Munisipaliteit moet opdok ná slaggat-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Munisipaliteit van KwaZulu-Natal moet R450 000 skadevergoeding aan Lorraine Margaret Burn betaal nadat haar motor se band gebars toe sy deur ʼn slaggat gery het.

Regterpresident Chiman Patel het Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg die toestemmingsbevel onderskryf.

Burn se prokureur het die skuld op die werknemers van die uMngeni-munisipaliteit geplaas, aangesien slaggate op die uMngeni-Curry Post-pad nie herstel is nie.

Burn is na die ongeluk in Julie 2008 in die intensiewesorgeenheid opgeneem en was vir drie weke in die hospitaal nadat sy onder meer beserings aan haar skouers en kop opgedoen het.

Die munisipaliteit het aangevoer dat Burn nalatig was, aangesien sy nie behoorlik opgelet het nie, versuim het om die slaggat te vermy, en nie redelike sorg en vaardigheid uitgeoefen het nie. Volgens die munisipaliteit het dié nalatigheid tot die ongeluk bygedra of dit veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

Ok, laat weet asb die prosedure wat gevolg moet word, hierdie klomp skuld my dan…miljoene. ..

rieks ·

Natal het oor die jare altyd die beste paaie gehad, soms kan mens nie die vervlakste slaggate sien nie, en dis nie net ‘n gat nie maar ‘n donga … dit is nie swak bestuur nie, dis hulle dekselse agterlosigheid dat mense seerkry en ongelukke maak .. asb. spandeer die belastingbetalers se geld reg en doen wat julle moet doen en kry ons land weer op sy voete op elke gebied ..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.