Munisipale werknemers, direkteur vas vir bedrog

(Argieffoto: Steve Buissinne/pixabay)

Twee werknemers van die Dr. Pixley Ka Seme- plaaslike munisipaliteit in Mpumalanga en die alleendirekteur van die maatskappy Evoke Trading word daarvan beskuldig dat hulle bedrieglike fakture aan die munisipaliteit vir betaling voorgelê het.

Die munisipaliteit het ʼn finansiële verlies van meer as R172 000 weens die beweerde bedrog gely.

Luthando Mpangeva (35), ʼn voormalige projekbestuurder by die munisipaliteit, Mxolisi Hadebe (43), ʼn administratiewe klerk, en Sibusiso Simelane (26) van Evoke Trading het Vrydag op aanklagte van bedrog in die handelsmisdaadhof in Middelburg verskyn. Hulle is elk op borgtog van R20 000 vrygelaat.

Kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, sê die beskuldigdes het glo in 2018 saamgewerk om bedrieglike fakture van Evoke Trading by die munisipaliteit in te dien vir dienste wat in werklikheid nooit gelewer is nie.

Die saak is tot 8 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Shakespeare ·

Dis kaders. Het enige een met een breinsel iets anders verwag ? Dan moet jy jou kop laat lees.

Taurus ·

Met al die naamsveranderinge weet ek gewoonlik nie of ek nog in Suid Afrika is en of ek dalk al in ‘n mars kolonie bly nie. Wat help dit jy verander ‘n pleknaam maar dit lyk niks beter as ‘n varkhok met geen dienste nie.

Willem ·

Kyk, hulle vang nou klein vissies vir ‘n vale! Dis goed so maar wanneer begin hulle die groot visse inkatrol?Of droom ek van paddaeiers in die maanskyn?

Yvonne ·

Gulsig en gierig…..hulle wil ryk wees sonder om te werk vir enigiets…hoe tragies…..satan maai onder sy aanhangers

Sarel ·

Word net aangehou of vervolg tot na verkiesing. Dan verdwyn bewyse

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.