Munisipale werkers eis minimum salaris van R10 000

Argieffoto

Die munisipalewerkersvakbond Samwu eis ʼn minimum salaris van R10 000 per maand.

Vakbonde, wat munisipale werkers verteenwoordig, het hul aanvanklike eise ingedien vir die loononderhandelinge met die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga), die werkgewersliggaam wat munisipaliteite landswyd verteenwoordig.

“Die onderhandelinge by die plaaslikeregeringsbedingingsraad (SALGBC) is ʼn gevolg van ʼn kollektiewe ooreenkoms wat in 2015 onderteken is, en in Junie 2018 tot ʼn einde kom,” het Simon Mathe, algemene sekretaris van Samwu, gesê.

Hy het gesê vakbonde het gesamentlike eise by die werkgewersliggaam ingedien vir ʼn enkeljaarverhoging, ʼn algemene verhoging van 15% of R3 155, wat ook al die meeste is. Die vakbonde eis ook ʼn behuisingstoelaag van R2 000 vir alle werknemers en ʼn minimum salaris van R10 000 vir alle munisipale werkers, asook dat alle voordele en diensvoorwaardes met dieselfde persentasie sal verhoog.

“Die eise is ʼn reaksie op die situasie waarin munisipale werkers hulself bevind,” het Mathe verduidelik. “Ons is oortuig dat munisipale werkers beter salarisse moet verdien, sodat hulle kan bybly met verhoogde lewenskoste. Ons sal dus baklei om seker te maak dat munisipale werkers verhogings kry wat ʼn beter lewe vir hulle sal verseker, veral gegewe die feit dat hulle die minste verdien van alle staatsdienswerkers.”

Samwu het in 2015 ʼn driejaarooreenkoms met die werkgewer onderteken, met ʼn 7%- algemene verhoging in die eerste jaar, en VPI plus 1% per jaar vir die res van die ooreenkoms.

Op 1 Julie 2015 was die minimum salaris R6 014.93.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Lorette ·

Heng, dan is ek as boekhouer BESLIS in die verkeerde beroep! Sal summier moet bedank as dit goedgekeur word en vir ons Mislikepaliteit moet gaan werk!!!!! Sal kan doen met dit – het nie behuising nie en ook nie pensioen nie – net jammer hulle sal my nie aanstel nie, want ek is ‘n eerlike boekhouer!

FJ ·

Stem. My vrou met B. Prim Ed graad en jaar diploma in remedierende onderwys by UPE het beheerligaam pos teen net minder as R 10 000. Nou wil hulle besem of graaf vashou teen dieselfde betaling. Gek!!

Ekke ·

Ek het n PhD, doen n postdoc kry R 14000 per maand. Enkel ouer. As ek huur, medies en skool betaal is daar byna niks oor nie. Ek weet ek is baie beter gekwaifiseerd as n minusipale werker. Maar ek weet ook dat met R 10 000 kan mens nie jou gesin versorg nie. Veral nie as jy die enigste broodwinner is nie. Ek hoop hul kry meer geld, ek wil ook meer geld he.

Gerrit ·

Daar is niks mee verkeerd nie huiswerkers en tuin werkers moet dieselfde kry hoekom mag hulle nie ook ordentlik leef nie.

SO ·

Kan ons almal bakhand staan asb. en almal aandring op verpligte werkgewing vir alle gebore Suid-Afrikaners. Dit sal wonderlik wees veral die van ons wat graag wil werk en ondervinding het.

SO ·

Kan ons almal bakhand staan asb. en almal aandring op verpligte werkgewing vir alle gebore Suid-Afrikaners? Dit sal wonderlik wees veral die van ons wat graag wil werk en ondervinding het.

AmY ·

Goeie genade!!! Ek het 24 jaar vir ‘n Bankgroep gewerk en toe ek so drie jaar gelede daar weg is, het ek nie eens R6 000 ‘n maand gesien nie.

Muffin ·

Die meerderheid Munisipaliteite is alreeds bankrot. Daar is nie n manier hoe hulle die salarisse sal kan bekostig nie. Fondse vir onderhoud en herstelkostes word alreeds gebruik vir salarisse. Eskom rekenings word nie eens betaal nie. Munisipale bestuurders, burgemeesters en hoofde se salarisse is te hoog.

Hanna ·

Wat rook hierdie vakbond-manne? Moet iets baie sterk wees…

pieterdp ·

Hel kan ek ook so n salaris kry. Kom so pas agter my werk gewer onder betaal my. Of is dit omdat ek wit is en vir die privaat sektor werk.

Martin ·

Weet in elk geval nie hoe sorg n broodwinner vir sy gesin met minder as R 10000 per maand nie!!!

