Munisipale amptenaar, vrou vas vir verkragting

(Argieffoto)

ʼn Senior munisipale amptenaar en sy vrou sal na verwagting Maandag in die Bosbokrand-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

Hulle word beskuldig van die verkragting van twee minderjariges, 13 en 15 jaar oud.

Die 49-jarige verdagte, die oom van die minderjariges, is ʼn direkteur by ʼn munisipaliteit in Gauteng. Sy 36-jarige vrou het die slagoffers na bewering gedwing om seksueel met haar man te verkeer in ruil vir etes. Die egpaar is Vrydag in hegtenis geneem.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, het gesê die twee meisies het glo van Mosambiek na Suid-Afrika gekom met beloftes van ʼn beter opvoeding. Die meisies is glo as slawe deur die verdagtes aangehou by hul huis in Shatale naby Bosbokrand.

“Die meisies is gedwing om met hul oom seks te hê en as hulle geweier het, is hulle erg aangerand en het hulle nie kos gekry nie.”

Volgens Mdhluli kon die kinders daarin slaag om Vrydag uit die verdagtes se huis te ontsnap terwyl hulle nie tuis was nie. Hulle het iemand van die gebeure ingelig en die polisie is gekontak.

ʼn Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die meisies onwettig in die land ingebring is sonder behoorlike dokumentasie. Die verdagtes sal dus ook op ʼn klag wat verband hou met die oortreding van die Immigrasiewet tereg staan, asook mensehandel en sameswering om ʼn misdaad te pleeg.

Die meisies is na ʼn plek van veiligheid geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chris dupreez ·

Ek hoop hierdie persone sit lewenslank in die tronk.

Menan ·

Chris jy het ‘n beter kans om swanger te word as wat hierdie persone lewenslank gaan sit ……

Cherokee ·

Munisipaliteite is nie ons regering nie, maar die regering is ook nie anders nie.

OW ·

Munisipaliteite is derde vlak van regering,saam met die provinsiale(tweede vlak)en nasionale regering(eerste vlak).

lollapot ·

Hierdie kinders is absoluut verraai deur ‘mense’ wat veronderstel was om vir hulle om te gee! Hoe laag kon hulle daal? Hoop hulle vrot in die tronk.

Alet ·

Ja…nie eens respek of genade vir hulle eie familie nie. So hoe verwag mens dit vir enige iemand anders?

Sarel ·

Hoef nie naam vooraf bekdnd te maak nie maar mazk
Politieke koneksie bekend

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.