Munisipaliteit betaal vir begrafnis van Madikwe-kleuter

Argieffoto

Argieffoto

Die Moses Kotane-munisipaliteit, naby Rustenburg in Noordwes, sal die begrafniskostes dra vir die sesjarige meisie wat na bewering in Madikwe verkrag en aan ʼn boom opgehang is.

Lebogang Mogopodi, ʼn graad-een leerder aan die Poifo Primary School, het Sondag saam met ʼn maatjie by ʼn plaaslike park gespeel toe ʼn 22-jarige man die meisies genader het en vir die maatjie geld gegee het om lekkers by ʼn nabygeleë snoepie te koop. Toe sy terugkom, kon sy Lebogang nêrens kry nie. Die maatjie het dadelik haar ouers gaan vertel.

Inwoners van die omgewing was besig om na Lebogang te soek toe hulle ʼn man uit die bosse sien stap. Van die inwoners het in die rigting geloop vanwaar hy gekom het en Lebogang se liggaam gevind waar dit aan ʼn boom gehang het.

Fetsa Mokati-Thebe, burgemeester van die munisipaliteit, het gesê die meisie se wrede dood het skokgolwe deur Madikwe gestuur. “Die dood van ʼn onskuldige meisie, veral gedurende Vrouemaand, het baie pyn en skok vir die mense van die Madikwe-nedersetting en die Moses Kotane-munisipaliteit veroorsaak,” het hy gesê.

Die man het Maandag in die Madikwe-landdroshof verskyn en sy saak is tot 14 September uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jenny thom ·

Ek wil nie ongevoelig klink nie, maar waarom sou hierdie Munisipaliteit besluit het om die begrafniskostes te dra? Dit gaan heelwaarskynlik ‘n president skep en almal sal heelwaarsnkynlik voortaan van hul munispaliteite verwag omal hul oorlede familie, vriende, kennise ensens se begrafniskostes te dra. Ander onheil wat sy kop nou hier uitsteek.

Weskaper ·

Stem 100% saam, sal hulle alle kinders se begrafniskoste dek, ongeag kleur?

bridgette ·

Stem 100% saam , wil begrafniskoste betaal , maar als in daardie area val uit mekaar . Net in SA SAL SO IETS GEBEUR . wAT DE HEL HET DIE mUNISIPALITEIT IN ELK GEVAL MET DIE KLEUTER IN GEMEEN ? Persoonlik geken of wat ?

weskaper ·

Familie het moontlik verbintenis met munisipaliteit. Ek hoop dit word ondersoek.

ig ·

Die plase val nou ook mos onder munisipaliteite, so kan die vermoorde Boere se families ook gehelp word met begrafniskostes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.