Munisipaliteit bestee R26 miljoen aan lyfwagte

(Foto: Msunduzi.go.za)

Die parlement eis antwoorde van die Msunduzi-plaaslike munisipaliteit in KwaZulu-Natal, nie net oor talle berigte van gebrekkige afvalbestuur nie, maar ook oor die enorme bedrae geld wat aan lyfwagte bestee word.

Die munisipaliteit was die afgelope ruk telkens onder skoot weens onder meer probleme met onwettige storting, die dood van mense op die terrein – in sommige gevalle veroorsaak deur swaar masjinerie wat daar werk, óf deur ander mense op die terrein – asook talle brande wat toksiese gasse oor Pietermaritzburg vrygestel het.

Die portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake sê hy neem kennis van dié berigte, asook van bewerings dat senior bestuurslede by die munisipaliteit amptenare van die ouditeur-generaal (OG) se kantoor, wat ondersoek doen na die owerheid se finansies, probeer intimideer het.

Die komitee het aan burgemeester Mzimkhulu Thebolla gesê die owerheid se veiligheidskoste vir die vorige boekjaar beloop R80 miljoen.

Die komitee sê benewens eThekwini bestee geen ander munisipaliteit in KwaZulu-Natal dié bedrag aan veiligheidsdienste nie.

“Dit is ʼn buitensporige bedrag en is skadelik vir die munisipaliteit se kostebeperkingspogings,” het Faith Muthambi, komiteevoorsitter, gesê.

Die komitee het ook met die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, die kantoor van die OG, Salga en die departement van samewerkende regering oor die situasie by die munisipaliteit vergader.

Msunduzi het in sommige gevalle lyfwagte aan raadslede toegeken sonder dat die polisie ʼn dreigement- en risiko-ontleding gedoen het. Die komitee sê ingevolge wetgewing mag net burgemeesters en speakers twee lyfwagte kry.

Msunduzi het dié bepalings verontagsaam en R27,5 miljoen opsy gesit om ses lyfwagte vir die burgemeester, twee lyfwagte vir die adjunk-burgemeester en 58 lyfwagte vir 15 raadslede aan te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Maar ons moet betaal en daar is nie eers krag vir ons wat betaal nie. Julle maak naar verby om die minste te sê!

Gaan die geld terug kom na ons toe wat so baie belasting betaal huh?

Mariana ·

Lyfwagte, hoekom? Is hulle bang? Miljoene vermors want hulle dink hulle is belangrik.

Hennie J ·

O treurigheid op note, die kaders is bang vir hul skaduwee, terwyl die administrateur wie ten duurste deur die belastingbetalers betaal word, gemaklik is om te skep sonder enige positiewe bydrae tot oplossing van die skandaal!

Kokerboom ·

Absolute skande. As die nuttelose raadslede so bang is vir hul eie mense moet hulle koste self dra.Sulke uitgawes moet NIE toegelaat word. Ongelooflik hier duik korrupte kader Faith Muthambi WEER op met ‘n dik vergoeding bo ander wat sy reeds kry vir boggerol gedoen!!!!Die ANC is ‘n nasionale pes wat asb so gou moontlik uitgeroei moet word!!!

Hercules ·

werkskepping op die hoogste vlak! ek soek ook ‘n lyfwag, ooooo gits, amper vergeet ek, ek het die Heilige Gees as my persoonlike lyfwag en Hy kosmos niks nie :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.