Munisipaliteit ontken waterprobleme ondanks betoging

Betogers en polisiebeamptes raak slaags by Ikemeleng in Kroondal, Noordwes. Foto: ANA

Die Rustenburg-munisipaliteit in Noordwes het bewerings dat die gemeenskap van Ikemeleng in Kroondal al vir vyf weke sonder water moet klaarkom, ontken.

“Daar is water by Ikemeleng. Die reservoirvlakke was vanoggend 56%. ʼn Span is ontplooi om hulp te verleen waar daar wel watervoorsieningsprobleme is,” het David Magae, woordvoerder van die munisipaliteit, gesê.

Hy het gesê weens die betoging Dinsdag, kon die grootmaatwatervoorsieningspan nie hul daaglikse moniteringsroetine volg nie.

Inwoners van Ikemeleng het Dinsdag op ʼn verwoestingstog gegaan en paaie met brandende bande, klippe en boomtakke versper. Hulle dring aan op water en die verwydering van hul wyksraadslid. Die inwoners beweer hulle is al vyf weke sonder behoorlike watervoorsiening en sê water kom slegs snags uit die krane.

Die polisie moes rubberkoeëls gebruik om die skare uiteen te jaag nadat polisiebeamptes met klippe bestook is toe hulle probeer het om die voorwerpe wat die paaie versper te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Derick ·

Lekker man, dit is hoe dit gaan in die munisipaliteite wat JULLE ingestem het, totale gebrek aan basiese dienslewering, moenie nou huil nie.

Adam ·

Derick, jy is absoluut in die kol. In ‘n demokratiese bestel kry landsburgers die regering wat hulle met hulle stemme verdien. Die wat dus ontevrede is met die ANC moenie huil nie: die regering is die een wat die “slagoffers” persoonlik daar ingestem het. Kyk na die parallelle met die VSA. Trump word ingestem en alhoewel hy ook baie wonderlike dinge vir die VSA doen, dra sy inflammatoriese stellings en uitsprake ongetwyfeld by tot polarisasie en die gevolg is onverdraagsaamheid tussen Demokrate en Republikeine wat nou tot ernstige pogings tot geweldsmisdaad aanleiding gee. Die ANC regering en die EFF is die rede vir polarisasie in SA en ons kan nasiebou op die maag skryf en met die hemp doodvee.

Susan ·

Nou het die DA in Kroonstad darem iets om te doen die week. As hulle darem by die huis is. Xxx

zoom zoom ·

Susan.
Ek sien nie in die berig waar daar verwys word na Kroonstad. Dalk laal my sog my in die steek.

Susan ·

MM het my kommentaar geplaas! Weet dit is Kroondal. Hierdie was net ‘n toets.

Asjas ·

Snaaks hoe Ramaposa se mense nooit “demand” dat die vuilis wat so ophoop in die strate, verwyder word nie?
Ek weet nie hoe kan mense so leef nie, word jy nie letterlik siek van al die gemors wat so broei (wat jy self daar gegooi het).

Ryan ·

Maar dit is mos hoe dinge gaan.. Ontken net als, swak dienste, bedrog, plaasmoorde. Enigiets wat die krimineelment in ‘n swak lig plaas.

Judge Dredd ·

Ja, daar is water in die dam – maar daar is nie ‘n kraan om dit te gebruik of die waterpomp werk nie – ne’ ?

HPV ·

Mens is verbaas omte sien hoe lag en geniet hulle hierdie betogings. Hulle sal beslis weer anc stem sodat hulle weer verskonings het vir toekomstige betogings. Afrika kringloop!

trol ·

hoeveel van hier bwetoers se rekeninge is op datum betaal? lopende water, elektriseteit en huise is luukses. dit kos geld. betaal of gaan sonder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.