Munisipale bestuurder steel glo miljoene

geld 4 kontant rand

(Argieffoto)

Die Demokratiese Alliansie (DA) eis dat die bestuurder van die Sedibeng-munisipaliteit in Gauteng onmiddellik geskors moet word, hangende die uitslag van sy hofsaak. Dit volg ná hy verlede Donderdag in hegtenis geneem is vir bedrog, diefstal en geldwassery. Stanley Khanyile word daarvan beskuldig dat hy R29 miljoen gesteel het terwyl hy die hoof van die departement van maatskaplike ontwikkeling in die Oos-Kaap was.

Kingsol Chabalala, die DA-kiesafdelingshoof vir Emfuleni-Noord, sê Khanyile en sy medepligtiges het verlede Vrydag in die King William’s Town-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn. Hy staan tereg op twee aanklagte van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur en twee aanklagte van bedrog.

Hy is op borgtog van R50 000 vrygelaat en sal na verwagting weer 16 Oktober in die hof verskyn.

Chabalala sê dit is kommerwekkend dat die Sedibeng-munisipaliteit (Vereeniging en Vanderbijlpark) Khanyile aangestel het terwyl hulle geweet het dat daar klagtes teen hom is.

Volgens Uhuru Moiloa, die voormalige Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, was die munisipaliteit bewus van die ondersoek teen Khanyile in 2002 toe hy by die Ekurhuleni-munisipaliteit betrokke was. Hulle is ook glo bewus van die aantygings van seksuele teistering teen hom toe hy in die Oos-Kaapse departemente van maatskaplike ontwikkeling en samewerkende regering en tradisionele sake werksaam was.

Moiloa het egter gesê dat die Sedibeng-munisipaliteit en Khanyile nie bewus was van die Valke se ondersoeke van bedrog en korrupsie teen hom nie.

Chabalala sê op grond van Moiloa se antwoorde op die DA se skriftelike vrae wat in 2018 in die Gautengse provinsiale wetgewer ter tafel gelê is, is dit duidelik dat die munisipaliteit nie behoorlik Khanyile se agtergrond nagegaan het nie, of dat hulle bewus was van hierdie ondersoeke en besluit het om hul kameraad te beskerm.

“Dit is kommerwekkend dat Khanyile daarin geslaag het om tussen verskillende munisipaliteite en provinsies wat deur die ANC beheer word, te beweeg ondanks al die ondersoeke en ernstige aantygings teen hom. Tog bly hy die voorkeurkandidaat vir top- senior posisies,” sê Chabalala. “Die aantygings teen Khanyile is ernstig en hy moet as bestuurder by hierdie munisipaliteit verwyder word, totdat al die aanklagte teen hom opgeklaar is.”

Die DA doen ʼn beroep op die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Lebogang Maile, om in te gryp en te sorg dat Khanyile geskors word hangende die uitslag van sy hofsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Androclus ·

Nou kan jy self van watter kamp is daardie munisipale bestuurder’ dis net van daardie kamp.

Kokerboom ·

Terwyl die ANC in die saal sit sal die patron NOOIT verander. Dis wat die die belastingbetaler daaromtrent gaan doen wat die verskil gaan maak!

Moedeloos ·

Geskors word sal beteken met volle vergoeding totdat hy skuldig bevind word, so hy verloor niks.

Ronel ·

Kroonstad se MM staar verskeie aanklagte in die gesig. Oa ook bedrog en diefstel en ek weet nie wat nog alles nie. Die munisipaliteit raadslede het ingestem dat hy nogsteeds sy volle salaris mag ontvang. Lekker ne

Genis ·

Cyril eish your people man? Dis mos maar die Government Salute, oop handjie agter die rug…

Suzette ·

Ek dink in meeste munisipaliteite gaan dit so… Mangaung is in sy maai.

Sarel ·

Dit is moschoe dit wetk. Hoe groter jou korrupsie hoe groter die bevordering. Die ou is volgende jaar in die Parlement

Adeline ·

Die voos vrot cANCer wat hierdie land regeer is bokant die wet – NIEMAND in die land kan hulle aanvat of regstel wat hulle verwoes nie PUNT

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.