Munisipale bestuurder vermoor

Foto: Viva Security

Foto: Viva Security

Die polisie in KwaZulu-Natal het ʼn taakspan op die been gebring na die moord op die munisipale bestuurder van Richmond.

Twee gewapende mans het Edward Sibusiso Sithole (39) omstreeks 9:00 Maandagoggend in Victoriastraat doodgeskiet. Die twee mans het hierna in ʼn motor op die vlug geslaan.

Volgens lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het die waarnemende provinsiale polisiekommissaris opdrag gegee om ʼn taakspan aan te stel om die moord op Sithole te ondersoek.

Lennox Mabaso, woordvoerder van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake, sê Sithole is na ʼn toetsstasie ontbied voor die moord. “Die besonderhede van die moord is steeds vaag, maar sy moordenaars het hulle na bewering as polisiebeamptes voorgedoen en hom van die pad af getrek.”

Sithole het die afgelope vyf jaar vir die munisipaliteit gewerk. Hy sou volgens berigte op 13 Maart oorgeneem het as munisipale bestuurder van die uMngeni-munisipaliteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

AL ·

Genoeg is genoeg! SA is niks anders as in n greep van rampokkery deur goeie mense te vermoor!
Wit, bruin, swart, Indier moet saamstaan om hierdie boosheid in die land vas te vat en uit te roei!
As ons dit nie doen nie, gaan ons ons land weggee aan die goddelose!
Dankie vir al die drukgroepe en Afriforum en Solidariteit wat met die moed van leeu die daaglikse stryd aanpak vir geregtigheid!

Jacques ·

Wat van ‘n taakspan om plaas moorde te ondersoek?……. Vra maar net.

AL ·

Die een munisipale bestuurder se sulke moorde word gewoonlik nie opgelos. Die ‘taakspan’ is seker net om wol oor mense se oë te trek.
Die vermoorde het korrupsie nie verdra nie, hy het seker n byenes oopgekrap!

Gerald ·

Stem absoluut met jou saam,’n taakspan word saamgestel,hoekom nie vir plaasmoorde ook nie? Hierdie was hoofnuus op Kyknet,die jong plaasboer wat amper vermoor is word as onderskrif aangetoon

Annie ·

Taakspan vir 1 mens … maar geen taakspan vir duisende ander …. wonder hoekom??????????

snoefie ·

Lt. kom. thulani zwane, is jy ernstig? n TAAKSPAN vir een vermoorde anc lid, maar nie eers n debat oir die talle vermoorde boere nie. hoe rym dit?

Marius ·

Ondersoek maar die huidige munisipale bestuurder… Hy het moontlik iets om weg te steek,

Scalla ·

Marius, of dalk het hy op iets afgekom wat die ander weggesteek het.

Ouma B ·

Ek glo dit eenvoudig nie! taakspanne om EEN swartman maar GEEN problem as dit ‘n boer of weerlose ouers en kinders doodgemaak word nie? Is ons BLANKES blind? draai ons die kop weg? WIL ons dit ignoreer? is ons vertraag of wat? Nee, ons is seker maar bang.

Cassie Carstens ·

‘n Taakspan word bymekaar geroep as ‘n munisipale bestuurder vermoor word, maar as boere vermoor word gebeur daar niks. Tien teen een sal die munisipale bestuurder nog ‘n staatsbegrafnis kry. Verstaan my reg, die man het ook ‘n reg op lewe, maar waarom werk die polisie nie met dieselfde ywer as ‘n boer vermoor word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.