Eintlik heel maklik ·

Martin, dis eintlik heel maklik vir hulle. Onthou, sien dit in perspektief. Ons betaal ten duurste vir erfbelasting, water, elektrisiteit, skole, medies, spaarplan vir tersiêre opvoeding, belasting, pensioen, ens ens. Daardie uitgawes is nie gewilde betaalopsies by hulle nie. Dus vat hulle meer huistoe op die einde van die dag as wat jy dink.
Ek verbaas my vir die beurshouers wat opdaag by die Universiteit met duur Duitse motors, handelsnaambrille en so meer. Perspektief.

NEE WAT ·

Baie waar, maar dan moet jy jouself gaan kwalifiseer, jy kan nie net as ONGESKOOLDE werker R10 000 vereis terwyl dames (enkelouers) met GRADE dit verdien nie. Die feit dat jy nie uitkom met jou geld nie beteken NIE jy is MEER werd nie. REGTIG hoor .. baie van ons met jare ondervinding EN ‘n kwalifikasie kry soveel en ‘n paar rand meer .. so HOU KOP !

Henriette ·

Beheerliggame en wetgewing moet geimplementeer word om alle amptenare se salarisse te beheer. Daar was so n liggaam maar is deur die ANC in 1996 afgeskaf.

Ronel ·

Heng. Mens kan verstaan dat hul beter salarisse vereis. Maar sjoe, dan is ek duidelik in die verkeerde beroep. Ek as onderwyseres werk dat my agterstewe klap vir minder as wat hul vra. Miskien moet ek by my plaaslike munisipaliteit gaan aanklop vir ‘n pos. Meer buigsame ure, geen “huiswerk” asook geen buitemuurs. Klink vir my na ‘n plan hahaha

liegbek ·

duidelik werk jy by n privaatskool sonder n onderwysdiploma of n beheerliggaan aanstelling sonder diploma.

KOOS HARMSE ·

R10000 PER MAAND EN DAN DOEN HULLE DIE MINIMUM.DAAR IS BY ONS ALTYD N AGTERSTAND MET VULLIS VERWYDERING,WATERPYPE WAT OF LEK OF GEBARS HET ELEKTRITEIT IS PARTYMAAL HEELDAG AF.(FAULTY CABLES??)
KYK HOE LYK DIE STRATE (GATE, SLOTE ENS) MAAR HULLE SOEK MEER GELD.HULLE MOET N SLAG WERK VIR HULLE SALARISSE DAN SAL DIT OOK BETER GAAN MET ONSE LAND

Adrian ·

Die luiste ,,werkers” in die land 10 le en kyk wyl een werk vir 10 minute om weer afgelos word. Laat by die werk en maak al 1uur gereed om huis toe te hardloop. Die verhoging met behuising , pensioen, verlof, bonusse , siekverlof, medies werk feitlik uit op R20,000 n maand hul is nie een van birgemeester tot algemene werker dit werd nie punt

bgj van der westhuizen ·

ja dit sal leker wees vir hulle R10 000 plus R2000 huis toe lae het hulle al gedink waar gaan die geld van daan kom om hulle te betaal al wat gebeur hulle verminder werkers en betaal dan die res meer maar hulle sal nie meer wek doen nie en so kry die belasting betales verloor net meer diens lewering dit is belaglik

Ben ·

ek weet ni hoe hul wil meer geld he nie al die dorpe wa jy kom sal jy hul kry sit onder bome vanaf 9,00 ogend tot 16.00 of tot tjaaila
hier in marble hall musipale kantoor wa jy krag betaal van 12.00 tot 15.00 sal jy hul nie kry nie hul op lunch is om dat da nie bevoeg de persoone is om toesig te hou nie ,
Die bestuurder se katoor word gebruik as eet lokaal of da nou kliente is of ni e jy moet ma na drie terugaan dan sal hul jou se sistem is af hul verdien geen verhoging

ELIZE ·

Dit terwyl daar blankes is wat nie eens R8000,00 per maand verdien nie. Die blanke werkgewers buit die blanke werknemers deesdae uit. Dit is ‘n skande want mens kan nie met sulke geld oorleef nie. Hierdie mense wat aandring op minimum van R10 000,00 is die mense wat kort-kort betoog en nie vir werk opdaag nie, ken geen lojaliteit nie.

Genieve ·

Dan sal ek moet bedank by my maatskappy en vir die munisipaliteit gaan werk.

CAROL ·

Waar kan ek my “cv” heen stuur???? Sal ook vir daai salaris werk!!!

Von ·

Ek werk al 4 jaar vir n Prokureurs firma en sien nie eers R10 000 nie!!!!
Ekt geen voordele nie , geen medies en geen pensioen en OOK GEEN BEHUISINGS TOELAE!!!
Dalk moet die regering sommer n minimum salaris reg deur die bank vasstel van R10 000 vir alle rasse ……WANT NOU GAAN DIE MOS N PRESIDENT SKEP NIE WAAR NIE . . . klink dit reg? NEEEEEE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.