Munisipale oudits: Hier is die bestes en swakstes

Kimi Makwetu, ouditeur-generaal. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, het gister die beste en swakste munisipaliteite in die land, uit ʼn oudit-oogpunt, bekend gemaak.

Wat die oudits wys, is dat grootte en ekonomiese basis geen verskil maak as dit by skoon bestuur of geldmors kom nie. Van die swakste uitslae is deur groot, welvarende munisipaliteite behaal, terwyl ʼn paar arm, plattelandse stadsrade helder ligte in ʼn donker verslag was.

Makwetu het die 33 munisipaliteite wat volkome skoon oudits gekry het aangekondig, asook die grootste vermorsers.

Dié munisipaliteite het skoon oudits gekry (alfabeties):

Bergrivier (Piketberg, Wes-Kaap)
Breedevallei (Worcester, Wes-Kaap)
Cederberg (Citrusdal, Wes-Kaap)
Drakenstein (Paarl, Wes-Kaap)
Ehlanzeni-distrik (Nelspruit, Mpumalanga)
George (George, Wes-Kaap)
Hessequa (Riversdal, Wes-Kaap)
Ingquza Hill (Flagstaff, Oos-Kaap)
Kaap Agulhas (Bredasdorp, Wes-Kaap)
Kaap Wynland-distrik (Worcester, Wes-Kaap)
Langeberg (Robertson, Wes-Kaap)
Matzikama (Vredendal, Wes-Kaap)
Midvaal (Meyerton, Gauteng)
Mosselbaai (Mosselbaai, Wes-Kaap)
Nkangala-distrik (Middelburg, Mpumalanga)
Okhahlamba (Bergville, KwaZulu-Natal)
Overberg-distriksraad (Bredasdorp, Wes-Kaap)
Overstrand (Hermanus, Wes-Kaap)
Prins Albert (Prins Albert, Wes-Kaap)
Ray Nkonyeni (Port Shepstone, KwaZulu-Natal)
Saldanhabaai (Vredenburg, Wes-Kaap)
Senqu (Barkly-Oos, Oos-Kaap)
Stellenbosch (Stellenbosch, Wes-Kaap)
Swartland (Malmesbury, Wes-Kaap)
Swellendam (Swellendam, Wes-Kaap)
Theewaterskloof (Caledon, Wes-Kaap)
Umhlabuyalingana (Emangusi, KwaZulu-Natal)
Umhlathuze (Richardsbaai, KwaZulu-Natal)
Umuziwabantu (Harding, KwaZulu-Natal)
Umzumbe (Hibberdene, KwaZulu-Natal)
Witzenberg (Ceres, Wes-Kaap)
Weskus-distriksraad (Moorreesburg, Wes-Kaap)
ZF Mgcawu-distrik (Upington, Noord-Kaap)

Dié munisipaliteit het die swakste gevaar met betrekking tot ongeoorloofde uitgawes:

  1. Matjhabeng (Welkom, Vrystaat)
  2. Mangaung (Bloemfontein, Vrystaat)
  3. Tshwane (Pretoria, Gauteng)
  4. Emfuleni (Vereeniging, Gauteng)
  5. Johannesburg (Johannesburg, Gauteng)
  6. Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth, Oos-Kaap)
  7. Umsunduzi (Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal)
  8. Vhembe-distrik (Thohoyandou, Limpopo)
  9. Gamagara (Kathu, Noord-Kaap)
  10. Enoch Mgijima (Queenstown, Oos-Kaap)

 

Dié munisipaliteite het die swakste gevaar met betrekking tot onregmatige besteding:

  1. Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth, Oos-Kaap)
  2. OR Tambo-distrik (Umtata, Oos-Kaap)
  3. Tshwane (Pretoria, Gauteng)
  4. Rustenburg (Rustenburg, Noordwes)
  5. Ngaka Modiri Molema-distrik (Mahikeng, Noordwes)
  6. Johannesburg (Johannesburg, Gauteng)
  7. Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng)
  8. Buffalo City (Oos-Londen, Oos-Kaap)
  9. Madibeng (Brits, Noordwes)
  10. Moretele (Makapanstad, Noordwes)

Dié munisipaliteite het die swakste gevaar met betrekking tot vrugtelose besteding en vermorsing:

