Munisipale amptenaar vra glo omkoopgeld om rekening te verminder

(Argieffoto: Steve Buissinne/pixabay)

’n Rekeningbestuurder van die Stad Johannesburg sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Hillbrow verskyn nadat hy na bewering ’n beloning van ’n rekeninghouer geëis het om dié se nutsrekening te verminder.

“Daar word beweer dat die verdagte verlede maand ’n R10 000-beloning van die klaer geëis het om sy nutsrekening van R400 000 tot R313 000 te verminder,” het kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, in ’n verklaring gesê.

Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat die rekeningbestuurder nóg R27 000 geëis het om die rekening tot R225 000 te verminder.

Volgens Mulamu het die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie in Johannesburg Donderdag op die Stad Johannesburg se kantore in Braamfontein toegeslaan waar die verdagte in die besit van R10 000 kontant in hegtenis geneem is.

Die verdagte staan nou tereg op aanklagte van korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eiervrug ·

So hulle het hom betrap met bewyse. Die geld is by hom gekry. Kom ek raai. Volgende jaar hierdie tyd sit hy steeds in sy posisie…..

Stofdonkie ·

Hy sal heel moontlik bevorder word na die parlement toe, hulle gebruik sulke tipe skelms daar in die parlement as ministers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.