Munisipale beamptes vas vir bedrog van R9,8 mil

Argieffoto: www.rabobank.com

ʼn Voormalige senior beampte van die Ga-Segonyana plaaslike munisipaliteit in die Noord-Kaap is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met bedrog van R9,8 miljoen.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê die 39-jarige beampte is die vierde verdagte wat in verband met die saak in hegtenis geneem is.

Volgens Nkwalase het die Valke ondersoek ingestel na bewerings van tenderbedrog by die munisipaliteit in September 2012. Daar word beweer dat die munisipaliteit ʼn tender aan ʼn maatskappy toegeken het wat ongeldige dokumente ingehandig het. Die maatskappy is gekontrakteer en het in maandelikse paaiemente oor ʼn tydperk van drie jaar altesaam R9,8 miljoen by die munisipaliteit ontvang.

Twee senior beamptes van die maatskappy is op aanklagte van bedrog in hegtenis geneem en verlede week is ʼn senior beampte van die Ga-Segonyana munisipaliteit ook vasgetrek. Die twee munisipale beamptes sal tereg staan op aanklagte van bedrog en oortreding van die munisipale finansiële bestuurswet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Aag Sies Tog ·

Dis darem maar verskriklik erg – en die vet een wat die hele land leeg steel word nie na gekyk nie. Die ANC is weer besig om die aandag van Zuma en se maatjies af weg te probeer lei. Hulle hoop seker dat sy foutjies saggies sal verdwyn.

Scalla ·

Sluit hul toe en gooi die sleutel weg, konfiskeer alle bates van die rowers.

Johann ·

Doen bloot NUMBA WHONE se voorbeeld na van vat en vergryp! GEEN gevolge…onaantasbaar.

Uvonka ·

Hulle sal heel waarskynlik lekker vet pakkette kry, dit is mos aan die order van die dag en later weer in hulle poste aangestel word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.