Munisipale bestuurder vas oor bedrog van R100 miljoen

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

ʼn 39-jarige man is vandeesweek in Germiston in hegtenis geneem deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) oor bedrog en diefstal ter waarde van sowat R100 miljoen.

“Tshepo Pule Malekana het na bewering tussen 2017 en 2019 vakante grond van die Lesedi-munisipaliteit [Heidelberg, Devon in Gauteng] vir kontant aan voornemende kopers verkoop sonder die stadsraad se toestemming,” het kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, gesê. Malekana was in daardie stadium die ontwikkelings- en beplanningsbestuurder van die munisipaliteit.

“Verdere ondersoek het onthul dat hy die munisipale bestuurder se handtekening vervals en magtiging aan verskillende prokureurs in Gauteng gegee het om die aankope te fasiliteer.”

Malekana het homself Woensdag by die Valke se kantoor in Germiston oorgegee, vergesel deur sy prokureur. Hy is daarna aangekla van bedrog en diefstal.

Hy het in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op dieselfde dag as wat hy in hegtenis geneem is. Hy is vrygelaat op borgtog van R3 000 en die saak is tot 11 Mei 2021 uitgestel. Verdere inhegtenisnemings kan moontlik volg, het Mulamu bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sarel ·

Hoekom hy homself oorgegee en waar is die geld. Wat is die storie ou gee hom.nie sommer self oor nie. Vrees hy vir sy lewe buite dir gevangenis

Aikie ·

Jup! Ek dink die selle ding. 100 miljoen verdwyn tussen neus en ore, maar hy kry R3000 borgtog. WAAR IS DIE GELD HEEN? Klink na net so ‘n mossienes as die VBS gemors.

Dries ·

Daar is net bie einde aan hierdie korrupsie nie. Dit word net erger en erger.

Kokerboom ·

Absolute grap! Borg van net R3000 vir R100mil bedrog!!!Ons land is gedoem met die nuwe(ou) regime as sogenaamde bestuurders!

SomeOne ·

maar “Stumke kry ” ʼn vonnis van direkte tronkstraf”, so wat nou ?

Aikie ·

Destyds toe ek in die weermag was, moes ons so nou en dan kombuisdiens doen. Toe het ons Sammajoor vir ons gesê: “As jy in die kombuis werk en jy help jouself nie, is dit jou eie skuld.”
Dit smaak my die hele ANC en sy kaders doen almal kombuisdiens.

Bella ·

Hy sal seker die hele tyd sy salaris ontvang, en dalk oor so 15 jaar van nou af n waarskuwing kry, met n opgeskorte vonnis en n vingerswaai in sy gesig om te sê: Boetie, moet nou nie weer nie. Ons weet jy het nie geweet dis nie reg nie. 6.6 milj = 6jaar tronkstraf. So die ekwivalente straf vir hom sal wees omtrent 90 jaar. Ons sal dit nooit sien nie.

marius ·

Daar is miljoene wat dit elke dag doen , en hulle voel vere , want hulle sal niks oorkom nie .

Niné ·

Die biljoene syfer deur die staat se vingers sonder enige swaar strawwe terwyl die mense kripeer. Stem weer ANC julle klomp my peoples verdien waarvoor julle stem.

Cherokee ·

Dink net hoeveel keer kan jy jou kar se tenk vol petrol maak met R100 miljoen..!

daniel ·

Met hoeveel ander het hy gedeel?. Die deler is net So skuldig as die steler. Die diefstal gaan maar net aan en aan, en niemand beland ooit in die tronk nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.