Munisipale amptenaar sterf toe trok oor hom ry

Die vragmotor waarmee die man oor Smit gery het (Foto: SAPD)

’n Wetstoepassingsbeampte van die Polokwane-munisipaliteit in Limpopo wat sowat twee weke gelede op die munisipaliteit se perseel in Ladanna deur ’n munisipale werker omgery is, het Dinsdagoggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die polisie ondersoek nou ’n saak van moord.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die oorlede beampte is as die 36-jarige Rassie Smit geïdentifiseer. Hy is nie 55 jaar oud nie, soos aanvanklik deur die polisie aangedui.

Maroela Media het vroeër berig Walter Madubanya het homself op 7 Augustus glo eers in ’n vragmotor van die munisipaliteit toegesluit voordat hy glo berserk geraak en oor Smit gery het. Hy het ook talle motors in die proses beskadig.

Die man was glo in besit van ’n gevaarlike wapen en het almal gedreig wat naby hom gekom het.

Een van die voertuie wat beskadig is (Foto: SAPD)

Van sy kollegas het probeer vasstel wat aan die gang is toe hy glo met die vragmotor begin ry het. Dit is toe dat hy Smit omgery het. Hy het verskeie kere teen hom vas en oor hom gery en Smit is ernstig beseer.

Mojapelo sê die motief vir die voorval is nog nie bekend nie.

’n Saak van poging tot moord is aanvanklik teen Madubanya aanhangig gemaak. Volgens Mojapelo is die aanklag nou na moord verander.

Madubanya se hofsaak is tot 4 September uitgestel wanneer hy om borgtog kan aansoek doen. Hy het reeds op 11 Augustus in die landdroshof in Polokwane verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Isabella ·

HIERDI mut nou iets aan gedoen word ons kan dt ni langer duld of toelaat …hoekom altyd geweld??? Nou mut ons opstaan dat geregtigheid geskied..dt was moord en niks anders …

Beth ·

Maroela, stel net die naam van die oorledene reg asb. Rassie Smit. Ek is verseker van die naam, ‘n vriend van my se broer. Die opskrif is ook nie van pas op die berig nie. Nie gesterf toe trok oor hom gery het nie.

Megan Swart ·

Dagsê Beth
Baie dankie vir jou kommentaar. Die inligting wat die polisie aan ons deurgegee het, was foutief. Die berig is intussen gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Melanie ·

Nog n lewe wreedaardig weggeneem deur iemand wat net mooi niks voel nie.. Die mnr President DOEN IETS OMTRENT DIT!

Elize ·

Hou op om hierdie parrapot “meneer” te noem. Iemand wat respek afdwing word meneer genoem

Anel ·

As dit omgekeer was, was die dorp seker afgebrand. Maar ons moet maar net staan en alles gelate aanvaar.

Astrain ·

Rassemoord…100x erger as die Doodskis” saak, gaan seker parool kry…

Elize ·

En lewenslange onderhoud deur die staat met gratis kospakkies elke maand

Danie ·

Onttrekkingsimptome.
Kla aan die president en sy ministers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.