  1. Matjhabeng (Welkom, Vrystaat)
  2. Mopani-distrik (Giyani, Limpopo)
  3. Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth, Oos-Kaap)
  4. Emalahleni (Witbank, Mpumalanga)
  5. Emfuleni (Vereeniging, Gauteng)
  6. Rand West City (Randfontein, Gauteng)
  7. Lekwa (Standerton, Mpumalanga)
  8. Tshwane (Pretoria, Gauteng)
  9. Msukaligwa (Ermelo, Mpumalanga)
  10. Ditsobotla (Lichtenburg, Noordwes)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

jaco ·

Waarom is 3 metrorade waar die DA in beheer is, ook op die lys van “oortreders”? 1. Is die DA toe nou nie so skoon soos wat hulle altyd voorgee nie?
2. Of word dié DA-rade van binne af steeds “gemelk” oor die DA nie van regstellende aksie aangestelde amptenare wat amper almal COSATU en ANC is, ontslae kan raak nie?
3 Of is dit opgemaakte syfers nét om hierdie rade onder administrasie te plaas en sodoende by die ANC af te vat?

LB S ·

Jaco, maak tog jou oë oop en sien dat die Wes-Kaap by verre die beste regeer word. DA bo!

Careltjie ·

Defnitief is Mangaung een van die slegstes. Alle geld word in funksies in gepomp.

Johann ·

Wat my om boul is die feit dat dit nie die eerste verslag van die aard is nie? En steeds verkindig die ANC sukses op sukses? Met swak tot min tot geen dienslewering, jaar na jaar, hoe is dit moontlik dat “the people” steeds en aanhoudend dieaelfds anargiste en magsvergrypers instem?

ek sê maar ·

Steeds is meeste van die met skoon oudits onder DA beheer. Party hier is darem alte vinnig om die wat swak vaar raak te sien (wat onder DA is) – nie dat dit te verskoon is nie ,maar ja, as ons die DA kan aanval dan doen is dit ne! Ek is seker minstens gaan hulle probeer om die onderpresteerders vas te vat wat mens nou van geen ander party kan sê nie.

Hendrik ·

Hierdie oudit rassisme, gedryf deur westerse standaarde moet nou einde kry. Daar moet proporsionele verteenwoordiging wees na aanleiding van of die munisipaliteite deur die ANC, DA of ander partye bestuur word. Die proporsies moet korrek wees vir beste en slegte munisipaliteite. Sulke blatante rekenkundige rassisme wat nie Afrika-waardes respekteer nie moet uitgeroei word! Lank lewe die rewolusie!

Cherokee ·

Was nou nuuskierig oor waar ons munisipaliteit, een van die grootstes in die land, inpas, maar die naam is nie eens daar nie. Dit beteken seker iets soos ‘n aanvaarbare gemiddeld, of so iets.

Dirk ·

Jaco , het jy al gedink in watter gemors die mun was en gelaat is toe die DA oorneem. Die publidk behoort die ANC te kan dagvaar vir die gemors. Die ANC stap bloot weg. Plaaslike regering gaan oor alle mense en moet nie polities bedryf word nie
Gaan lees die boek “How to steal a city”

RH ·

Kyk. Ek lag nou want ons Muni isi eens geNOEM nie!!! Ek sit met oudit verslag wat maart gedoen is op verlede fin.jaar en die syfers is skrikwekend en dit vir maar NET een Muni! Ons praat miljaarde in een fin.jaar wat geen bewyse kan gevind word deur die AG agv geen werkende stelsels in plek! Wat word van die MB? FAO? Niks dusver! Suspension en weer aanstelling!!! Dis wat hier in Kai !Garib gebeur!

bgj van der westhuizen ·

en so kom die veslag jaa na jaa en elke jaa gaan dit mas net voort soos hulle mos en nis wod gedeon om einde aan die vemosing te doen nie wand die mense wat vi hulle stem weet niehoe daa gemos wod nie wand vir wod net vertel dit is de wit mense wat maak dat hulle swaar ky

Dana du Plessis ·

Jul lys is nie volledig nie en jul inligting verkeerd. 33 Munisipaliteite in die Wes Kaap het skoon oudits. Swellendam is uitgelaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.