Munisipale hoë wou eggenoot glo laat vermoor

(Argieffoto)

ʼn 49-jarige vrou is Donderdag by haar huis in Polokwane (Pietersburg) in hegtenis geneem nadat sy glo drie mans gehuur het om haar man te vermoor. Die man is glo ʼn bekende sakeman in die omgewing. Die verdagte is ʼn maatskappysekretaris van Gateway Airport Company Limited, ʼn regeringsentiteit wat alle openbare lughawes in Limpopo bestuur.

Die egpaar het na bewering huweliksprobleme gehad en was op die punt om te skei.

Die vrou, ʼn voormalige senior bestuurder by die Capricorn-distriksmunisipaliteit in Limpopo, het glo drie huurmoordenaars gekry om haar man te vermoor in ruil vir R50 000.

Die Valke het van dié sameswering te hore gekom en die vrou vasgetrek. Dié vinnige optrede het verhoed dat die vrou in haar plan kon slaag.

Die vrou sal eersdaags haar eerste verskyning in Polokwane-landdroshof maak. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.