Munisipale amptenaar in hof oor lisensiegeld

(Argieffoto)

’n Munisipale lisensie-amptenaar van die Oos-Kaap sal na verwagting vandag (Maandag) in die landdroshof op Mount Frere verskyn op aanklag van bedrog of alternatiewelik diefstal.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, sê daar word beweer dat ’n toesighouer by die Umzimvubu-munisipaliteit geld wat ontvang is vir die lisensiëring van voertuie vir persoonlike gewin gebruik het in plaas daarvan om dit in die departement van vervoer se rekening te deponeer .

Die beweerde bedrog of diefstal beloop sowat R122 000 en het vanaf 1 Julie 2019 tot 31 Maart 2020 plaasgevind.

Mgolodela sê ’n ander werknemer het die ongerymdhede opgemerk toe die betrokke verdagte met verlof was en dié werknemer vir haar moes instaan. Die departement van vervoer het boonop sy kommer uitgespreek oor die afname in inkomste tydens die betrokke tydperk.

Die verdagte is Vrydag deur die Valke se ondersoekspan in Mthatha in hegtenis geneem en is tans in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Di ·

Die aantal persone wat korrupsie pleeg wat in diens van die Staat is, is skokkend! Reken dis omdat mense nie behoorlik gekeur word voordat hulle aangestel word nie. Boetie sorg dat boetie die werk kry.

Nie Verbaas ·

Weereens n bewys. Gee die verkeerde mense toegang tot finansies en hulle sal vat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.