Munisipale amptenaar vas vir bedrieglike kaarttransaksies

(Argieffoto: SA Trucker/Facebook)

Die Valke het ʼn amptenaar van die Waterval-Boven-munisipaliteit in hegtenis geneem vir beweerde bedrieglike kredietkaarttransaksies by die Machado-tolhek.

Die 27-jarige amptenaar het glo met nog ʼn beskuldigde, Thembi Pretty Qwebu (30), ʼn werker by die tolhek, saamgespan deur haar van maatskappykredietkaarte van verskillende banke te voorsien sodat die onregmatige transaksies gedoen kan word.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Qwebu is in Desember verlede jaar aangekeer nadat sy met een van die kaarte betrap is. Sy sou glo aanbied om die kaart te gebruik namens motoriste wat kontant by die tolhek wou betaal, en het dan die geld in haar sak gesteek.

ʼn Bank het ʼn interne oudit van stapel gestuur nadat vasgestel is die onwettige transaksies vind almal by dieselfde tolhek plaas. Die twee het glo meer as R100 000 se transaksies aangegaan.

Qwebu het reeds in die Belfast-landdroshof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R1 000. Sy verskyn na verwagting vandag weer in die hof wanneer die tweede verdagte vir die eerste keer sy hofverskyning maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nie Verbaas ·

Klein vissies word gearresteer en toegesluit en dit is goed. Groot visse in regering waarvoor verklarings by Zondo kommisie gelewer is loop steeds vry rond. Regstelsel n grap.

Pieter ·

Tolhekke is ‘n euwel. Gebeur gereeld in verskillende gedaantes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.