Munisipale werkers vas oor kabeldiefstal

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in Kimberley het Dinsdag drie werknemers van die Sol Plaatje-munisipaliteit in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik kragkabels in die dorp gesteel het.

Lt. Olebogeng Tawana, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die polisie was op patrollie in West End toe hulle twee munisipale werkers met koperkabels in ʼn plastieksak opgemerk het. “Die verdagtes was glo op pad om die kabels by ʼn plaaslike skrootwerf te gaan verkoop,” het Tawana gesê.

Volgens Tawana het die werkers die beamptes probeer omkoop, maar die polisie het dit nie aanvaar nie. Drie verdagtes, tussen die ouderdom van 40 en 55 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van gesteelde koperkabels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tess ·

Kan mens dit nou glo, hulle was nie omkoopbaar. Dit wil gedoen word.

George ·

Dis reg sluit hulle toe en sorg dat hulle name en gesigte in die koerant is , merk hulle dat hulle nooit weer by n plek kan werk om die publiek na te kom nie , of die belasting betaler se geld te steel nie .

lillian ·

Pragtig!

Doen dit meer, want ek dink daar is meer werknemers van die munisipaliteite / Eskom / Telkom en alle ander besighede / staats instansies wat betrokke is by diefstal as wat ons dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.