Munisipale amptenaar kul boer glo

boer-windpomp-plaas-reint-dykema-13.jpg

Argieffoto: Reint Dykema

’n Munisipale amptenaar (52) verskyn na verwagting Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof nadat hy ’n boer na bewering geteiken en uit duisende rande bedrieg het.

Die amptenaar, verbonde aan die Ekurhuleni-munisipaliteit, staan nou tereg op aanklagte van afpersing en korrupsie.

Dit word beweer dat die amptenaar en ’n medepligtige in Januarie ’n boer van Katlehong in Gauteng genader het en daarop aangedring het om sy munisipale huurdokumente te sien.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die amptenaar het hom as ’n kliëntediensverhoudingsbeampte by die munisipaliteit voorgestel. Daar was nóg ʼn verdagte by die amptenaar. Die boer is daarvan beskuldig dat hy die plaas onwettig beset en R4 000 is van hom geëis.

Die betrokke amptenaar het die boer egter vroeër vandeesweek wéér geteiken. Dit is toe dat die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie in Germiston in kennis gestel is en ʼn lokval vir die verdagte gestel het. Die amptenaar is in hegtenis geneem nadat hy R5 000 se kontant as deel van die lokval ontvang het.

Mulamu sê die ondersoek duur voort terwyl die amptenaar se medepligtige nog gesoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Shakespeare ·

Net nog ( al so moeg daarvoor) korrupte, rassistiese ANC kader aangestel deur sy korrupte base.

Piet ·

Hoe weet jy hy het ń witboer geteiken, baie swartboere huur grond by die regering.

jzjz05 ·

Korrupsie is deel van die nuwe SA, In die ou SA was ook korrupsie maar lyk soos n kinderkrans uitstappie teen vandag en as jy gevang was is jy tronktoe sonder trieks..Vandag word die kaders ooral beskerm met snaakse trieks met die gereg.

Genis ·

Dis lekkerder om geld te probeer kty, waarvoor hulle nie voor te werk nie… dis n skande..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.