Munisipale werker skok dood

(Argieffoto: pixabay)

Paramedici is Vrydagoggend omstreeks 10:30 ontbied na Z Section Umlazi, KwaZulu-Natal ná ʼn persoon met elektrisiteit geskok is.

Emer-G-Med sê in ʼn verklaring ʼn man, vermoedelik 38 jaar oud, het gras langs die pad gesny toe hy per ongeluk ʼn elektriese draad getref het.

“Die man was in ʼn kritieke toestand. Paramedici het meer as 45 minute lank gespook om sy lewe te red, maar alle pogings was tevergeefs. Die man is op die toneel dood verklaar.”

Die SAPD stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Miskruier ·

Die munisipaliteit se fout. Hoop die familie dagvaar die munisipaliteit.

Cherokee ·

Waarskynlik/miskien (heel waarskynlik) ‘n onwettige aansluiting soos wat ook al klein kindertjies se lot geval het, deur daarop te trap. Hy kon dus nie voorbereid gewees het daarop nie, want daar was nie veronderstel om ‘n kragkabel te wees. Raaiskoot afgelei van karige inligting.

Marius ·

Dit is heeltemal onnodig. Simpatie aan die famillie. Die swak instandhouding neem nou lewens. Dalk sal daar nou notisie geneem word.

SjN ·

Onaanvaarbaar, stel ondersoek in en Hou skuldiges verantwoordelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.