Munisipale beamptes aangekeer oor korrupsie

V.l.n.r. Masego Matsheka, Theron Shongwe en Thusi Kubheka (Foto verskaf deur die Valke)

Voormalige munisipale beamptes het Maandag in die Ermelo-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog, diefstal en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA).

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê die persone is deur die Valke se eenheid in Nelspruit, wat ernstige korrupsie ondersoek, in hegtenis geneem. Die beskuldigdes is die voormalige munisipale bestuurder Theron Zwelishe Shongwe (47), voormalige munisipale bestuurder Thusi Hezekiel Kubheka (65) en die voormalige gemeenskapsdiensbestuurder Masego Mmabatho Matsheka (51).

“Die persone word daarvan verdink dat hulle tussen 2014 en 2018 die PFMA oortree het deur eiendom van die munisipaliteit te verkoop en uit te ruil. Dit sluit die reservoir en waterpomp in wat veronderstel is om aan die basiese behoeftes van die gemeenskap te voldoen. Hulle het ook eiendomme van die munisipaliteit met ʼn hoër waarde uitgeruil vir eiendom van ʼn laer waarde tot voordeel van die privaat persoon, sonder dat die gemeenskap in ag geneem is.”

Die saak is in Maart 2020 by die Valke aangemeld vir ondersoek. “Tydens die ondersoek is onthul dat die korrekte aanskaffingsprosedures verontagsaam is en dat die eiendomme wat verkoop is, aan die munisipaliteit behoort tot voordeel van die gemeenskap.”

Die drie is vrygelaat op borgtog van R5 000 elk en die saak is tot 6 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

Die moontlikheid van nog inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Christine ·

Ja Elise, ek vra daai selfde vraag. Ek kan al die korrupsie nie meer vat nie. Ek kan nie verstaan hoekom daar sulke wesens is nie.

Di ·

Soos dit vir my lyk is die MEESTE wat in munisipaliteite werk SKELMS en KORRUP. Geen wonder al die munisipaliteite is BANKROT nie. Als danksy die korrupte Regering met al hulle KADER aanstellings.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis onverstaanvaar dat sulke mense aangestel word om met openbare geld te werk. Word psigometriese toetse en agtergrond ondersoeke nog gedoen?

Waarnemer ·

Hou hierdie name in gedagte…hulle is in 2024 ministers in die parlement want hulle het die toets geslaag….”hoe om korrup te wees”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.