Munisipale bestuurders moet sê oor oudits

Mkhuleko Hlenga, voorsitter van Skoor (Foto: Chantall Presence/ANA)

Die parlement se waghond oor openbare rekening het Dinsdag beslis dat rekenkundige beamptes van munisipaliteite, wat herhaaldelik negatiewe ouditbevindings teen hulle het, aan die parlement moet kom rekenskap gee oor finansiële wanbestuur, korrupsie en ander ongerymdhede.

Beamptes van die ouditeur-generaal se kantoor het terugvoer gegee aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) oor die agteruitgang van oudituitslae waar slegs 18 van die 257 munisipaliteite skoon oudits ontvang het.

“Ons het met ʼn proses begin waar 17 munisipaliteite, wat meer as drie jaar al negatiewe bevindings gehad het, geprioritiseer sal word vir die verhore sodat hulle rekenskap kan kom gee hoekom dié munisipaliteite in so groot gemors is,” het Mkhuleko Hlengwa, voorsitter van Skoor, aan die African News Agency gesê.

“Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake sal voor ons moet kom verskyn en die omvang verduidelik van hul ingryping en ons moet verstaan of dié ingryping die nodige uitslag lewer.”

LP’s het gehoor dat 12 van die munisipaliteite wat skoon oudits ontvang het, in die Wes-Kaap geleë is. Twee is in die Oos-Kaap geleë en een elk in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Noord-Kaap en Mpumalanga. Nie een munisipaliteit in die Vrystaat, Limpopo of Noordwes het ʼn skoon oudit ontvang nie.

Die persentasie van munisipaliteite met bevindings teen hulle vir nienakoming van bestuursbeleide, het van 72 tot 82 toegeneem.

Onreëlmatige uitgawes bly ʼn multimiljard rand se probleem en alhoewel ʼn effense afname (van R29,7 miljard tot R25,5 miljard) aangemeld is, het Makwetu gesê dié prentjie moet verander.

Hlengwa het gesê die ouditeur-generaal moet nie huiwer wanneer hy sy mag uitoefen nie, ná wysigings aan die Wet op Openbare Oudit aangebring is, om op te tree teen diegene wat steeds aanbevelings deur die ouditeur-generaal ignoreer. Kragtens die wysigings is ʼn aanbeveling deur die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, dat ʼn onreëlmatigheid reggestel moet word, bindend en ʼn sperdatum vir implementering moet bepaal word. As geen stappe gedoen word nie, kan Makwetu ʼn sertifikaat van skuld uitreik in die naam van die munisipale raad of bestuurder om die betrokke geld terug te betaal.

LP’s is besorg oor die toename in dreigemente en intimidasie tydens munisipale oudits. ʼn Beampte van die ouditeur-generaal se kantoor is verlede jaar geskiet tydens ʼn ondersoek oor die Emfuleni-munisipaliteit in Vanderbijlpark. Die ouditeur-generaal is gedwing om sy personeel te onttrek en die oudit elders te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Martie ·

Dit is hoogtyd ons in Bethal,Goven Mbeki Munisipaliteit moet ook ondersoek word ons sit alweer drie weke sonder water maar betaal moet ons betaal hulle het glo nie Rand Water Raad betaal nie net soos Eskom se grot rekening wat ook nie betaal word nie gaan ons nog sonder krag ook sit al het ons vooraf reeds ons krag gekoop.Maar basiese dienste bestaan nie meer nie ons paaie is onbegaanbaar en gron/klip paaie niks word reg gemaak nie en ons voer n velore stryd hulle beantwoord nie eers ons oproep sentrum nie en die meeste probleme begin op n Vrydag want die klomp wil net oortyd werk en le mos onder bome en slaap in die week .

Karlahari ·

Ladybrand alias Mantsopa skuld Eksdom R162 miljoen….
Feitlik geen onderhoud aan infrastruktuur
Die dinges is behoorlik in die drinkwater.
Sal graag ons burgemeester saam met mislikepale bestuurder op die rooi tapyt sien voor hulle oranje jassies kry om sypaadjie te vee….

Wonder net ·

Ja en Wat Dan?
As almal nou weet waarop en hoekom die geld uitgegee is Wat Dan?
Niemand gaan 1c terugbetaal nie. Sommiges gaan ‘n goue handdruk kry en vervang word met die volgende onbevoegde persoon.
Al die ondersoeke skep net werk vir meer kaders maar niks word beter bestuur nie

George in Bloem ·

18 out of 257? Sounds like a real good ANC passing grade. Well done comrades,very well done!!!!Viva!!!

Vlakvark ·

‘n Nasionale skande! Wat het geword van selfrespek en geregtigheid? Dreigemente en intimidasie by munisipale oudits – klink soos go-nogo areas in die nuwe “National Democratic Society”. Teken van vrotsige politieke leierskap.

Pieter ·

Gaan kyk na die karre wat hulle ry gaan kyk na die huise wat hulle in bly en al wat n tjommie is kry werk al weet hulle niks dan praat ons nie van die oom en tannies en broers en susters nie die land is n grap

Kobus ·

Dit gaan al vir jare so en niks gebeur nie. Word iemand vervolg by ‘n Munisipaliteit eindig hy/sy op in die Provinsiale Parlement. So wat is anders behalwe volgende jaar se verkiesing?

Gert Midstream ·

Waarom nie gelyke verteenwoordiging van politieke partye in stadsraadsake nie. Dit sal meer deursigtige bestuur en beplanning meebring. Beperkende alleen besluitneming word dus met deursigtigheid en kwaliteit vervang.

Carl Jordaan ·

Oorwegend ANC beheerde rade. Dit is waarvoor mense gestem het, baie van die kiesers, wat waarskynlik baie min tot die koffers bydra, mense wat bande brand en protestogte het oor swak dienslewering. Arrogante amptenare wat dink dat die publiek daar is om te melk sodat hulle n blink lewe kan hê, wat nie die werk kan of wil doen nie, want daar is na hulle vergoeding, niks meer oor om mee te werk nie. Vir sommige, is Suid Afrika, n wonderlike land.

A Mac ·

Hoekom nou eers wakker skrik en vra vir antwoorde? Ons weet mos nou al vir jare hoe dit gaan in ons munisipaliteite. Maar ek dink hierdie is ook maar nou net weet iets wat gesê en gevra word maar nooit tot uitvoering gebring gaan word nie.

Gatvol verby ·

Delmas jou lekker ding … wat n grap om so n munisipaliteit geld te betaal en Dan word rekenings nie eers betaal . Nou sit ons in Sundra. , Eloff al meer as 55 dae sonder water .. Ek kan net dankie sé ons betaal Eskom direk Anders was dit ook af gesit …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.