Munisipale kantoor ‘moedswillig beskadig’

Foto verskaf deur Stad Kaapstad

Die Stad Kaapstad se munisipale kantoor in Macassar is deur inwoners van ʼn informele nedersetting aan die brand gesteek.

Stuart Diamond, burgemeesterskomiteelid vir bates en fasiliteitebestuur, het gesê dit is die tweede ronde betogings by dié kantoor die afgelope ses maande. Die eerste voorval het op 30 April 2018 plaasgevind.

“Die groep het die veiligheidswagte oorval en die perseel onwettig betree. Hulle het petrol oor buitebande uitgegooi en dit in die gebou aan die brand gesteek,” het Diamond verduidelik. “Tydens die vorige betoging is ʼn gedeelte van die gebou beskadig. Die deel van die gebou wat verlede keer nie beskadig is nie, is egter gister só beskadig dat dit die fasiliteit onbruikbaar gelaat het.”

Volgens die veiligheidswagte, wat getraumatiseerd is ná die voorval, was die mans op soek na die plaaslike wyksraadslid.

“Die moedswillige verwoesting van die stad se bates het nou die norm geword en ons veroordeel die aanval ten sterkste. Die Macassar- munisipale kantoor bied ʼn noodsaaklike diens, veral aan die weerlose inwoners wat nou ander munisipale kantore sal moet besoek en sodoende onnodig uitgawes moet aangaan. Niemand trek voordeel uit dié verwoesting nie. Dis moontlik die familie en vriende van dieselfde groep mans wat nou verder benadeel word weens die moedswillige optrede.”

Diamond het gesê die veiligheidswagte is nie beseer nie.

Die betoging hou vermoedelik verband met behuisingsgeleenthede. “Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om na vore te kom as hulle weet wie verantwoordelik was vir die verwoesting van die gebou. Die misdadigers kan anoniem gerapporteer word by plaaslike polisiestasies of enige wetstoepassingskantoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

James ·

Daar sy saak is af gehandel. Is mos nou ten sterkte veroordeel. Of as daar betogings is, die polisie hou die situasie dop.

Nee wat. Wat af gebrand is is nou verby en julle verloor daardie diens. As daar nie gevolge is nie dan sal alles afgebrand word en niks oor bly soos in 1852. O ja skies dit is mos die missie…

Frikkie Geld en huis ·

Al hierdie huidige verwoesting is reeds in 1914 voorspel.

Dries ·

Wat ookal julle (lees inwoners) se probleem was, het julle met hierdie optrede, dit net vererger. Voor hierdie optrede kon geld dalk vir julle probleem bewillig word, maar nou moet geld eers aangewend word om di kantore weer werkbaar te kry.
Verloor verloor situasie…

Spite ·

Onkostes sal aangegaan moet word om dit wat hulle beskadig het te vervang en dit kos geld! Geld wat moontlik gebruik kon geword het vir hierdie mense se behuisings issues. Ook maar lekker dom. Spite your nose, spite your face.

GM ·

As dit nie so hartseer was nie, sou ek nou kon sit en lekkerkry omdat die mense, wat so sterk voel dat als GRATIS uitgedeel moet word aan sekere groepe, weereens gewys word dat sulke idees nooit sal kan werk nie. Daar gaan ‘n stadium kom waar die hardwerkende mense beter af sal wees as hul ook maar net by die huis sit en glad nie werk nie. Salarisverhogings is by baie plekke’n mite, maar die uitgawes raak net meer en meer soos mens vir die ‘armes’ moet sorg, en hulle brand net af.

Nita ·

Nee wragtig, daar moet nou wet en orde in die land kom. Dis chaos. Hierdie soort optredes is blatante terrorisme. Hierdie terroriste moet in hegtenis geneem word en sonder verhoor aangehou word vir ten minste 6 maande. Wat te erg is, is te erg.

Kringloop ·

Nita, ek stem saam. Ongelukkig raak ‘n mens in ‘n mate gewoond daaraan, want daar is nou so baie van hierdie insidente. Die regering doen ook absoluut NIKS daaraan nie. Solank as wat hierdie misdadigers daarmee wegkom, so lank sal hulle dit bly doen. Dis ‘n bose kringloop.

Ben ·

Wat maak die tyre daar en die brandblusser hang daar onaangeroer. Dit laat n mens dink?

Zelda ·

Sjoe hul was seker baie kwaad. Ek kan nie my geld so mors nie…. petrol is duur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.