Munisipale dienste in Klerksdorp tot stilstand gebring

Munisipale dienste in Klerksdorp is van Dinsdag gestaak (Foto: Verskaf)

Die Matlosana-munisipaliteit in Noordwes se munisipale dienste het Dinsdag tot ʼn stilstand gekom nadat ontevrede lede van die gemeenskap gedreig het om die munisipale geboue af te brand. Daar heers groot ongelukkigheid onder die gemeenskap oor dié munisipaliteit se swak dienslewering.

Die Matlosana-munisipaliteit bedien Klerksdorp, Stilfontein, Hartbeesfontein en Orkney.

Lourens Cromhout, DA-raadslid belas met die portefeulje openbare veiligheid in dié munisipaliteit, sê vyf afgevaardigdes van die breë Klerksdorp-gemeenskap het Maandag net ná 08:00 by die lisensiekantoor in Klerksdorp ingebars en daarop aangedring dat bedrywighede dadelik gestaak moet word. Lisensiekantore in aangrensende dorpe is ook intussen gesluit.

“Hierdie mans het ʼn vergadering met Sheya Muntu, assistent-direkteur van die munisipaliteit se lisensie-afdeling, geëis waarin hulle sekere eise gestel het. Muntu het na afloop van die vergadering die personeel opdrag gegee om hul kantore te ontruim,” sê Cromhout.

Die meeste van die munisipale personeel het sedert gistermiddag vir hul eie veiligheid stadigaan die perseel begin verlaat. Alle munisipale dienste is gevolglik gestaak.

Volgens Cromhout versuim die munisipaliteit al vir ʼn wyle om basiese dienste te lewer. Inwoners is ook al raadop oor die toestand van paaie op die dorp wat heeltemal onbegaanbaar is en slaggate wat nie reggemaak word nie.

“Die DA en die munisipale personeel se onderskeie vakbonde sal saam met die munisipale bestuur moet sit om te bespreek hoe dienslewering verbeter kan word. As daar nie vinnig ʼn oplossing gevind word nie gaan die dienslewering heeltemal in duie stort.”

Die munisipalewerkersvakbond Samwu en die Onafhanklike Munisipale en Verwante Vakbond (Imatu) gaan Woensdag met die munisipale bestuurder, Rodger Nkumise, vergader om munisipale werkers se veiligheid te bespreek.

“Volgens die vakbonde kan personeel eenvoudig nie hul werk hervat as hul veiligheid nie gewaarborg word nie.”

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is bewus van ʼn paar voorvalle waarin mense in ʼn kombi in die Klerksdorp-omgewing rondbeweeg en dienste in verskeie munisipale geboue ontwrig het.

“Hierdie groep mense het na bewering selfs geld op sommige plekke geëis,” sê Mokgwabone.

ʼn Saak van afpersing is aanhangig gemaak, maar nog niemand is in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Aai ·

Sodra daar ‘n nedersetting naby die dorp kom dan trek almal wat vir dienste betaal en hulle betaal nie vir dienste dan raak dit soos dit nou is.

Jessey ·

Kan nie verstaan hoekom hulle die moeite wil doen om die veiligheid bd werk te verseker nie. Die mense klink my doen in elke geval nie hulle werk nie, so stuur hulle huistoe dan hoef die belastingbetaler nie nog geldvir privaat sekuriteit uit te haal nie.

Mens kan nie kla oor diens as daar geen diens is nie

Dries ·

Die strate in elke dorp , wat deur die ANCer beheer word, lyk maar so.

Dup ·

As dit nie so ernstig was nie sou ek my gedaan gelag het.Dieselfde mense wie die munisipale werkers aangestel en INGESTEM het,jaag nou almal huistoe omrede hulle nie hulle werk doen.Gebrek aan voldoende dienslewering kom al lank aan en swak of geen instandhouding gebeur al vir jare.Niks gaan verbeter nie en met die volgende verkiesings gaan daar weer onbekwame en lui werkers aangestel word.I rest my case.

Stefan ·

Mense asseblief, ek verstaan jul frustrasies maar geboue afbrand gaan niks help nie.
Kry eerder ‘n hofbevel om jul munisipale rekeninge in ‘n trustrekening te betaal en onderhou daaruit die dienste soos paaie, vullis, krag en water.
Die wet behoord te verander sodat huidige wanfunksionele munisipaliteite soos wat Estates bedryf word.

Fritz ·

Stem saam. Los munisipale geboue uit. Brand die burgemeester se huis af. Soos wat in Koster gebeur het.

J P ·

Die mense wat wil afbrand lees nie Maroela media nie. Dit is nie in hulle taal nie.

Willem ·

Ek hoop daai vet salarisse is ook gestop terwyl hul by huis sit

Mrs H ·

Wonder of dit beter sal gaan as alle munisipale en dorps name wat verander was, na oorspronklike name terug keer lol, want dis al wat hulle kon doen en natuurlik betaling ontvang het, ten spyte van werklike probleme daar buite wat aandag moes kry. Teer paaie het terug gekeer na grond paaie, die verskil is net dat oorspronklike grondpaaie nog donkie karre kon hanteer….

Flip ·

Gelukkig is die name verander en kan die “vrot” met die nuwe naam vereenselwig woord….

Cheryl ·

Ek bly in ‘n DA beheerde dorp in die Wes Kaap en hier gaan dit nie veel beter nie. Probeer al sedert Des verlede jr om my motorlisensie te hernu. Eft betaling die lot. Nog geen lisensie nie. Sad but true.

MVH ·

Gaan dieselfde in Rustenburg en omliggende areas,veral Kroondal…

Chrisp ·

Klerksdorp kan nou die meer gepaste naam fwdeklerksdorp gebruik dan sal alles inpas en sin maak.

msp ·

My hele lewe deur het ek vir munisipaleteite gewerk, op die ou einde is ek uitgewerk. Nooit was dinge so sleg nie.

Elize ·

Hier in Pretoria gaan dit beslis nie beter nie. Die gate word net groter

Jakes ·

Die situasie in Klerksdorp en omliggende dorpe is presies hoe dit in meeste ander dorpe in SA gaan. Onbevoegdheid op alle vlakke is die oorsaak van alles en mense moet besef dat SA veragter het in n derdewereld land sedert 1994. Glo my, dit sal eerder erger word as beter.

Jan ·

Ek weet nie hoekom hulle nog sukkel nie Neem die stadsrade oor soos op Koster en Swartruggens. Probleme opgelos. Dit help nie om die plek af te brand nie. Bou dit eerder op.

J P ·

Mense wat dreig met afbrand lees nie Maroela nie Jan, hulle stel ook nie daarin belang om die werk self te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.