Munisipale verkiesing: Wat maak ek met my stem?  

Oor minder as ʼn week moet Suid-Afrikaners weer hul kruisies in die plaaslike verkiesing trek, met die hoop dat dienslewering in hul betrokke munisipaliteit sal verbeter.

Die statistieke dui egter daarop dat baie mense waarskynlik nié vanjaar gaan stem nie weens ʼn toenemende gevoel van ontevredenheid met die plaaslike regering en apatie teenoor politiek oor die algemeen.

ʼn Paneel politieke kenners waag ʼn paar voorspellings oor die EFF se groei, die moontlikheid van koalisies en onafhanklike kandidate se uitslae.

Hulle verduidelik ook hoekom dit belangrik is om aan vanjaar se verkiesing deel te neem en hoe gemaak indien jy nog nie weet vir wie om te stem nie.

Christel Cornelissen gesels Dinsdag 26 Oktober om 13:00 met die politieke kenners Alida Kok en André Duvenhage, asook Morné Mostert, hoof van plaaslike regeringsake by AfriForum hieroor.

Volg die gesprek regstreeks op Maroela Media se Facebook-blad. ʼn Video van die gesprek sal ook na afloop van die gesprek onder aan hierdie artikel beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Aanhouer ·

Nog ň ‘tiekie’ dan vir die ANC …hahahaha!! Enjoy.

Werner ·

Natuurlik Sal die kenners nou weer n sak vol twak hé oor hoekom jy moet stem anders gaan hulle nie n werk hê nie.Jammer nie een van julle beteken iets nie .Weet wat ek Maandag doen en dis nie stem nie.

groenboer ·

Ek sien elders sê jy demokrasi sal nooit in SA werk nie. Dit kan wees. Maar ek is nuuskierig om te weet watter ander planne jy het? Om bloot op sosiale media en kommentaarkolomme te sit en kla gaan OOK nie werk nie, so ek neem aan jy het een of ander alternatiewe plan?

Klipkop ·

Die antwoord is om groenboer in die demokrasie te hou wat hy verkies en om aan ons wat dit nie verkies nie dieselfde reg te bied buite die demokrasie.

Werner ·

So julle stem net om te kan kla.Sus net die gewete so n bietjie.Dan het jy mos nou iets gedoen.Jammer so gaan jy nerens kom nie.

Delilah ·

Jy weet seker as jy nie stem nie is dit n stem vir die ANC

DieKriek ·

Nou nie 27 jaar nie, maar elke keer as daar gestem word. Ek mag dus “kla”. Wel, ek het minder as niks in die sak. Ek dink ek is oortuig dat my stem nie veel werd is nie.

Grassie ·

Byt vas, Werner. Moenie dat die klomp afduimpies jou moedeloos maak nie.

Harley Davidson ·

Afriforum en solidariteit is die enigste organisasie wat na my belange omsien maar ongelukkig kan ek nie vir hulle stem nie nou help ek maar met ‘n klein finansiële bydra.

Aanhouer ·

Ag tog. Op die ou einde gaan stem net 20% vd ANC ….en dan wen die ANC, omdat die ander wat vir ň ander party kon stem vd stembus weggebly het. Verstaan jy dit? Nee, ek glo nie.

Klipkop ·

Aanhouer probeer nou al vir meer as 27 jaar om hierdie korrupte som te laat klop, maar dit wil nie. Dit kan ook nie. Hoe lank wil Aanhouer nog aanhou op hierdie korrupte weg van mislukking? Oom Boy Louw het aan ‘n joernalis na ‘n rugbywedstryd gesê: “Looks at the scoreboard”. Mense weier om na die telbord te kyk. Hulle weier ook om na hulle eie telling te kyk. In die woord wensdenkery is geen denke nie en grootpratery laat ‘n verloorder darem altyd beter voel.

Swartskaap ·

20% van 55 miljoen is 11 miljoen. 100% van 4 miljoen, is wel, 4 miljoen. Werner het n punt beet.

Wakkerslaper ·

As my nie stem nie, moet jy ook nie kla nie.

Ek gaan eertens en die mees belangrikste stem vir die behoud van konserwatiewe, Christelike, en ALLEEN Christelike normes en waardes. Dan gaan ek stem vir die bevordering van ons Boere-Afrikaner se kultuur en taal en die beskerming van ons erfenis en geskiedenis, en vir die strewe na geografiese en politieke vryheid en onafhanklikheid.

Werner ·

As jy stem moet jy nie kla nie maar berus by die uitslag.Want as jy kan tel sal jy sien jy is besig om selfmoord te pleeg.Demokrasie sal nooit in SA werk nie.

