Munisipale werkers vas ná Ventersdorp-gebou brand

Munisipale gbou brand op 11 September 2015 in Ventersdorp, Noordwes Foto: @charlsaid op Twitter.

Munisipale gbou brand op 11 September 2015 in Ventersdorp, Noordwes Foto: @charlsaid op Twitter.

Drie werkers van die Ventersdorp-munisipaliteit sal na verwagting Maandag in die dorp se landdroshof verskyn ná ʼn voorval in September waartydens ʼn munisipale gebou in dié Noordwes-dorp aan die brand gesteek is.

Kapt. Paul Ramaloko, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die drie munisipale werkers is Donderdag deur die polisie se eenheid teen openbare geweld in hegtenis geneem.

“Die drie het na bewering saamgesweer om ʼn brand te stig wat die Ventersdorp- munisipale kantore op 11 September vanjaar gedeeltelik verwoes het. Die drie is vermoedelik deel van ʼn klein groep mense wat teen die samesmelting van Ventersdorp en Tlokwe (Potchefstroom) se munisipaliteite is,” het Ramaloko gesê.

Die werkers staan tereg op aanklag van brandstigting.

Maroela Media het vroeër berig die departement van verkeer se gebou is die betrokke Vrydag deur ʼn brand verwoes tydens betogings rakende die samesmelting van die twee munisipaliteite.

Inwoners van die twee dorpe wat gekant is teen dié samesmelting, het gesê daar is nie met hulle “gepraat” alvorens die besluit geneem is nie. Tlokwe-inwoners meen die samesmelting sal lei tot ʼn onderbreking in dienslewering.

Die inwoners het die bepaalde Vrydag in albei dorpe oor die samesmelting betoog. Ten spyte daarvan dat die gebou gedurende die betogings aan die brand gesteek is, het die polisie aanvanklik volgehou dat die brand nie met die betoging verband gehou het nie.

Klik hier om meer foto’s van die brand te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bruno Stef ·

Daar is n vrot kol hoogs gepolitiseerde kaders werksaam by die munisipaliteit.As n blanke persoon by die tegniese afdeling se klagte toonbank n klag sou indien word jy behandel of jy iets is wat deur n kat ingesleep is kortaf en arrogant.Dit help ook nie om te kla daaroor nie dit word net geignoreer in baie gevalle moet van die enkele blanke dames wat daar werksaam is ter wille van vrede jou dan kom uithelp.Ek het al in September na die brand gese dit is die personeel ondersoek moet ingestel word na baie van hulle se optredes.

fransie ·

Uitgevang, hulle gaan nou seker n verhoging kry, want dit is deel van die struggle!!!!!!

(ons vra,ons kry nie, ons dans, ons brand, ons kry increase,, viva struggle viva!!!!!!!

Johan 2 ·

Ek wonder of ou Piet Croukramp nou sê ons moet daarmee ook “assimilate”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.