Munisipale kantoor in Richmond afgebrand

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting nadat die munisipale bestuurder se kantoor vroeg Maandagoggend in Richmond, KwaZulu-Natal afgebrand het.

“Onbekende persone het die kantoor en gedenksaal aan die brand gesteek,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Daar was twee petrolbomme op die toneel.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die motief vir die brandstigting is nie bekend nie.

Nomusa Dube-Ncube, LUR vir die provinsiale departement van samewerkende regering, het die brandstigting veroordeel. “Dit is ʼn hopelose poging om die beeld van die munisipaliteit skade te berokken,” het sy gesê.

Die ANC in die provinsie het ook die misdaad veroordeel en die polisie versoek om intensief ondersoek in te stel. Provinsiale sekretaris Sihle Zikalala het in ʼn verklaring gesê die bestuur sal hul bes probeer om te verseker dat dienslewering nie deur die brand geraak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.