Die uitstaande skuld wat aan Suid-Afrika se munisipaliteite verskuldig is, het in die eerste drie maande van die landswye afsondering (einde Maart tot einde Junie) met R10,2 miljard gestyg.
Die nasionale tesourie het Donderdag in ʼn verslag gesê altesaam R191,5 miljard is gesamentlik aan die land se munisipaliteite verskuldig vir dienste gelewer, maar realisties sal die munisipaliteite waarskynlik minder as ʼn vyfde van die geld herwin.
Sowat R14,8 miljard, of 7,7% van die skuld, is deur staatsdepartemente verskuldig.
Die grootste deel van die skuld is egter van huishoudings wat, teen die einde van Junie, toe die vierde kwartaal van die finansiële jaar vir munisipaliteite afgesluit het, altesaam R133,9 miljard aan hul plaaslike rade verskuldig is.
Die totale skuld aan munisipaliteite verskuldig was teen die einde van Maart R181,3 miljard. Die leeueaandeel, R102,3 miljard, is aan die land se metropolitaanse munisipaliteite verskuldig. Bo aan die lys is Stad Johannesburg, aan wie R31,1 miljard verskuldig is, gevolg deur Ekurhuleni (R16,4 miljard), Tshwane (R16,2 miljard) en eThekwini (R13,5 miljard).
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Ja ou tito jy is nes jou ander broers ou pravin het ook geweet hoe plunder julle ANC. Hy het maar net ander kant toe gekyk dit is hoe julle kommuniste werk.
Specify households?
Stealing, you meant.
Waarom betaal vir dienste wat nie gelewer word nie en die “bedrog skuld” is verseker heelwat meer as die R10 MILJ bedraggie.
Skuld hiervoor kan direk voor ANC se deur gele word. Dis ‘n groot nasionale krisis en hul het GEEN plan of oplossing. Dit gaan hande uit ruk en totale verval is ons voorland.
Lekker lag ek toe ek lees “vir dienste gelewer”…. ek bly in Durban (eThekwini) en hier is absoluut geen dienste wat gelewer word nie. Vuil parke en sypaadjies, rommelverwydering baie swak en vullissakke word amper nooit meer gedoen nie. Swak man!!!!