Munisipale werker sterf toe vragmotor hom tref

Vloede in Durban (25 Julie 2016) Foto: SAPD

Vloede in Durban (25 Julie 2016) Foto: SAPD

ʼn Munisipale werker wat besig was met skoonmaakwerk ná swaar reën in ʼn straat in Durban, is Woensdagoggend dood toe ʼn vragmotor hom getref het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die man het in Umhlatuzanaweg in Clairwood in ʼn gebied gewerk wat afgesper is, toe hy deur ʼn vragmotor getref is. “Die man, in sy 40’s, is ongelukkig dood voor paramedici by die toneel opgedaag het,” het Jamieson verduidelik. “Hy het verskeie beserings opgedoen.”

Die bestuurder van die vragmotor wat die man getref het, het weggery ná die ongeluk.

Die polisie was op die toneel en stel ondersoek in.

Die eThekwini-munisipaliteit was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Francis Linstrom ·

Hoe kan 1 mens veilig en vermis wees in dieselfde berig?

snoefie ·

wat n verlies. simpatie aan fam. die man word al werkende doodgery. maar die lot wat betoog vandaliseer en suurstof steel bly veilig.

m ·

Weet nie hoe ry jy iemand om en ry net eenvoudig weg nie. Weet nie hoe party mense se mind set werk nie. Het mense net eenvoudig nie meer n gewete nie. Dis hoekom hierdie wereld so deurmekaar is want niemand voel mee iets vir sy medemens nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.