ʼn Amptenaar van die Maquassi Hills-munisipaliteit in Noordwes is agter tralies nadat hy glo omkoopgeld van R112 000 gevra het om ʼn inwoner se agterstallige munisipale skuld van R1 miljoen te laat skrap.
Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, sê die 52-jarige verdagte werk as ʼn tegnikus by die munisipaliteit.
Die inwoner met die agterstallige rekening het die tegnikus se beweerde versoek vir omkoopgeld by die Valke aangemeld en ʼn lokval is vir hom gestel. Hy is in hegtenis geneem kort nadat hy die geld ontvang het.
Rikhotso het gesê die verdagte verskyn later vandag in die Wolmaransstad-landdroshof op ʼn aanklag van bedrog.
Die Maquassi Hills-munisipaliteit bedien onder meer inwoners van Leeudoringstad, Makwassie, Wolmaransstad en Kgakala.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Wonder hoeveel van hierdie gevalle is daar werklik en wat wegkom daarmee? En snaaks so onewe bedrag geld wat hy wou hê
Daar is nou maar net geen keer aan ons mede Suid Afrikaners nie en dit is te danke aan slapgat ANC.
Dis absoluut “scary” om die goed te lees en te besef dat ons land oor die morele en etiese afgrond is!!Sal dinge OOIT weer regkom?Die ANC gespuis is die GROOTSTE vloek wat die land nog ooit getref het!Wette, reels, norme en waardes bestaan nie vir die regime. Hul rysmier alle gevestigde instellings en doen berekende vernietigende aanslae op die gees van die samelewing. Wat het ons gedoen om die gemors te verdien?
Bedrog,korrupsie,,geldwassery,diefstal,gewapende roof,moord,transitorooftogte,verkragtings van vroue en kinders,plaasaanvalle en kapings oorheers die nuus in Suid Afrika.Die register is mense wat die land se belange op die hart moet dra is van die kriminele.Dit was nie so voor 1994 nie.Sal dit ooit beter word?.
Daardie geld was bedoel vir arm en siek mense. Sluit hulle toe en gooi weg die sleutel.