Munisipale voertuie in brand beskadig

Vier voertuie is in die brand beskadig.

Twee voertuie van die Ndwedwe- plaaslike munisipaliteit in KwaZulu-Natal is heeltemal uitgebrand en nog twee het groot skade opgedoen toe dit Donderdagoggend vroeg vlam gevat het.

Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Sipho Hlomuka, het gevra vir ʼn omvattende ondersoek na die oorsaak van die brand en sê volgens voorlopige verslae het veiligheidswagte omstreeks 06:00 Donderdag rook uit die munisipale parkeerterrein gesien trek.

“Ons is diep bekommerd oor die voorval. Die vernietiging van munisipale bates wat gebruik moet word om dienste aan ons gemeenskappe te verskaf, is werklik ongelukkig.

“Omdat die omstandighede van die brand nog onduidelik is, het ons die munisipaliteit beveel om te verseker dat ʼn behoorlike ondersoek gedoen word en dat die nodige stappe gedoen word, sou daar bevind word dit was brandstigting,” het Hlomuka gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.