MultiChoice wil meer as 2 000 aflê

Bykans 2 000 werkers by die betaalkanaal MultiChoice is Vrydag huis toe met briewe waarin die maatskappy se voorneme om hulle af te lê, uiteengesit word.

Die Information and Technology Union (ICTU) sê hy gaan ʼn dringende vergadering met MultiChoice belê oor dié plan.

MultiChoice het Vrydag aangekondig hy beoog om van 2 194 werkers by sy kliëntediens- en instapsentrums ontslae te raak. Dit vorm deel van die hergroepering van sy diensleweringsmodel waarop ná ʼn konsultasieproses besluit is.

Die woordvoerder van ICTU, Thabang Mothelo, sê minstens 1 790 van sy lede word geraak.

“Die werkgewer het pas, op [Vrydag] 21 Junie om 15:00 werkers in kennis gestel dat hy 1 790 werkers geïdentifiseer het wat afgelê gaan word. Die vakbond is nie amptelik daarvan in kennis gestel nie, wat die proses onwettig maak,” het Mothelo gesê.

“Die werkgewer het op Vrydag besluit om ʼn aankondiging te doen, wat lafhartigheid wys om nie die gevolge van sy optrede te hanteer nie.”

Calvo Mawelo, uitvoerende hoof van MultiChoice, het gesê die hergroepering word gedoen in reaksie op kliënte se veranderende gedrag. Hulle maak toenemend minder gebruik van tradisionele foonoproepe en besoeke aan instapsentrums en maak liewer gebruik van selfsorg‑ en digitale tegnologie om met die maatskappy in verbinding te tree.

“Dit was nie ʼn maklike besluit om te neem nie, maar in ʼn onderneming wat gedryf word deur nuwe tegnologie, moet ons voortgaan om doeltreffend te wees, maar ook vloeibaar genoeg om aan te pas by voortdurend veranderende kliëntebehoeftes. Op dié manier verseker die maatskappy hy bly relevant, mededingend en volhoubaar,” het Mawela gesê.

Mawela het gesê as die maatskappy nie nou hergroepeer nie, die risiko ontstaan dat hy uiteindelik alle werksgeleenthede op die spel kan plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

112 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nellie

Hoe eet n mens n olifant….bietjie vir bietjie

Roberto Betta

Maybe if they charged less people would buy more. I’d rather SABC 1 than pay what they charge.

Papa G

Multichoice is te duur. Meer en meer mense kan dit nie meer bekostig nie. Baie Afrikaners het ook die afgelope tyd gekanselleer. Multichoice gee nie om vir sy kliënte nie, die werkers byt die spit af. Ek kry julle innig jammer!

Abrie Joubert

He he e looi hom Stewie..jys ons held..!!!

Risa

Ek gaani simpatie he ni, want dis in elk geval net kwotas wat daar werk. Ek skirk my dood toe ek sien die multi choice advert waar mense dankie se dat multi choice hulle gehelp en finansier het met fondse vir ondernemings, net swart mense, So who cares????