Munisipale werker steek vrou glo met bierbottel

Die verdagte wat in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf

ʼn Werker van die Lesedi-munispaliteit in Heidelberg in Gauteng verskyn na verwagting Maandag in die dorp se landdroshof nadat hy sy vrou glo in ʼn voorval van huishoudelike geweld met ʼn bierbottel gesteek het.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 22:30 in Uitbreiding 23 van die Ratanda-nedersetting plaasgevind.

“Die 45-jarige munisipale werker is in hegtenis geneem nadat hy glo sy 46-jarige vrou met ʼn bierbottel op haar linkerarm gesteek het,” het Tshilate gesê.

“Sy vrou het hom na bewering vroeër die dag gekonfronteer omdat hy nie die vorige aand [Vrydag] huis toe gekom het nie. Hy het glo bier wat in ʼn glas was in haar gesig uitgegooi en die huis verlaat. Die verdagte het later teruggekeer en ʼn bakleiery het weer ontstaan.”

Die man het glo ʼn bierbottel gebreek, waarna hy haar daarmee gesteek het. Sy is met ernstige beserings na die Heidelberg-hospitaal geneem vir behandeling.

Die man word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter ·

Wat is die nuuswaardigheid van hierdie voorval? Daar is sekerlik daagliks tientalle soortgelyke voorvalle, of baie meer? Waarom spesifiek oor díe en berig?
Wonder maar net?

CHRISTA ·

Pieter, dit word geplaas om weer eens te bevestig dat geweld in ons land teen vroue net toeneem – of maak dit nie saak nie?

Cherokee ·

Jy moes nie eens moeite gedoen het om hom te antwoord nie, Christa.

al ·

Breek eerder die kultuur van dis reg om jou vrou te minag en aan te rand. Daar was reeds so ñ optog in die Kaap met ñ aartsbiskop en sy manlike kerkgangers om die euwel stop te sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.