Wakkerslaper ·

Werner, ek kan beslis tel en ek het ook geen illusie oor wat die mees waarskynlike uitslag van die verkiesing gaan wees nie. Dit gaan daaroor dat ek my PLIG as Christen en burger van die land nagekom het om te stem vir die behoud van die Christelike geloof en normes en die behoud van my volk en ons kultuur en erfenis.

Hendrik ·

Ons hoef nie te stem nie want ons ontvang geen dienste vanaf enige metro. Ons het ons eie dienste.

Harley Davidson ·

Dit klink vir my reg maar sal net werk in n onafhanklike tuisstaat met n regte demokrasie soos bv in Mauritius waar n klomp verskillende groepe mense saam woon maar elkeen gelyk en vry is.

Klipkop ·

Ek ontneem geen stemmer die reg om te kla nie. Daarom moet julle gaan stem, sodat julle steeds meer en meer kan bly kla. Na 27 jaar het julle blykbaar nog nie genoeg daarvan gehad nie. Gaan stem gerus met die doel om te wil en moet kla, want dis die resultaat van julle stemmery in die goddelose demokrasie nou al vir meer as een geslag wat verby is in 27 jaar van kosbare en verspilde tyd.

Hendrik ·

Ons gemeenskap het ons eie water, riool, paaie, sekuriteit en 500 huishoudings ontvang geen dienste vanaf enige metro. Moet ons gaan stem vir die ander mense wat in ons wyk ingedeel is wat niks doen nie?

Frank John ·

Jy moet stem. Moet net nie, nie-stem nie. Jy doen meer skade as jy nie stem nie.

Klipkop ·

Jy moet gaan stem sodat jy weer dieselfde resultate kan kry as al die vorige jare. Om presies te wees meer as 27 jaar al. Ja ‘n hele leeftyd is al verlore en verby. Hou aan op die pad van agteruitgang. Ek hou maar verby die kring van die spotters.

Andre ·

Hierdie jaar is die stem maklik, meeste partye word uitgeskakel oor hulle liefde vir die spuit.

gpsa ·

Ons moet stem mense. Ons is reeds die minderheid as ons nie stem nie maak ons die ANC en EFF net sterker.

Werner ·

Kan jy tel.Al stem ons almal gaan dit nie n duik maak nie.

gpsa ·

Kan jy sien? Hoekom het ons nog opposisie partye in die parlement?

Werner ·

En wat beteken hulle.As die ANC n wet wil deurbring doen hulle dit net soos hulle wil.Jammer stemmery gaan jou niks baat nie.Ons Sal na ander alternatiewe moet kyk.Soos dit nou gaan is dit net in die drein af vir ons en jou opposisie gaan dit nie soos huidiglik kan keer nie.

Tiptol ·

Werner, ten minste stem ons terwyl ons na ander alternatiewe kyk. Dit help darem as een van jou mense oor jou wyk is.

Klipkop ·

Ek sukkel nog met daai vraag oor die opposisiepartye. Miskien is hulle daar om die sirkus vermaaklik te hou. Of miskien is hulle daar omdat die ANC nie korrup genoeg is nie. Miskien is dit net om die plekke op die soustrein te vul. Dalk is dit om legitimiteit aan die bandiete te gee wat oor ons heers. In 27 jaar sien ek nie dat ons ‘n millimeter vorentoe beweeg het nie. Ek sien net ‘n klomp skape wat leë beloftes oor en oor en oor en oor glo.

Di ·

Ek is seker hulle sal planne beraam om met nie-stemmers se stemme te konkel, korrupsie is hoog in die land en die ANC is desperaat. Hulle sal sorg dat hulle wen, dis verseker – hoeka a korrupte spul

Anton ·

Ek sal stem as AL die partye saam staan teen die ANC . Werklikwaar, wat het enige opposisie die afgelope 30 jaar bereik? Wees eerlik,… niks.

Anton ·

Dit is n wereld wye verskynsel, Andre. Mens sien dit ooral. Kyk bv Demokrate vs Republikeine in VSA; kyk in Engeland veral met die Brexit stemme, nie te praat van Ierland nie. Europa is chaos. Nee wat, ons verskil glad nie.

Eugene ·

As jy nie stem nie mag jy ook nie kla nie. Daar is n party wat bewese susesse behaal en slegs deur hulle te versterk kan ons beter dienslewering verwag

Pietertjie ·

Silence is golden
Talking is cheap
People follow like sheep
Even though there’s nowhere to go.

