‘Munisipale wanbesteding genoeg om Eskom-skuld dubbel te betaal’

Kimi Makwetu (links). Foto: ANA

Die burgerregte organisasie AfriForum het Woensdag gesê hy veroordeel SA munisipaliteite landwyd wat byna R30,5 miljard aan “vrugtelose, verkwistende, onreëlmatige en ongemagtigde uitgawes” in die 2015/2016-tydperk bestee het.

Dié verslag volg nadat Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal (OG), Woensdag die regeringsoudit-uitkomsteverslag bekend gestel het.

Die OG het bevind dat ’n gebrek aan verantwoordbaarheid en swak interne beheer en toesig kernprobleme is wat gelei het tot dié aansienlike vlakke van wanbesteding.

Morné Mostert, AfriForum se hoof van plaaslikeregeringsake, sê die LUR’e van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake asook die departement van finansies het ’n oorsigrol om by munisipale begrotingsprosesse te speel en moet verseker dat geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP’s) onder meer ’n strategie uiteensit om agterstallige skuld in te vorder. Verder moet hulle munisipaliteite moniteer om te verseker dat hierdie strategieë behoorlik toegepas word.

“Hierdie onvermoë van staatsorgane om mekaar tot verantwoording te roep, lei tot die grootskaalse bedrog en korrupsie wat tans in sommige munisipaliteite floreer. Dit is ironies dat hierdie bedrag byna dubbel soveel as die munisipale skuld aan Eskom verskuldig is, tog bly dít net groei,” sê Mostert.

Hy meen dat die OG se verslag nie as ’n diensleweringsmaatstaf gebruik kan word nie, maar eerder ’n manier is om te bepaal of munisipaliteite hul besteding rekenkundig korrek opskryf.

“AfriForum sal die verslag bestudeer en daarna met die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (wat moet verseker dat die bogemelde LUR’e hul funksies in hierdie verband vervul) skakel om te verseker dat prosesse ingestel word om hierdie soort wanbestuur en -besteding uit te wis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Henk ·

inderdaad ja! en so is al die geld wat via guptagate die land verlaat het en in politici se sakke is, genoeg om SA ‘n ryk land te maak!

Veritas ·

Sterkte vir julle as julle dink dat julle kan help om hierdie wanbesteding en verkwisting kan stop. As jy net kyk na die tipe behandeling wat die publiek van munisipale werknemers ontvang, behoort dit tog duidelik te wees dat hulle nie juis dienslewering in gedagte het nie. Selfverryking is defnitief aan die bopunt van hulle lys van verantwoordelikhede. As jy gedink het dat hoendertande skaars is, het jy nog nie gesoek na ‘n hulpvaardige, vriendelike munisipale amptenaar nie.

Pieterlewismuts ·

Dit is ironies dat die OG jaar-vir-jaar sekere munisipaliteit uitwys dat daar onwettige, ongemagtigde, onbehoorlike uitgawes gerapporteer word maar daarna gebeur daar niks.
Die “verantwoordelike” beamptes behoort gedaan te word om rekenaar te kom gee en as hy dit nie na voldoen Ing kan doen nie moet n Molefe/Motsoaneng met hom gedoen word.

Johann ·

Gewetenlose stropers van wat ook al hulle kan vat, sonder n dag se verandwoording! Doen dit jaar op jaar op jaar en kom eenvoudig daarmee weg! Die xtended deel van die Zumaikie clan wat onaantasbaar stroop en steel en verwoes. Maar dis mos hulle reg? Of is dit weer Hansie en Grietjie em die 17 dwergies se skuld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.