Munisipale werkers gevonnis oor R3,5 miljoen

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Jacky Tshabalala (46), Letitia Mafuta (45) en Anna Mngange (50) is Vrydag in die Palm Ridge-handelsmisdaadhof gevonnis vir diefstal van R3,5 miljoen wat vir personeellede se Kersfees-spaarskema bestem was.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die drie vroue is saam tot 31 jaar tronkstraf gevonnis.

“Die drie het tussen 2016 en 2018 saamgewerk om die geld te steel ná die Westonaria- en Randfontein-munisipaliteite saamgesmelt en die Rand West City- plaaslike munisipaliteit geword het,” het Ramovha gesê. “Hulle het direkte toegang tot die munisipale koffers gehad en Tshabalala, wat die salarisse geadministreer het, het die geld uit die Abasebenzi Christmas Saving Scheme gesteel.”

Die Valke se eenheid wat ernstige handelsmisdade ondersoek het ook bewys dat Mafuta en Mngange se handtekeninge op die rekening moes verskyn en hulle was dus gewillige medepligtiges. “Hulle het albei gehelp om die gesteelde geld na verskeie ander bankrekeninge toe oor te betaal en hulle het saam geplunder.”

Die drie vroue is op 5 September 2019 deur die Valke in hegtenis geneem.

“Die hof het die drie skuldig bevind op 16 aanklagte van bedrog en diefstal. Tshabalala is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis en Mafuta en Mngange is elk agt jaar tronkstraf opgelê. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word wat beteken hulle sal helfte daarvan agter tralies spandeer en die res is vir vyf jaar opgeskort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johanncb ·

Is daar enige wyse waarop hierdie plundering ooit gestaak kan word? Twyfel!

Hennie J ·

So hulle gaan nou 4 en 7 jaar respektiewelik agter tralies deurbring. Warm bed, drie etes per dag elke reg wat daar is is tot hulle voordeel. Bring terug dwangarbeid!!!!!!!!!!

Sarel ·

Boodskap met die vonnis…..misdaad betaal ..sou beter hulle gaan werk sonder salsris tot geld terugbetaal is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.