– the Tremeloes

Klipkop ·

Christel Cornelissen se beriggewing is tipiese wensdenkery wat die status quo van die politiek en die landssituasie soos ‘n dagdroom laat voortduur. Die uiteinde sal ongelukkig ‘n nagmerrie wees. Na meer as 30 jaar weier sekere mense eenvoudig net om uit hulle foute te leer en strompel op dieselfde pad voort. Die resultaat bly ondanks al die grootpratery net agteruitgang. En niemand aanvaar verantwoordelikheid nie. Nie die slim politieke analiste nie. Ook nie die joernaliste nie. Vergeet maar die korrupte politici. Daar is darem altyd vingers te wys na elders as jou eie propaganda misluk.

Ria ·

Die ANC sal wen, ons weet. Daar is net te veel van hulle. Maar ek hoop van harte hulle maak dit nié in Mangaung nie. Enigiemand anders sal n verbetering wees. Ons kan nie meer so aangaan nie

Klipkop ·

Ria dis hoekom ek sê dat wensdenkery gevaarlik is, want daar is geen denke in daardie beskrywende woord nie.

Hendrik ·

Stem is natuurlik vir mense wat dienste kry vanaf Metros en munisipaliteite. Ons het ons eie gemeenskap met eie dienste. Die Demarcation Board speel lekker rond met die grense en het dit so getrek dat minderhede nooit ‘n wyk gaan wen nie en altyd maar moet staatmaak op ‘n proposionel sitplek in die rade. Hoeveel mense weet regtig dat self die Demarcation Board ook aangestel word deur die regering en is deel van die plan dat daar geen sterk gemeenskappe moet wees nie.

Tokkel ·

Iewers is ‘n skroef los……. my ouers is online geregistreer en nou is hulle nog op heel verkeerde plek geregistreer. Baie mense se name wat online geregistreer is kom nie eers voor op die lys nie.

Tokkel ·

As jy nie gaan stem, plak asb ‘n pleister op jou mond sodat jy nooit weer kan moan nie.

ABDP ·

PUNT 1 – Plaas elke raadslid wat sy gesig op ‘n bord, teen ‘n skewe lampaal was sit, eerder teen die paal opklim en die gloeilamp vervang en die paal regop trek. Raadslede kan die gat in die pad langs die lampaal, ook reg maak. SLEGS DAN kan ons begin praat van ‘n land wat demokrasie UIT-OEFEN.
PUNT 2 – ek mag dalk nie mooi die stem tel vertsaan nie, maar as daar 100 mense in ‘n dorp woon en slegs 80 gaan stem, maak dit mos logies sin om die stemme te tel uit 80 en nie uit 100. So waarom sal hul die “nie stemme” gee aan die party in beheer as die 80 mense se stemme getel word uit 80? Wat is demokrasie aan stemreg, as jy wat stem, toelaat dat die kamme “20 nie stemme” gegee word aan die beheerende party. Dis geensins “demokrasie” nie, maar absoluut manupilasie.

Frik ·

Gaan stem en stop die verval van ons munisipaliteite.
Ek gaan beslis VF Plus stem!

NWT ·

ANC se hy benodig 300 jaar om SA reg te ruk wat apartheid was hier vir 300 jaar. Hulle se 27 jaar is te min. Maar binne 27 jaar is die staatkas tot op oppervlakte geplunder deur hul eie mense. SA was af gegradeeer junk status. Gevangenes se regte kry voorkeer bo wetgehoorsame burgers. Skole se slaagstandaarde is verlaag. Ek wag vir die dag dat daar wetgewing kom se dat geen leerder mag meer n graad herhaal nie. Glo my dus oppad. SA is oppad om soos Zimbabwe te word . Miskien al klaar daar. Eskom doen beurkrag in SA maar nie beurtkrag aan die ander lande waar hy ook krag voorsien nie. My vraag is . As alles dit in 27 jaar gebeur het onder die ANC se regering hoe gaan die land lyk na 300 jaar onder hul bewind. Antwoord. Soos die Sahara woestyn. Dolleeg en die ANC leiers sit in Dubaie in grand hotelle. N Mens stem nie vir n party se politieke suksesse in die verlede nie ( het sy DA , EFF of enige party ) nie. Stem met jou brein en nie jou hart nie. Liefde kan blind wees .

Grassie ·

Ek is Maandag in die Wildtuin. Ek sal daar besluit of ek vir Oom Ollie of Koning Leeu gaan stem. Ek gaan beslis nie by die huis bly en vir Stinkmuishond stem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.