Munisipale amptenaar gevonnis op honderde bedrogklagte

Kholekile Lange (Foto: Twitter)

Die voormalige speaker van ’n munisipaliteit in die Oos-Kaap is vandeesweek op 228 aanklagte van bedrog gevonnis.

Kholekile Lange (46) het Dinsdag in die streekshof op Aliwal-Noord skuldig gepleit op die aanklagte teen hom.

Die misdrywe is tussen 2011 en 2016 gepleeg toe Lange die speaker was van die Maletswayi-plaaslike munisipaliteit, nou bekend as die Walter Sisulu-plaaslike munisipaliteit, op Aliwal-Noord.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, sê in ’n verklaring die Valke in die Oos-Kaap het in 2017 ’n ondersoek begin na vervalsde reiseise wat by die munisipaliteit ingedien is.

Die ondersoek het aan die lig gebring dat Lange se werksvoertuig nooit vir amptelike ritte gebruik is nie. In ander gevalle sou die voormalige speaker ʼn reiseis indien terwyl die voertuig in was vir herstelwerk.

Lange is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis waarvan vyf jaar opgeskort is. Hy is ook vir die volgende drie jaar tot 16 uur per maand se korrektiewe toesig by die Dordrecht-gevangenis gevonnis en moet die munisipaliteit van Januarie die bedrag van R65 000 in maandelikse paaiemente van R3 000 terugbetaal.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het die ondersoekwerk geloof.

“Die ondersoekbeamptes se werk is prysenswaardig. Om ʼn saak van 228 aanklagte soos hierdie te ondersoek, is gelyk aan die ondersoek na 228 gewone dossiere.

“Dit is jammer dat munisipaliteite sagte teikens geword het vir diegene wat van belastingbetalers wil steel. ʼn Mens sou verwag dat amptenare juis belastingbetalers teen bedrieërs moet beskerm,” het Lebeya gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Suzette Geringer ·

Ek stem saam Ilze. “Die ligte is aan maar niemand is tuis nie” is ook nie hier van toepassing nie…..
Ek kan in elk geval nie glo dit is net R65 000 nie. Word 5 jaar gevonnis waarvan 5 jaar opgeskort word – darem lekker nê want eintlik kom hy niks oor nie. Korrektiewe toesig is beslis nie voldoende straf nie.

Outoppie ·

By watter Munisipaliteit werk hy nou om daai geld terug te betaal

@Outoppie ·

Ja dit is die vraag om te vra. Wat het hy na 2016 tot datum aangevang.

Dof ·

Ek het ook gedink daar is nie veel ligte aan nie. En nogal met sy grend van en al.

Michael P ·

Wat n vonnes Jissie dit gaan lekker in ons land. Ja outoppie hy is seker nou n burgermeester elders.

Wie weet ·

Kry 5 jaar tronk straf waarvan 5 jaar opgeskort is so hy sit nie wow

Eddie ·

Gelukkig hoef ons belastingbetalers nie die 5 jaar staatslosies te betaal nie !

Anoniem ·

Ek lees nêrens dat hy afgedank is nie. Bly hy dus aan in sy pos nadat hy skuldig bevind is???

@Anoniem ·

Die woord “voormalige” en “tussen 2011-2016 “is jou leidrade.

Chris Ws ·

Die polisie is in die steek gelaat deur die hof se vonnis.228 bedrog aanklagte EN hy pleit skuldig op almal en hy sit nie in die tronk nie?Dis verregaande!Hy moes ten minste 10 jaar gekry het EN AL sy bates moes gekonfiskeer gewees het om die R65,000 mee te betaal.

Danie ·

Hoe de hel is hy skuldig op 228 klagtes van bedrog en word gevonnis vir 5 jaar tronkstraf maar opgeskort vir 5 jaar.
Suid-Afrika se regstelsel is ‘n JOKE.

Dries Moolman ·

Hy is tog sekerlik aan ‘n politieke party verbonde? Dis tog al hoe mens in so pos beland? Waarom word dit nie vermeld aan watter politieke party hy verbonde is nie?

magda ·

Hoop net nie hy werk by enige staats department nie – en sy vonnis is hopeloos te lig. 16 ure per week vir gemeenskapdiens sou baie meer van pas gewees het, en sy bates moet verkoop word om die R65 000 terug te sit waar dit eintlik hoort.

Sê-maar-net ·

Dit is hoog tyd dat die politiek uit ‘n gewone diensleweraar soos die Munisipaliteit gehaal word. Vir elke posisie op daardie Raad moet daar gestudeer word en dan eers kan aansoek gedoen word vir ‘n Munisipale pos. Hoe moet ‘n burgemeester weet wat hy veronderstel is om te doen as hy geen opleiding in hierdie betaalde beroep het nie. En ek wil nie eens dink aan die rekenmeester nie! Eish! Onder daai “slegte” apartheeeeiiiit is daar nie salarisse betaal nie; bloot toelaes. Die burgemeester het sy eie beroep ook beoefen.

Jacques ·

Se-maar-net . Ek stem 100% saam met jou oor die dtudeer gedeelte . Ek het ook al baie gewonder hoe kan iemand wat nou minister van vervoer was eweskielik die minister van gesondheid wees byvoorbeeld ? Word hulle oornag dokters en spesialiste op die gbied wat ook al van toepassing is ? Ek dink hulle gaan haal n graad by die karavaan op die hoek .

stem ·

wat se straf is ‘n half uur per dag onder “toesig” – lagwekkend
hy en sy “toesig” gaan in elk geval konkel
hulle is broeders van selfde vere

oud aanklaer ·

Sy vonnis is hopeloos te lig. Moes direkte gevangenis straf gekry het. Hy het die misdryf herhaaldelik gepleeg duidelik oor ‘n tydperk.

Sarel ·

Vonnis beslis nie afskrikmiddel nie en hy horf seker nie geld terug te betaal. ANC gaan hom nou her ontplooi na Provinsiale Parlement

Danny ·

Dis ‘n nuwe een. Zuma sal seker nou 500 jaar kry met 500 jaar opgeskort.

Wouter ·

I don’t understand this new south Africa.When somebody take a lot off money they call it fraud and don’t go to Yale.When a hungry person take a bread out of a shop they call it theft like in the bible and then he go to Yale.

Johan ·

Alla wereld, justisie – probeer tog net voor te gee julle is ernstig oor misdaad. As julle nie die misdaad situasie onder beheer kan kry nie, stel dan ‘n voorbeeld as julle die dag regtig iemand vang – soos hierdie perd. 5 jaar opgeskort vir 5 jaaar. Wat ‘n grap !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.