
Argieffoto
Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê besonderhede rondom die voorval is nog vaag. Volgens Zwane is die polisie na Helpmekaarweg ontbied waar Sinatra Khumalo, munisipale bestuurder van Ndaka, se liggaam in ʼn wit VW Kombi gevind is.
Volgens die polisie is Khumalo glo deur drie verdagtes aangeval in die Intshele-gebied naby Ladysmith terwyl hy Donderdagaand op pad huis toe was. Khumalo is in die kop en bolyf geskiet.
Die Ndaka-munisipaliteit is een van die land se armste munisipaliteite en val onder die uThukela-distriksmunisipaliteit. Die munisipaliteit is onder die beheer van ’n koalisie tussen die NFP en die ANC. Die burgemeester van die uThukela-distriksmunisipaliteit het sy skok oor die voorval uitgespreek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Sou hulle geweet het van die uiters belangrike rol wat ‘n munisipale bestuurder beklee in die SA van vandag ?
Hy het dalk weer iemand in sy party of koalisie se hok ‘ge-rattle’. Dis mos hoe hulle werk as iets hulle nie pas nie (onthou die 80’s?). Slegte gewoontes is maar swaar om af te leer!!!