Munisipale werkers steeds nie vir September vergoed

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Werknemers by die Bojanala Platinum-distriksmunisipaliteit in Noordwes het steeds nie hul salarisse vir September ontvang nie.

Archie Babeile, woordvoerder van die munisipaliteit, het bevestig dat daar ’n vertraging in die uitbetaal van salarisse by die munisipaliteit is en verseker dat ’n raadsvergadering Woensdag of Donderdag belê sal word om “die pad vorentoe” te bepaal.

Die burgemeester, Fetsang Molosiwa, het reeds Dinsdag die probleem tydens ʼn geslote vergadering met die werknemers aangespreek nadat Pogiso Shikwane, die munisipale bestuurder, vroeër ʼn kennisgewing uitgereik het waarin verduidelik word dat die uitbetaal van salarisse verlede maand uitgestel is weens finansiële probleme by die munisipaliteit.

Sommige werknemers op ʼn laer salarisskaal het egter gesê hulle is vergoed vir September.

Die DA in Noordwes het intussen ʼn beroep op die provinsiale komitee vir openbare rekeninge gedoen om die politieke leierskap en senior bestuurders van die munisipaliteit aan te sê om rekenskap te gee van die munisipaliteit se haglike finansiële toestand wat weer eens daartoe gelei het dat werknemers se salarisse nie betyds uitbetaal is nie.

Dit was ook die geval in Julie vanjaar toe die munisipaliteit nie sy regmatige aandeel van die nasionale tesourie ontvang het nie.

Die munisipaliteit genereer nie inkomste nie en is afhanklik van dié aandeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

se maar ook net ·

wat ek nie kan verstaan nie as jy nie binne jou tydperk jou rekening betaal nie sit hulle jou krag af en klaar even al het jy pre paid so waar gaan al die geld heen? o ja hoe dom van my dit geld net vir sekere mense! maar nogsteeds as ons nie betaal nie sny hulle so waar gaan die geld heen want na dienste toe gaan dit beslis nie

marous ·

Geen inkomste word gegenereer nie maar daar is ‘n munusiplaiteit met werkers , ‘n burgemeester en ‘n bestuurder ? Belaglik !

Sou ook ·

Sou ook klippe gooi en brand as my salaris nie betaal word maar intussen sit die burgermeester en sy gespuis saam in ons land se soustrein…
Gooi die soustrein en brand hulle Jeeps en Landrovers…

GM ·

Hoeveel van dié wat nou laat betaal word, betaal nie vir die dienste wat hul ontvang nie? Wil gratis water en krag hê, ens., maar daar moenie met hul salarisse gepeuter word nie. Die ironie tog.
En dan word daar oor en oor vir dieselfde party gestem, al sien mense hoe als agteruitgaan as gevolg van korrupsie ens.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek sien nie dat die burgemeester, munispale bestuurder, of enige senior personeellede oor dieselfde kla nie? Hulle is dus “eerste betaal” en die res moet maar wag?

colleen ·

Hoekom kry sekere mense wat minder verdien dan salarisse? Hoekom nie die beskikbare bedrag verdeel tussen werkers nie? Krag en water word gou afgesluit vir dié wat wel betaal, maar werkers kan nie betaal word nie. Sekerlik gaan die munisipaliteit nie pa staan wanneer banke huise wil terugvat omdat ‘n verband agter is nie.

Dubbel kry ·

Hier werk dit as jy vir 3 mnde agterstallig is Dan beboet hul jou dubbel. Bv as jy 3000 skuld Dan is rekening na 3 mnde 6000 rnd.
Reel jy om dit te betaal bring hul bedrag weer af met ongeveer 50 persent. Reel jy niks Dan betaal jy die volle boete. So die salares trekkers moet selfde reel toepas. As hul vir 3 mnd nie betaal word Dan moet hul ook Dan dubbel salares kry.

Bert ·

Die geld is op, gedaan, daar is nie meer nie.
Julle het die ganse wat die goue eiers gelè het land uit gejaag.
Nou is daar nog net sakkevullers aan die bestuur en niks meer vir die res nie.

Topster ·

Ramapadda pot sê dan in n ander berig hier onder dat daar ekonomiese vooruit gaan is so nou hoekom sien ons dit nie raak nie maar hy doen
As dit so is dan waar is hy nou as dit kom by die betaal van lone????
Vra maar net!!!Eissh né

Johan ·

Ek is doodseker dat die top bestuur gesorg het dat hulle hul salarisse ontvang het.

Peet ·

Johan, jy slaan die spyker op die kop. Die Audi’s en ander luukse goed brom voort – ou ANC beginsel!

Maljan ·

Lekker! Die skoen is aan die ander voet. Hulle het gewerk en kry nie betaling. Gewoonlik betaal !ense vir dienste wat hulle nie kry nie.
Hoekom genereer dié munisipaliteit nie inkomste nie? Te veel gratis rdp huise met gratis krag, water en dienste uitgedeel? Laat demokrasie werk. As een betaal, moet almal betaal. Viva!

Daan ·

Dis waar en intussen word geldjies vermors deur korupsie, Viva demokrasie

Dries Moolman ·

Interessant. Ek kan aan verskeie maande, watwou, JARE, dink waar munisipale werkers ook geen diens gelewer het nie (maar wel vergoed is).

ryan ·

En so begin dit.. Al hoe meer en meer gaan nie kan nie, dan word protesaksie groter en meer ernstig. Dan word die weermag ontplooi.. Die werkende klas draai teen die goewerment, die goewerment word oorgeneem met geweld. Andere werkende klas hou nie van die “nuwe” goewerment nie – meer geweld breek uit.. Kyk maar rondom jou. Kyk hoe sinteties is dinge geheg om net nog ‘n bietjie te hou…

Regs! ·

Hahahaha! Die pad vorentoe bepaal! Lekker lag ek nou! Hierdie ouens kan nie eers hulle eie refleksie in ‘n spieël kry nie wat nog van ‘n werkbare plan vir die toekoms!

Tino ·

Dis oor die gemeenskap nog wag dat hulle hulle werk moet doen …

Elizabeth ·

Ek is seker die senior bestuurders is betaal …?? Dalk nog bonusse gekry vir uitmuntende diens.

Peet ·

Johan, jy slaan die spyker op die kop. Die Audi’s en ander luukse goed brom voort – ou ANC beginsel!

Munisipaliteit ·

Is reg so, hulle doen in elk geval niks behalwe dat hulle die beste voordele het, aangetrek word, gevoer en vervoer word ens.

Henry ·

Oral waar die ANC beheer oor het is daar diefstal van geld en kom doorop neer ” following my leaders “. Die toestand sal nooit herstel nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.