katryn ·

Multichoice is net so rasisties. Al daardie inisiatiewe wat hulle het en adverteer is NET “ander kleuriges”, sien nooit ‘n blanke daar nie. Hulle bevorder beslis nie ‘n nie-rasse samelewing nie, daar is slegs een ras wat hulle bevorder!!!

Andre Rossouw ·

Multichoice het sy groei en besigheid op die Afrikaners ondersteuning gebou tot hulle groot genoeg geword het om sonder ons klaar tekom en nou teen wit Suid Afrikaners diskrimineer. Heidi Edeling en die bestuur is net so ruggraad loos.

Norman Wheeler ·

Glo my,gaan ook maar my multichoise kanseleer.Helse lot geld vir wat.Wat ht daai song te doen met enige rasisme.

humor ·

As multichoise dan so n edele kampvegter teen diskriminasie is dan het hy mos n onbegonne taak waarin hy hom kan uitwoed. Daagliks wil ons dan van jou hoor Wanneer jy in opstand kom teen diskriminasie teen ons Afrikaanse taal, kutuur en veral ook teen disktiminasie op die gebied van sport ens. ens. en seb.

Marius ·

MultiChoice sal nooit weer in my huis welkom wees nie. Ek sal my DSTV inskrywing Dinsdagoggend by hul besigheidsperseel in George vergoed beeindig en daarna my DSTV dekodeerder vernietig. Ek was ‘n intekenaar sedert Kyknet op die lug gekom het, en al die jare sonder ‘n enkele maand onderbreking het hulle my betaling ontvang. My laaste maandelikse bedrag van R899.00 stop vandag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.