Munisipale skuld skuif verby R9 miljard-merk

Dr. Zweli Mkhize. Foto: Elmond Jiyane

Munisipale skuld in Suid-Afrika staan nou op R9,6 miljard, en dit neem vinnig toe, het dr. Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering, in die parlement aangekondig.

Die antwoord is verskaf op ʼn skriftelike vraag deur Xolani Ngwezi, IVP-LP.

Volgens Mkhize is dit ʼn toename van meer as 50% op die syfer van R6,3 miljard wat munisipaliteite twee jaar gelede geskuld het.

Verskeie redes is volgens Mkhize hiervoor verantwoordelik. Onder meer hoop rente só op dat munisipaliteite nie kan voorkom om skuld te delg nie. Munisipaliteite win ook te min geld van inwoners in om koste te verhaal, en baie munisipaliteite se inkomstebasis maak hulle finansieel onvolhoubaar.

Geld wat deur die staat aan munisipaliteite geskuld word, is ʼn groot bydraende faktor, terwyl sommige munisipaliteite weens gebrekkige kundigheid foutiewe of ongeldige rekeninge uitstuur. Die staat het reeds ingegryp deur vereenvoudigde rekeningstelsels in sukkelende munisipaliteite in werking te stel, terwyl doeltreffende munisipaliteite binne ʼn provinsie die ondoeltreffende munisipaliteite bystaan.

Die nasionale departement van openbare werke verskaf ondersteunende kundigheid terwyl daar ook ʼn forum vir munisipale hoofbeamptes is wat deur die nasionale tesourie gemonitor word.

Munisipaliteite ondervind egter omvattende probleme soos dat hulle sukkel met konsolidasie van skuld deur die staat, foutiewe of ongeldige rekeninge uitstuur, soos om dit nie betyds te doen nie of dit aan die verkeerde adres te stuur, dat die munisipaliteite verkeerd begroot en dat staatsdepartemente verkeerd begroot deur byvoorbeeld nie eiendomsbelasting in te reken nie.

Die aanbevelings van die regering aan munisipaliteite sluit in om voorafbetaalde meters te laat installeer, dat die staat die betaling van munisipale rekeninge as prioriteit moet stel, dat munisipaliteite strenger moet wees met skuldinvordering én behoorlike kredietbeheer ingestel moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ray ·

Mmmmmmm…. Gebrekkige kundigheid, is dit ‘n erkenning wat ek hoor

Johan ·

Ek het baie simpatie en empatie vir mense wat regtig nie munisipale dienste kan bekostig nie. Maar van die nie-betalers kan gedeeltelik of alles betaal. En hierdie klomp is die dinges in die drink water. Die kultuur van nie-betaal en handouts het nou kultuur geword. Ek

Alida X ·

Dit is geen verassing nie.
Een van die baie redes is “gebrekkige kundigheid”Raak dan van die mense ontslae en stel kundige mense aan. Hoekom is die onkundiges in die eerste plek aangestel? Dom vraag, die ou wat hulle aangestel het was ook onkundig.
Voorafbetaalde meters gaan ook nie help nie.
Die instalering gaan die munisipaliteit klomp geld kos. Sal beslis gelaaide pryse wees.
Daar sal net voortgegaan word met onwettige verbruik. Dit is mos waaraan hulle gewoond is.
Erfbelasting, vullisverwydering en riolering kan ook nie met voorafbetaalde meters werk nie en dit is deel van inkomste.
Baie munisipaliteite gee 50 eenhede krag gratis aan minderbevoorregtes. Goed so maar sorg dat hulle dan nie meer kan gebruik sonder om daarvoor te betaal nie.
Wat ek nie kan verstaan nie is waar kom al die TV skottels wat teen die sinkhuisies pronk vandaan? Kan nie krag en water bekostig nie maar my skottel is daar.

fred ·

hoe meer skuld,hoe meer rente hulle (ons) gaan betaal….n vicious circle….wonder hoe hulle hier ooit gaan uitkom? Miskien moet hulle ons noorder bure vra wat die uiteindlike resultaat gaan wees…

J ·

ANC seker baie trots, dis mos n land wat jy net kry sonder om vir dit te betaal, behalwe as jy wit is, en as jy nie verniet kan kry dan brand en breuk en verwoes jy ander se eiendom, hoekom nie, want jy her nie dit self gekoop of voor gewerk, so jy vat net eenvoudig, want jy glo dit word geskuld aan jou. So lyk ANC se opgeboude land, sal binne 5 jaar n 4de wereld bankrot dump wees

J ·

Vooraf betaalde krag is ook n euwel. Sodra jou water of erfbelasting net 1 maand agter is word jou voorafbetaalde krag sumier geblok en dan kan jy geen krag koop nie. Dan is dit 1 henge gedoente im dit weer oop te kry om net weer krag te jan koop.

Alida X ·

J, lyk my die beginsel word ook nie konsekwent toegepas nie.
Moes ook al eenkeer deur so proses gaan oor 1maand laat betaling van erfbelasting

Bekommerde ·

Basiese rekeningkunde as jou LASTE jou BATES oortref – is jy bankrot en kan jy nie verder handel dryf nie en dan is daar sekere stappe wat moet geneem word.

Wat verstaan die mense nie – die GELD is OP (finish & klaar)

Marinda ·

Dis wat gebeur as jy mense afdank wat weet hoe en mense aanstel wat geen benul het van hoe dinge moet werk nie.
Die bus se wiele val nou vinnig af.

Stripes ·

Ek vra maar net: Hoekom moet die ander munisipaleite betaal as soweto nie betaal nie? Dwing hulle om hulle skuld te delg en die res sal dit vanself dan ook doen, as jy met ‘n kierie agter hulle staan.

Gert van Wierdapark ·

Hul betaal al die afgelope kwarteeu nie, waarom sal dinge nou anders begin werk? Gestel die bedrag per huishouding is/was net R500 per maand x 12 = R6000 x 25jr gee R150 000 per huishouding!!!

claassen ·

Last d skuldiges hulls guise e karre verkoop end Vries hole bankrekenig

Akademi Buktu ·

Die agteruitgang het baie versnel sedert 2004, toe uitvoerende burgemeesters aangestel is. Onmiddellik klomp persoonlike personeelposte geskep om hulle en personeeluitgawes het gevolglik so toegeneem dat daar nie geld oorbly om vir dienslewering te betaal nie.

lanie ·

Hoe is so iets moontlik? Ons betaal elke maand ons rekening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.